Jongste neigings in plaasaanvalle

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

Die AfriForum Navorsingsinstituut (ANI) het Woensdag verskeie faktore en tendense wat geïdentifiseer is tydens die analise van plaasaanvalle en -moorde in 2016 bekend gemaak.

Volgens Lorraine Claasen van die ANI vind die eerste kontak tussen aanvallers en slagoffers gewoonlik plaas by wyse van ʼn hinderlaag wat vir die slagoffers gestel word of hulle word oorrompel waar hulle buite op die eiendom besig is om te werk, soos byvoorbeeld om waterpompe aan en af te skakel. “Slagoffers word ook in hul huise oorrompel as die deure oop staan of as daar snags toegang tot die huis verkry word terwyl hulle slaap.”

Claasen het gesê toegang tot die slagoffers se eiendom word verkry deur elektriese heinings en draadheinings te knip of onder die voorwendsel dat beeste/skape of ander goedere op die eiendom aangekoop word. “Waar eienaars kringtelevisiekameras gebruik, word die kameras gediskonnekteer en/of stukkend geslaan sonder dat die eienaars daarvan bewus is.”

Volgens Claasen is die items wat die meeste tydens plaasaanvalle geroof word, onder meer die inhoud van die kluis, wapens, ammunisie, selfone, skootrekenaars, tablette, juwele, elektroniese toestelle, kontant en voertuie. “Uit die beskikbare data is vasgestel dat meer as 90 vuurwapens tydens die aanvalle vanjaar van slagoffers geroof is.”

Die gevaarlikste dag van die week

Lorraine Claasen. Foto: Reint Dykema

Lorraine Claasen. Foto: Reint Dykema

Volgens Claasen het die meerderheid plaasaanvalle, net soos in vorige jare, op Sondae plaasgevind, gevolg deur Saterdae, Woensdae en Vrydae. “Minder aanvalle vind op Maandae, Dinsdae en Donderdae plaas. Aanvallers is moontlik meer geneig om op Sondae aan te val, omdat hulle slagoffers met hul terugkoms van die kerk, gewoonlik op ʼn vasgestelde tyd, kan inwag. Mense is ook geneig om oor naweke meer tyd rondom die huis deur te bring, wat vir die aanvallers voordelig is omdat hulle verseker is van toegang tot die kluis se sleutels.”

Tyd van die dag

Claasen het gesê aanvallers slaan meestal tussen 20:00 en ongeveer 03:00 toe op plase en kleinhoewes. “Deur ʼn woning in die donker aan te val kan die aanvallers die eiendom ongesiens en sonder die slagoffers se medewete betree. Slagoffers word in hul huise oorval terwyl hulle slaap en word eers wakker as die aanvallers reeds in die huis is of terwyl hulle besig is om veiligheidshekke, diefwering en deure af te breek om toegang te verkry. Dit is ook makliker om in die nag van die misdaadtoneel te vlug en sodoende arrestasie te vermy.”

Die aanvallers

Claasen het gesê hoewel daar gevalle is waar slegs een oortreder by ʼn plaasaanval betrokke is, daar gevalle is waar tot tien aanvallers op ʼn plaas of kleinhoewe toeslaan. “Meer aanvallers per aanval kan dui op ʼn meer georganiseerde groep of bende wat ook geneig is om vooraf genoegsame inligting oor die eiendom en die roetine van die eienaars en werkers in te samel. Die uitleg van die geteikende eiendom kan selfs vir weke vooraf ondersoek word. Die aanvallers blyk geneig te wees om hul gesigte te bedek met klapmusse en om handskoene en oorpakke te dra tydens die uitvoer van die aanvalle.”

Aantal slagoffers en hul gemiddelde ouderdom

Geskoei op ʼn analise van die 334 geverifieerde aanvalle is bereken dat daar meer as 400 individuele slagoffers was. “Dié getal sluit die eienaar, sy gesin, vriende, ander familie, werkers asook die werkers se gesinne in,” het Claasen gesê.

Op grond van die beskikbare inligting in die databasis is bereken dat die gemiddelde ouderdom van slagoffers 56 jaar is.

Kwesbaarheid van plase in vergelyking met kleinhoewes

Die analise toon dat ongeveer 75% van aanvalle op plase geskied en 25% op kleinhoewes.

Volgens Claasen is die reaksietyd van buurtwagte, veiligheidstrukture, sekuriteitsmaatskappye en die nabyheid van polisiestasies in areas waar kleinhoewes voorkom, moontlik ʼn rede waarom aanvalle op dié eiendomme afgeneem het.

“Plase in landelike gebiede is soms ver van die naaste polisiestasie en plaaswagte is soms ook nie in staat om vinnig te reageer op noodroepe nie. Dit stel aanvallers in staat om wegkomvoertuie doeltreffend te gebruik of om gekaapte voertuie ʼn ent van die geteikende eiendom verlate te laat en te voet of met ʼn ander voertuig te vlug.”

