Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Vrydagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.
Altesaam 668 529 gevalle is aangemeld met 1 480 nuwe gevalle sedert die vorige verslag. Minstens 4 117 079 toetse is reeds gedoen waarvan 14 917 nuwe toetse gedoen is.
Nog 29 sterftes is aangemeld (5 in die Oos-Kaap, 5 in KwaZulu-Natal, 5 in Gauteng, 2 in Limpopo, 8 in die Noord-Kaap en 4 in die Wes-Kaap). Dit bring die dodetal op 16 312 te staan.
Minstens 599 149 persone (89,6%) het reeds herstel.
Provinsiale statistiek:
Provinsie | Gevalle | Persentasie |
Oos-Kaap | 88680 | 13.3 |
Vrystaat | 45678 | 6.8 |
Gauteng | 218650 | 32.7 |
KwaZulu-Natal | 118489 | 17.7 |
Limpopo | 15139 | 2.3 |
Mpumalanga | 26914 | 4.0 |
Noordwes | 28809 | 4.3 |
Noord-Kaap | 15946 | 2.4 |
Wes-Kaap | 110224 | 16.5 |
Totaal | 668529 | 100 |
Sterftes en persone wat herstel het:
Provinsie | Sterftes | Herstel | Aktiewe gevalle |
Oos-Kaap | 3098 | 84108 | 1474 |
Vrystaat | 838 | 31288 | 13552 |
Gauteng | 4158 | 194417 | 20075 |
KwaZulu-Natal | 2617 | 108993 | 6879 |
Limpopo | 386 | 14050 | 703 |
Mpumalanga | 509 | 25479 | 926 |
Noordwes | 350 | 25003 | 3456 |
Noord-Kaap | 197 | 12959 | 2790 |
Wes-Kaap | 4159 | 102852 | 3213 |
Totaal | 16312 | 599149 | 53068 |
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
Dankie tog…weg met die gemaskerde sopbeen