Jongste Covid-19-statistieke bekendgemaak

(Foto: Unsplash)

Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Donderdagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Altesaam 324 221 gevalle is tot dusver bevestig van 2 324 923 toetse wat reeds gedoen is. Nog 216 Covid-190-verwante sterftes is aangemeld en dit bring die dodetal op 4 669 te staan. Die sterftes is aangemeld in Mpumalanga (7), Vrystaat (10), KwaZulu-Natal (41), Oos-Kaap (25), Wes-Kaap (47) en Gauteng (86).

Minstens 165 591 persone (51%) het reeds herstel.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap5718617,6
Vrystaat73122,3
Gauteng11789536,4
KwaZulu-Natal3560411,0
Limpopo38831,2
Mpumalanga55721,7
Noordwes118913,7
Noord-Kaap18310,6
Wes-Kaap8298625,6
Onbekend610
Totaal324221100

 

Sterftes en persone wat herstel het: 

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap76339865
Vrystaat451033
Gauteng85345743
KwaZulu-Natal3588968
Limpopo331492
Mpumalanga401464
Noordwes482694
Noord-Kaap15601
Wes-Kaap251463731
Totaal4669165591

 

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

JJ ·

Dit is tyd dat ons die statistiek sinvol begin uitdruk deur die persentasie aan te toon in elke kategorie van die totale bevolking. Nog ‘n paar kollomme kan bygevoeg word om vergelykende statistiek by te werk tov sterftes weens griep, longontsteking , hartaanvalle, beroertes en so meer. Nog beter, voeg ‘n kolom by wat aantoon hoeveel pasiente in die ICU is ( ten minste gaan dit nie staatmaak op toetsuitslae nie). Eers dan ontvou die totale prentjie en besef mens watter doel die telkaart het- die enigste doel is om vrees in te boesem en jou psige te oorrompel. Wat beteken die aantal toetse nou werklik? Is dit om mense te beindruk? Daar bestaan op hierdie stadium geen toets in die wereld wat vir total virus toets nie- die toetse is vir slegs klein fragmente van die virussketting en kan 50/50 kans het om positief of negatief te wees. Hoeveel lykskouings is al gedoen om te bepaal waaraan die pasiente dood is?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.