Jongste Covid-19-statistieke bekendgemaak

(Argieffoto: pixabay)

Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Sondagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Altesaam 1 100 748 gevalle is reeds bevestig waarvan 11 859 gevalle sedert die vorige verslag aangemeld is. Dit verteenwoordig ʼn positiwiteitskoers van 32%.

Minstens 6 742 853 toetse is reeds gedoen, waarvan 36 622 toetse sedert die vorige verslag afgehandel is.

Nog 402 sterftes (109 in die Oos-Kaap, 2 in die Vrystaat, 73 in Gauteng, 85 in KwaZulu-Natal, 23, in Limpopo, 3 in die Noord-Kaap en 107 in die Wes-Kaap) is aangemeld. Dit bring die dodetal op 29 577 te staan.

Minstens 903 679 persone (82,1%) het reeds herstel.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap17359215.8
Vrystaat635345.8
Gauteng29806827.1
KwaZulu-Natal21347319.4
Limpopo274892.5
Mpumalanga385413.5
Noordwes414593.8
Noord-Kaap259132.4
Wes-Kaap21867919.9
Totaal1100748100

Sterftes en persone wat herstel het: 

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap75831596946315
Vrystaat2187552146133
Gauteng572726057131770
KwaZulu-Natal464214514163690
Limpopo615218425032
Mpumalanga656340473838
Noordwes577349715911
Noord-Kaap395231032415
Wes-Kaap719516909642388
Totaal29577903679167492

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.