Jongste Covid-19-statistieke bekendgemaak

(1 Maart 2020) (Foto: AP Photo/Ahn Young-joon, File)

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het Dinsdag die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekend gemaak.

Tot dusver is 35 812 gevalle reeds in die land aangemeld. Dit is ʼn toename van 1 457 sedert Maandag.

Van dié gevalle was 20 414 vroue en 15 127 mans. By 271 van die gevalle is die geslag van die persoon nie bekend gemaak nie.

Altesaam 761 534 toetse is reeds gedoen.

Provinsiale statistiek:
Wes-Kaap: 23 583
Oos-Kaap: 4 324
Gauteng: 4 276
KwaZulu-Natal: 2 637
Vrystaat: 299
Noordwes: 271
Limpopo: 193
Mpumalanga: 132
Noord-Kaap: 91
Onbekend: 6

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

netekalleen ·

Ons infeksie statistieke kan nie reg wees as daar soveel agterstallig is nie. Hulle lieg vir ons en vir die wereld

Herpiet ·

Ek glo nie Gauteng bv se statestiek is akkuraat nie. Anc steek syfers weg. Kaap se DA is net meer deursigtig met die waarheid

Lorna ·

Liegbekke
Weet nie wat hul kry deur so vir die wereld te lieg nie

Die Wolf ·

Ek weet nie hoekom die stats nog daagliks gepubliseer word nie. Dit is n totale klug. Gauteng die grootste Provinsie se getalle is ook n klug. Die res is ook baie verdag.

Pierreli ·

Sien almal oor die wêreld sukkel met algebra. Om positief te toets is nie dat jy aan die virus kan doodgaan nie, Trek die herstel van die positief getoets af, dan kry ons ‘n beter prentjie nader aan die waarheid.

Jakes ·

N mens hoef nie n deskundige te wees om te weet dat die syfers wat daagliks opgedis word, slegs n skatting is nie. Waar kry hulle die daaglikse syfer vandaan wat bepaal hoeveel mense kamtig herstel het? Die tsunami is op ons en meeste van ons sal die virus kry. Slegs jou imuunstelsel sal bepaal of jy sal oorleef want geen entstof is tans beskikaar nie. Inperking se hoofdoel was om genoeg beddens en ventilators gereed te kry vir dit wat kom. Dis egter twak dat die Weskaap die meeste gevalle het want Gauteng is by verre die provinsie met die meeste mense en rekenkunde kannie lieg nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.