Jongste Covid-19-statistieke bekendgemaak

(Argieffoto)

Dr. Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Donderdagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Altesaam 83 890 persone het tot dusver positief getoets waarvan 44 920 persone (53,5%) reeds herstel het. Nog 63 sterftes (ses in die Oos-Kaap en 57 in die Wes-Kaap) is aangemeld en dit bring die dodetal op 1 737 (2,1%) te staan.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap1263915,1
Vrystaat6490,8
Gauteng1589819,0
KwaZulu-Natal43605,2
Limpopo4890,6
Mpumalanga4610,5
Noordwes16061,9
Noord-Kaap2140,3
Wes-Kaap4752256,6
Onbekend520,1
Totaal83890100

 

Sterftes en herstel:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap2576331
Vrystaat9235
Gauteng873756
KwaZulu-Natal732133
Limpopo4229
Mpumalanga1156
Noordwes5175
Noord-Kaap181
Wes-Kaap130031824
Totaal173744920

 

Ouderdom:

OuderdomSterftesPersentasie
0-930,2
10-1950,3
20-29241,4
30-391036,0
40-4922312,8
50-5942824,6
60-6945826,4
70-7930317,4
80-891408,0
90-99412,4
Onbekend90,5
Totaal1737100

 

Geslag:

Mans (%)Vroue (%)OnbekendTotaal
903 (52)832 (47,9)2 (0,1)1737

 

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jan ·

‘n Dodetal van 2,1% is by verre nie naby die dodetal van byna 10% (Stats SA STATISTICAL RELEASE
P0309.3) van gewone seisoenale griep nie. Dit beklemtoon die absurditeit van drakoniese inperkings wat die ekonomie lamlê, meer sterftes vanweë verarming en geweld gaan meebring en ‘n mediaveldtog wat paniek saai en immuniteit ondermyn. Die regering is as’t ware hierin gedwing deur syfers van die WGO wat aangedui het dat 360 000 sterftes deur covid-19 veroorsaak kan word. Hierdie syfer is nou aangepas na 10 000 of hoogstens 18 000 maar die waarheid word geïgnoreer ter wille van ander agendas waaronder, soos deur die President verklaar, ekonomiese transformasie gebaseer op gelykheid. Maak jou eie afleidings.

Albert Willem ·

Die sterftes in vergelyking met res van die wrreld, klop glad nie. Dit lyk asof ons meer as n 1 ste wereld se gesondheid sorg het.

Leah ·

Ek stem glad nie saam met jou stelling nie, ja die gewone seisoenale griep se dodetal is dalk hoër maar onthou ons bly nie elke jaar by die huis nie, ons word nie elke jaar in lockdown geplaas nie, ons word nie elke jaar verplig om maskers te dra nie, en ons is ook nie elke jaar so versigtig soos nou nie. Sou al die maatreëls nie in plek gewees het nie kon ons dodetal baie hoor gewees het. En onthou daar is geen vaccination vir dit nie, so dit maak die risk faktor net soveel groter. Maar ek se net ek wens COVID vir niemand toe, ek het al 4keer varkgriep gehad vorige jare en dit was so erg dat ek 2 keer in die hospitaal beland het. Iemand baie naby aan my le nou in n hospitaal agv die COVID virus en glo my dit wat ek met varkgriep gehad het is niks in vergelyking hoe siek my naasbestaande is nie.

Gideon ·

10% van watter getal sterf jaarliks aan griep Jan? As dit 10% van die bevolking is beteken dit 5.1 miljoen mense sterf jaarliks aan griep. Soos ek dit het is die sterfte syfer 6000 tot 10 000. Die 2.1% is van die mense wat positief getoets is nie van die totale bevolking nie.

Leah ·

Jaarliks gaan daar omtrennt 6 000 -11 000 Suid Afrika dood aan all die verskillende flu strains, van die getal is 50% (3 500 – 5 500) ou mense en 30% (1 800 – 3 300) HIV infected mense.

Weereens ja meer mense gaan dood van die gewone griep, maar die oordrag van covid is baie hoër as griep. Vir elke persoon wat gewone griep het sal hy 1.3 mense aansteek vir elke persoon wat covid het steek dit tans 2.2 en meer mense aan.

Ook as Suid Africa die jaarlikse griep inspuiting ‘n wet maak sal minder mense sterf aan ons gewone griep want weereens daar bestaan vaccinations vir dit anders as met die Covid

PieterP ·

Die stories kom wêreldwyd uit deur mense wat aangesê word om toetse en sterftes as covid positief te rapporteer. Daar is dujdelik ander agendas hier betrokke. Vigs, TB en die gewone Griep virus(ook ‘n Corona virus) eis baie meer lewens en dit word op die agtergrond geskuif.

Leah ·

Vigs is nie ‘n airborn disease nie dit is hoekom dit nie so ‘n groot issue meer is nie. TB is ook nie ‘n virus nie dit word veroorsaak deur ‘n bakteria (Mycobacterium tuberculosis) wat beteken dit kan met antibiotika behandel word, anders as ‘n virus. TB is ook die leading oorsaak van mense met HIV se dood.

Gideon ·

Dankie Leah. Ek hoop regtig mense lees jou bydrae en verstaan dit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.