Jongste misdaadsyfers: Moord, verkragting neem toe

Die jongste misdaadsyfers word Donderdag in die parlement bekend gemaak. (Foto: GCIS)

Die minister van polisie, Bheki Cele, en sy polisiehoof, genl. Khehla Sitole, maak tans in die parlement in Kaapstad Suid-Afrika se jongste misdaadstatistieke bekend.

Die syfers wat reeds vrygestel is, skets tot dusver ʼn donker misdaadprentjie. Die jongste syfers is vir die tydperk April verlede jaar tot Maart vanjaar.

Die moordsyfer het met 1,4% toegeneem en staan op 21 022 moorde vir hierdie tydperk. Dit is 57 moorde per dag. In die vorige jaar is 20 335 moorde aangeteken. Dit is ʼn styging van 686 moorde.

Poging tot moord het toegeneem met 4,1% tot 18 980 voorvalle.

Altesaam 170 979 voorvalle van ernstige aanranding is die afgelope boekjaar aangemeld, ʼn styging van 2,2%.

Voorvalle van verkragting en seksuele aanranding het met 4,6% gestyg – altesaam 52 420 voorvalle is aangemeld.

Brandstigting en kwaadwillige saakbeskadiging het toegeneem, terwyl inbrake by huise effens verminder het.

Hou Maroela Media dop vir meer besonderhede oor die syfers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

emily ·

Dit help nie julle vertel dit vir ons nie. DOEN iets omtrent dit.
Ons is moeg vir lee beloftes.
Misdadigers reel mos die land.

Elly ·

Bring doodsraf trug dat die moord siefstal en verkragting en geweld kan stop genoeg is genoeg

Olga ·

Boonop is hulle statistieke nie eens korrek nie! Die prentjie is heelwat erger as wat daar vir ons voorgehou word!

Lynette ·

Sjoe dis erg, 57 moorde ‘n dag??? Hoeveel van die moordenaars word op ‘n dag gevang?? Dis scary

HC ·

2102/21022 = 10% van die moordenaars word op ‘n jaar gevang…..dan is dit 5 moordenaars op ‘n dag gevang…. Ag, ek weet nie seker nie, raai maar net!!!
Ag, goeie vra, Lynette!!

Tobie Klarens ·

57 is wat hulle se. Die SAmediese Navorsingsraad, het reeds 2 jaar terug gese, 89 per dag en Interpol, nog hoer

Outoppie ·

Inbrake by huise sal afneem want hul plunder sommer die winkels deesdae

kolla ·

Moordsyfer was baie hoër in die periode 1981 tot einde van apartheid in 1993. Apartheidsregering het 75% van magte gebruik om slegs 10% van die bevolking te beskerm. Apartheidspolisie het net vir blankes gewerk en 90% van die bevolking aan hul genade oorgelaat. Toestand was baie erger as nou.

JP ·

Dit help nie hulle lewer sulke syfers nie, Hulle het net nou die dag gese al is die moord se syfer so hoog sal hulle nie die doodstraf kan terug bring nie. Suid-Afrika sal nooit wil wakker skrik om drastiese dinge daaraan te wil doen nie. Ek raak moeg om te hoor hoe hulle hul toesprake lewer maar hulle doen net niks daaraan nie.

Bernard ·

Praat help nie doen.iets daaraan en bring terug die doodstraf doodstraf is afskrikmiddel en.sal misdadigers twee keer laat dink om nie moord te pleeg nie

Klip inni Bos ·

In Amerika is al oor n 100 mense wat die doodstrag gekry het, onskuldig bewys. Veral deur DNS. Kan jy jouself net indink hoeveel onskuldiges hier die doodstraf kan kry met onbevoegdes?

Jacques ·

Dink SAPS en die regering nie dat SAPS minder moet MONITOR en meer doel gerig optree nie ? Julle vertel net vir die volk hoe swak julle , julle werk doen met die syfers .
Plaas van heeldag net te praat , begin daadwerklik iets daaromtrent doen !!!!!!!

