Jongste Covid-19-statistieke bekendgemaak

(Argieffoto: Unsplash)

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios), het Vrydagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Altesaam 2800 nuwe gevalle is aangemeld wat ʼn positiwiteitskoers van 8,4% verteenwoordig. Dit bring die totale gevalle op 3 654 824 te staan.

Nog 343 sterftes is sedert die vorige verslag aangemeld, waarvan 4 sterftes die afgelope 24 – 48 uur aangemeld is. Dit bring die dodetal op 98 298 te staan. Volgens Nios is daar steeds ʼn agterstand wat die aanmelding van Covid-19-sterftes betref weens die voortgesette oudit deur die departement van gesondheid.

Minstens 22 830 172 toetse is reeds gedoen.

Die meeste van die nuwe gevalle wat sedert die vorige verslag aangemeld is, is van Gauteng (40%), gevolg deur die Wes-Kaap (19%). KwaZulu-Natal verteenwoordig 13%, Mpumalanga 7%, Noordwes 6%, Vrystaat en Limpopo 5% elk, die Oos-Kaap 4% en die Noord-Kaap 2%.

Sedert die vorige verslag was daar ʼn toename van 104 hospitaal-opnames. Daar is tans 3 450 Covid-19-pasiënte in 666 staat- en privaat hospitale.

Altesaam 3 518 316 persone (96,3%) het reeds herstel.

Altesaam 30 936 372 dosisse entstof is reeds toegedien.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieNuwe gevalleGevalle
Oos-Kaap112342739
Vrystaat148199670
Gauteng11111185670
KwaZulu-Natal354649208
Limpopo133154033
Mpumalanga195189784
Noordwes174189572
Noord-Kaap55107992
Wes-Kaap518636156
Totaal28003654824

Sterftes en persone wat herstel het: 

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalleTotale gevalle
Oos-Kaap16445325467827342739
Vrystaat75461894722652199670
Gauteng20537115624688871185670
KwaZulu-Natal1593162046312814649208
Limpopo4469148800764154033
Mpumalanga43621839071515189784
Noordwes46441826782250189572
Noord-Kaap2684986686640107992
Wes-Kaap216806126151861636156
Totaal982983518316382103654824

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.