Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Sondagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.
Altesaam 787 702 gevalle is tot dusver bevestig met 2 563 nuwe gevalle sedert die vorige verslag.
Nog 38 sterftes (17 in die Oos-Kaap, 1 in Gauteng, 7 in die Noord-Kaap en 13 in die Wes-Kaap) is aangemeld. Dit bring die dodetal op 21 477 te staan.
Provinsiale statistiek:
Provinsie | Gevalle | Persentasie |
---|---|---|
Oos-Kaap | 126520 | 16.1 |
Vrystaat | 59014 | 7.5 |
Gauteng | 234831 | 29.8 |
KwaZulu-Natal | 127670 | 16.2 |
Limpopo | 18573 | 2.4 |
Mpumalanga | 31360 | 4.0 |
Noordwes | 34819 | 4.4 |
Noord-Kaap | 23185 | 2.9 |
Wes-Kaap | 131730 | 16.7 |
Onbekend | ||
Totaal | 787702 | 100 |
Sterftes en persone wat herstel het:
Provinsie | Sterftes | Herstel |
---|---|---|
Oos-Kaap | 4606 | 114808 |
Vrystaat | 1914 | 51083 |
Gauteng | 5006 | 228789 |
KwaZulu-Natal | 3340 | 117954 |
Limpopo | 506 | 17730 |
Mpumalanga | 614 | 30291 |
Noordwes | 549 | 33315 |
Noord-Kaap | 313 | 20674 |
Wes-Kaap | 4629 | 115989 |
Totaal | 21477 | 730633 |
Wat is die rede vir die verhoogde gevalle in die Oos-Kaap en waar presies is die ongevalle?