Ray ·

Maar het Lamola nie 2 weke terug ‘n ander prentjie geskets nie? Hy het gese moord is dan af

Mm ja nee ·

Ek onthou, maar aan die orde van die dag is net wanorde

Aksie SA ·

Ronald Lamola is en was duidelik oningelig, of het doelbewus ‘n vals beeld voorgehou. Ek hoop hy was teenwoordig in die parlement en vergewis hom van die (halwe) ware toedrag van sake. Statistieke is geduldig en kan “aangepas” word. Hoe erg is dit regtig…? Sal ons ooit werklik weet? Dis te betwyfel, gegewe die amptenare in beheer se powere prestasie tot dusver!! Wees paraat, raak weerbaar en pas selfbeskerm toe ten alle tye, wat dit ookal verg!!!!

Carlien ·

Hierdie is net die oortjies van die seekoei.. Misdaad is totaal en al buite beheer.. Die polisie moet geen nonsens duld nie, tree strenger op deur misdadigers te skiet ipv dreig. Niemand het meer respek vir die manne in blou nie, Ons tronke bars uit hulle nate, en misdadigers het dit lekker agter tralies. Maak dit vir hulle hel om daar te wees..

Suzette Geringer ·

Ek stem saam met jou Carlien.
Die SAPS het geen beheer nie.

Wielspore ·

Dit gaan oor bevoegtheid om die werk te doen, as die persoon wat aan die hoof van ‘n instansie staan onbevoeg is, hoe kan sy instansie suksesvol bedryf word. As jy nie eers op openbare TV die verskil tussen alkohol in die bloed en bloed in die alkohol kan uitspreek, hoe kan jy aan die bestuur van padveiligheid staan. Sonder matriek die betuurshoof van die SAUK wees bloot omdat jy ‘n goeie spreker (leuenaar) is. Die kultuur van “give him another change” kos die belasting betaler net te veel geld. Stel bevoegde mense aan.

Chris Ws ·

Buitelandse burgers uit ander Afrika lande moet drasties verminder word.Hulle vlug uit hul lande hierheen en maak met misdaad ‘n bestaan sonder om een sent belasting te betaal behalwe as hulle iets koop.Die misdaad syfer sal daar sodra hulle getalle in die land verminder.

Klip inni Bos ·

Kry die Nigerier drug lords in Long str en Maxwell str ens uit Kempton Park uit en op n vliegtuig. Lughawe is mos net daar. Maar nee hulle maak te veel geld. Snaaks almal weet waar hulle is en die Polisie stasie net n paar blokke weg.

marous ·

Wat jy saai sal jy maai en dit is net die begin van die oes . Daar is niks wat die spul leuenaars gaan kan en sal doen om die ghaos teen te werk nie . Die massas is aangevuur en hulle gaan nie stop nie . Dis die waarheid .

Helien ·

Al wat sal help is om die doodstraf terug. As jy iemand se lewe kan neem moet jou lewe
ook geneem word. Jy beteken niks vir die land nie.

Ek ·

Nee ons kan nie die ANC met die doodstraf vertrou nie as jy imand dood in selfverdeediging kan jy dalk self swaai want hulle kan besluit

HPV ·

Menseslagting!! Ons tel voort, die regime het alle beheer verloor. Waar is ons kerke wat daagliks sien hoe talle onregte gepleeg word, en maar net ‘n blinde oog keer.

Ange ·

Ek wonder of plaasmoorde by dit aangeheg is. Duisende boere word vermoor en gesinne, kinders ens. Nogal interresant om te dink 57 moorde per dag en miskien 1 arrestasie n maand.

kolla ·

Plaasmoorde het skerp afgeneem vanjaar. Meer mense word in ‘n dag vermoor as mense op plase vir ‘n hele jaar. Die getal plaasmoorde was gemiddeld sowat 60 per jaar oor die afgelope paar jaar. Dis glad nie duisende nie.

Christine ·

Genade maar dit is skrikwekend bring doodstraf terug n lewe vir n lewe .

Willie ·

Hulle noem dit Imbizo, vergader, praat net, eet baie… en walla als verby, Problem solved.

