Jongste Covid-19-statistieke bekendgemaak

Argieffoto (Foto: Fernando Zhiminaicela/Pixabay)

Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Sondagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Altesaam 703 793 gevalle is tot dusver aangeteken met 1 662 nuwe gevalle sedert die vorige verslag.

Minstens 4 549 478 toetse is reeds gedoen, dit is 21 337 nuwe toetse sedert die vorige verslag.

Nog 63 sterftes is bevestig (nege in die Oos-Kaap en 54 in KwaZulu-Natal). Dit bring die dodetal op 18 471 te staan. Geen sterftes is die afgelope 24 – 48 uur aangemeld nie.

Minstens 634 543 persone (90%) het reeds herstel.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap9200613.1
Vrystaat533847.6
Gauteng22518132.0
KwaZulu-Natal12134417.2
Limpopo167772.4
Mpumalanga287524.1
Noordwes317834.5
Noord-Kaap201592.9
Wes-Kaap11440716.3
Totaal703793100

Sterftes en persone wat herstel het: 

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap3430869271649
Vrystaat13013665915424
Gauteng461820409016473
KwaZulu-Natal31761121226046
Limpopo43515759583
Mpumalanga59027416746
Noordwes393285892801
Noord-Kaap248168473064
Wes-Kaap42801061343993
Totaal1847163454350779

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

JM ·

Té veel mense ignoreer die dra van maskers, sosiale distansiëring en was van hande.

annie ·

Suid-Afrika en Indiè het glo die WGO versoek dat die patentregte van groot farma opgeskort word sodat ander groepe hul navorsing oor ‘n Covid-19-entstof kan gebruik en namaak. Indiè is ‘n voorbok in medisyne-duplisering. Noorweè is bekommerd oor ‘n nuwe vorm van die virus wat glo vinniger versprei as voorheen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.