Jongste Covid-19-statistieke bevestig

(Foto: Brian Inganga/AP)

Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Sondagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Altesaam 196 750 gevalle is tot dusver bevestig waarvan 93 315 persone (47,4%) reeds herstel het.

Nog 173 sterftes is aangemeld – twee in die Noord-Kaap, 10 in die Vrystaat, 21 in KwaZulu-Natal, 29 in die Oos-Kaap, 40 in die Wes-Kaap en 71 in Gauteng. Dit bring die dodetal op 3 199 te staan.

Altesaam 1 830 161 toetse is reeds gedoen.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap3564818,1
Vrystaat25531,3
Gauteng6340432,2
KwaZulu-Natal151467,7
Limpopo17060,9
Mpumalanga19651,0
Noordwes60633,1
Noord-Kaap7340,4
Wes-Kaap6953135,3
Totaal196750100

 

Sterftes en persone wat herstel het: 

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap51919490
Vrystaat19455
Gauteng35316887
KwaZulu-Natal1834197
Limpopo10635
Mpumalanga7621
Noordwes36865
Noord-Kaap6237
Wes-Kaap206649928
Totaal319993315

 

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pieter ·

Steeds net bangmaak taktiek sodat die anc kan aangaan om te doen wat hulle wil, kastig in die naam “red menselewens”. Die afgelope 25 jaar het mense se lewens niks vir hulle beteken nie, net as daar politieke wins in was. Hoeveel van die 3199 sterftes was mense wat elk geval sou gesterf het van erge griep of ander infkesies?

Die Wolf ·

Moet nie jou bloeddruk opjaag nie. Neem dit maar met n knippie sout.

NetM ·

Vandag word jy getoets en jy is negatief en more steek jy aan en kry dit. Nou wat dan? Die toetsery is belaglik. Gaan toets jouself as jy simptome het.

Jan ·

Net vandag 173 sterftes maar elke dag, jaar in en jaar uit 172 sterftes weens TB maar daarmee leef ons normaalweg saam. Ook in die winter dikwels net soveel weens gewone griep, maar dis nie eens nuuswaardig nie. Wat het geword van perspektiewe en ondersoekende joernalistiek? Die geldmag wat die sensasie van gogga-maak-vir-baba-bang covidstories wiil versprei betaal beter!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.