John ·

Stu maar voort sonder die Bybel (en te ‘slim’ en te-bang-om-te-preek-dominees) met meer en meer vroue uit die huise wat hulself ten alle koste moet uitleef, pornografie op tv en internet, doofmiddels op elke hoek, chaotiese regeringsbestuur en misdadigheid op die hoogste vlak, ‘n gebonde polisiemag en patetiese weermag, geen werkskepping vir die jeug maar goeie geld gegooi na hul lekkerlewe en veral ‘n missing manlike geslag… en ons is reg vir nog meer van dieselfde…

Eddie ·

Solank tronke Staatshotelle is sal misdaad nie beheer kan word nie , verander dit in verpligte werksplekke wat ‘n bydrae tot die ekonomie kan lewer !!

Reinhardt ·

Van 20335 na 21022 is definitief nie 1.4% nie. Dalk eerder 3.4%.

Lou ·

Zuma wiskunde se antwoord is 1.4%
Dit is ondenkbaar dat 21 000 mense elke jaar vermoor word.
Dit is ‘n half vol rugby stadion mense wat elke jaar net verdwyn en die parlement vergader rustig voort.

LHS ·

en dan vra die geagte Jansen verskoning aan die Nigeriers vir die aanvalle op hulle mense want die het dan nou kastig so mooi bydrae aan o.a. die onderwys gelewer. Kan jy dalk so paar voorbeelde uitwys prof.

Gerhard Bezuidenhout ·

Cele jy en jou comrades kan net oor die grens in Botswana gaan loer waar die doodstraf nog geld en dan sal die skille van julle oe afval. Misdaad is baie laag , dit is n veilige land en n kwaaddoener betaal n baie duur prys vir sy dade.

Zorro ·

Met die 2017 syfers was ons in die 10de plek vir die aantal moorde per 100 000 van die bevolking (35,9 per 100 000). Ons sal nou dalk opskuif na die negende plek. As ons so aanhou is ons eersdaags nommer een! Botswana is 28 ste. VSA 91 ste met 5,3 en Duitsland 191 de met 1 moord per 100 000.

Leon ·

Ek dog moorde en verkragtings het afgeneem sedert die doodstraf afgeskaf is. Is dit nie wat nou die dag in die media gerapporteer is nie?

Kobus van Zyl ·

KvZ-Rftein.
Ons land se redding is alleen by ons Hemelse Vader te vinde.
*Ps. 146:3 “Vertrou nie op prinse, op die mensekind, by wie geen heil is nie.”
*Jes. 5:13 “Daarom gaan my volk in ballingskap weens gebrek aan kennis, en hulle aansienlikes word hongerlyers en hulle menigte versmag na dors.”
*Jes. 3:12 “Die drywers van my volk is kinders, vroue heers oor hulle. o My volk, jou leiers is verleiers, en die weg wat jou pad moes wees, het hulle tot n dwaalweg gemaak.”
*II Kron. 7:13 “As Ek die hemel toesluit, dat daar geen reen is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land af te eet, of as Ek pes onder my volk stuur, 14 en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde wee, dan sal Ek uit die hemel hoor en hul sonde vergewe EN HULLE LAND GENEES.”
* Jes. 3:10 : Se van die regverdige dat dit met hom goed sal gaan; want die vrug van hul handelinge sal hulle eet.”
* Ps. 91:14-16 “Omdat hy my lief het, se God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy my Naam ken. Hy sal My aanroep, en Ek sal hom verhoor; in die nood sal Ek by hom wees; Ek sal hom uitred en eer aan hom gee. Met lengte van dae sal Ek hom versadig, en Ek sal hom my heil laat sien.”

Willem ·

Baie dankie KvZ – jy is reg.
Om die gesindheid en disrespek van ons land se inwoners om te keer gaan baie moeilik wees. Maar as al die Kerke ‘n dag van verootmoediging ( ‘nWoensdag) uitroep waar al die besighede ,skole, parlement en kantore gesluit sal wees en landswyd ‘n diens van verootmoediging en gebed gehou word EN ons RSA aan die voete van Jesus neersit en vra om vergiffenis en onderneem om terug te keer na Sy wil en Hom te dien, sal Hy ons genadig wees en ons land weer gesondmaak. God is getrou en regverdig, en sal ons kom red!

marlene ·

Dit is maar waarvan hulle weet!!!! Wonder hoeveel mense is aan “natuurlike oorsake” doen maar ook nie regtig nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.