Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Maandagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.
Altesaam 1 576 320 gevalle is tot dusver bevestig. Dit is 849 nuwe gevalle sedert die vorige verslag. Dié gevalle is bevestig uit altesaam 10 545 817 toetse wat reeds gedoen is, waarvan 14 838 toetse sedert die vorige dag afgehandel is.
Nog 38 sterftes (5 in die Oos-Kaap, 5 in die Vrystaat, 3 in Gauteng, 1 in KwaZulu-Natal, 5 in Limpopo, 2 in die Noord-Kaap en 17 in die Wes-Kaap) is aangemeld. Dit bring die dodetal op 54 186 te staan.
Altesaam 1 501 880 persone (95%) het reeds herstel.
Provinsiale statistiek:
Provinsie | Gevalle | Persentasie |
---|---|---|
Oos-Kaap | 195981 | 12.4 |
Vrystaat | 87824 | 5.6 |
Gauteng | 422147 | 26.8 |
KwaZulu-Natal | 336322 | 21.3 |
Limpopo | 63800 | 4.0 |
Mpumalanga | 77736 | 4.9 |
Noordwes | 66962 | 4.2 |
Noord-Kaap | 39393 | 2.5 |
Wes-Kaap | 286155 | 18.2 |
Totaal | 1576320 | 100 |
Sterftes en persone wat herstel het:
Provinsie | Sterftes | Herstel | Aktiewe gevalle |
---|---|---|---|
Oos-Kaap | 11522 | 184265 | 194 |
Vrystaat | 3836 | 80993 | 2995 |
Gauteng | 10607 | 408723 | 2817 |
KwaZulu-Natal | 10370 | 320835 | 5117 |
Limpopo | 2266 | 61241 | 293 |
Mpumalanga | 1393 | 75571 | 772 |
Noordwes | 1706 | 62517 | 2739 |
Noord-Kaap | 884 | 35195 | 3314 |
Wes-Kaap | 11602 | 272540 | 2013 |
Totaal | 54186 | 1501880 | 20254 |