Jongste Covid-19-statistieke bekendgemaak

(Argieffoto: pixabay)

Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Vrydagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Altesaam 700 203 gevalle is tot dusver bevestig met minstens 2 019 gevalle sedert die vorige verslag.

Minstens 4 505 533 toetse is reeds gedoen met 24 179 toetse die afgelope 24 uur.

Nog 61 sterftes is aangemeld (14 in die Oos-Kaap, 21 in die Vrystaat, 11 in KwaZulu-Natal, vier in Gauteng en 11 in die Noord-Kaap). Dit bring die dodetal op 18 370 te staan. Van die 61 sterftes wat met hierdie verslag aangemeld is, is dit belangrik om te noem dat slegs vyf die afgelope 24 – 48 uur plaasgevind het (2 in die Vrystaat en 3 in Gauteng).

Minstens 629 260 persone (90%) het reeds herstel.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap9152613.1
Vrystaat525947.5
Gauteng22453432.1
KwaZulu-Natal12104917.3
Limpopo166232.4
Mpumalanga285934.1
Noordwes315164.5
Noord-Kaap198142.8
Wes-Kaap11395416.3
Totaal700203100

Sterftes en persone wat herstel het: 

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap3411869271188
Vrystaat12913645214851
Gauteng460120008919844
KwaZulu-Natal31221119995928
Limpopo43515609579
Mpumalanga58927223781
Noordwes393285892534
Noord-Kaap248166942872
Wes-Kaap42801056783996
Totaal1837062926052573

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

JJ ·

Gevalle (cases) beteken nie dat jy gaan sterf nie. Volgens die data beteken dit dat jy gaan leef! Kyk na die gemors in ons kos, kunsmatige geure en kleursel, lugbesoedeling, ander siektes maak nie dood nie. Net die virus Covid-19 sal jou inhaal. Lugbesoedeling het die dood van 1.5 miljoen Chinese en 1.3 miljoen Indiers veroorsaak- maar niemand praat daaroor nie. Hoekom nie? Nou styg die infeksies in Europa ( meer toetsing?) maar hospitalisasiekoers bly konstant laag. Weer die dreigemente met inperkings. Vreesinboeseming met een doel- om die mensdom te stroop van basiese vryhede.

gehasie ·

C-19 word aangwend met alternatiewe motiewe! Al wat sterf is die ekonomie!

Jorrie ·

Ek dink tog ‘n verantwoordelike publikasie soos Maroelamedia behoort darem uit te wys dat slegs 5 van die 61 “nuwe” sterftes in die laaste 24-48 uur periode was. Die laaste week reeds word die sterftesyfer opgeblaas met statistiek oor hergeklassifiseerde sterftes, dws mense wat vroeër die jaar oorlede is maar nou eers met outopsie gevind word hulle was positief vir covid.

Sune van Heerden ·

Dagsê Jorrie

Ons vra om verskoning vir die oorsig – dit was inderdaad ‘n fout aan ons kant.
Die berig is gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Jan ·

Die sterftesyfers word op irrasionele wyse deur die regering “aangepas” en infeksiesyfers word deur oordrewe toetsing kunsmatig opgestoot vir duistere motiewe. Hulle geniet die “mag en beheer” en wil dit ten allle koste behou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.