Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Vrydagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.
Altesaam 781 941 gevalle is reeds bevestig met 3 370 nuwe gevalle sedert die vorige verslag.
ʼn Verdere 89 sterftes (55 in die Oos-Kaap, 19 in die Vrystaat, 3 in Gauteng, 5 in KwaZulu-Natal en 7 in die Wes-Kaap) is aangemeld. Dit bring die dodetal op 21 378 te staan.
Provinsiale statistiek:
Provinsie | Gevalle | Persentasie |
---|---|---|
Oos-Kaap | 124067 | 15.9 |
Vrystaat | 58946 | 7.5 |
Gauteng | 234305 | 30.0 |
KwaZulu-Natal | 127219 | 16.3 |
Limpopo | 18520 | 2.4 |
Mpumalanga | 31268 | 4.0 |
Noordwes | 34772 | 4.4 |
Noord-Kaap | 23118 | 3.0 |
Wes-Kaap | 129726 | 16.6 |
Onbekend | ||
Totaal | 781941 | 100 |
Sterftes en persone wat herstel het:
Provinsie | Sterftes | Herstel |
---|---|---|
Oos-Kaap | 4563 | 109170 |
Vrystaat | 1914 | 50629 |
Gauteng | 5004 | 228365 |
KwaZulu-Natal | 3328 | 117405 |
Limpopo | 499 | 17696 |
Mpumalanga | 614 | 30234 |
Noordwes | 549 | 33262 |
Noord-Kaap | 306 | 20645 |
Wes-Kaap | 4601 | 115470 |
Totaal | 21378 | 722876 |
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
11 Kommentare
So GP met 30% van alle gevalle het ‘n herstelkoers van 46% terwyl WC, EC en KZN met elk ongeveer 16-17% gevalle se herstel onderskeidelik net 25%, 24%, en 35% is. Maak dit sin? Die “onwerklike” oplossing dalk (uiteraard itv erns van lewensverlies en versorgingskapasiteit tydens dié pandemie), dat alle gevalle vir herstel na GP (NC met 3% gevalle het ook 67% herstel) gestuur word?
Kan eenvoudig nie verstaan dat daar nou vir GP gehelp moet word met rekordhouding. Die wat dit moet doen het seker ook n % by gekry met wiskunde. Die hele stelsel is n klug en word gekook om goed in die buitewereld te vertoon.
Ek sien ‘n lockdown kom… en heel moontlik oor Kersfees. Nie oor die uitermatige getalle nie, maar oor ‘n magsbehepte regering weet hulle moet ‘n rede gee om die ramptoestand te verleng. En aangesien ons regering nie meer kan optel wat is een plus een nie, moet dit so erg moontlik gehou word sodat die inenting afgedwing kan word.
Jy lieg!
Ons almal weet nou al die syfers is ‘n klig. Die konsert is verby, maak nou maar die gordyne toe. Tref spesiaal veiligheidsmaatreels vir diegene wat broos is en laat die res toe om normal te leef. Gebruik common sense!