Plaaswerkers as slagoffers

In 12% van die geverifieerde gevalle is werkers geteiken. “Die persentasie kan egter baie hoër wees, aangesien daar nie altyd in die media melding gemaak word van die werkers wat ook tydens ʼn aanval aanwesig was nie,” het Claasen gesê.

Marteling van slagoffers

Claasen het gesê hoewel dit lyk of marteling tydens aanvalle afneem, was sommige aanvalle hierdie jaar uitermatig wreed. “Die beskikbare data toon dat slagoffers in sekere gevalle met kookwater en strykysters gebrand is. Onnodige fisieke geweld is toegedien om redes wat nie geregverdig kan word nie. Slagoffers is byvoorbeeld vermoor deur hulle herhaaldelik met ʼn pik te slaan of deur hul kele met messe oop te sny.”

Wapens gebruik tydens aanvalle

Wapens wat tydens die aanvalle gebruik is, sluit in vuurwapens (pistole, gewere, haelgewere), pangas, messe, byle, pype, knopkieries, stomp voorwerpe en ʼn spies.

“Slagoffers word vasgebind met toue, elektriese kabels, kabelbande, skoenveters of drade,” het Claasen gesê.

Verkragting en poging tot verkragting

Volgens Claasen maak die beskikbare inligting melding van tien gevalle van verkragting of poging tot verkragting. “ʼn Analise van misdaadstatistieke in alle gebiede toon ʼn noemenswaardige donker syfer vir verkragting, dit wil sê dié misdaad word in baie gevalle nie aangemeld nie.”

In sommige gevalle vra die slagoffers die media om inligting oor verkragting te weerhou weens die sensitiewe aard van dié soort misdaad.

Ontvoering

Hierdie jaar is vyf gevalle geverifieer waar ʼn slagoffer tydens ʼn plaasaanval ontvoer is. “Die slagoffers is in ʼn motor ingeforseer en in ʼn ander area afgelaai of op ʼn ander plek vermoor,” het Claasen gesê.

Motorkapings

In 23% van die gevalle is die slagoffer se motor gekaap. In 6% van die gevalle is die motor egter ʼn kort afstand van die toneel verlate gevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

42 Kommentare

Blanche Cronje ·

Ek was en is nog baie betrokke by die ondersoeke van plaas aanvalle. Dit is duidelik dat die aanvallers wel goeie militere agtergrond het en baie gekoordineerd is. Die enigste manier om dit te probeer voorkom is om jouself te bewapen. Paraat te wees en tonele te skep vir jouself en daarom planne te implimenteer en ook so jou familie daarvan bewus te maak. Kyk altyd vir tekens. Moet niemand vertrou nie. Hou jouself sielkundig voorbereid. Op die einde van die dag as so n aanval plaasvind is jy die een wat moet reageer op daardie oomblik. Wees voorbereid, wees paraat, wees reg. Ons lewe basies in n oorlog zone. Besef dit.

Andreas Meyer ·

Hoe bedoel jy dat die aanvallers “goeie militere agtergrond” het. Vir my se dit da hulle opgelei en organiseerd is. Maar dit kan ook beteken dat hulle tans nog deel van ‘n militere organisasie of so iets is.

Johann ·

En die “profiel” van die Krimenele; swart en lafhartig en barbaars in hul optrede? Veral swart op wit aanvalle? Wonder wat die reaksie sou wees as blanke individue en ” bendes” onskuldige swart mense SO moes beroof en aanrand en vermoor?

Wirrim ·

Johann selfs al word swart kriminele elemente deur wit beseer/gedood in ‘n poging om hulleself te beskerm, is die populistiese reaksie dat wit verkeerd is en swart reg….

Tania ·

Ek wil weer sê, en kruisig my maar, hierdie mense wat aangeval word is nie net een ras nie. Julle moet ook weer die artikel lees, daar staan ” …die persentasie kan egter hoer wees, aangesien daar nie altyd in die media melding gemaak word…”, wie weet nou regtig die waarheid. Die media speel almal soos lap poppe!

Anita Schoeman ·

My eerlike en ernstige opinie…die doodstraf moet heringestel word. As ons terugkeer na God se Woord, sal ons sien dat moord en verkragting met dood gestraf moet word.

jaco ·

een ding ontbreek en dis die sinistêre motief: die voorvadergeeste op die grond wat blykbaar eers aan die swartes behoort het, moet tevrede gestel word. daarom moet die huidige wit eienaars doodgemaak word. Soms word die lyke ook dan in n sekere posisie gesleep. moord en lyke wat in n sekere posisie lê is glo al wat die voorvadergeeste bevredig dat die wit “gif” finaal van die grond af is.

Irene Myburgh ·

Om te dink in die verlede 1970’s het hulle landmyne in die plaas pad na die woning geplant en dit het gewoonlik op sondae gebeur. Hulle wag totdat die gesin kerk toe gaan dan plant hulle die landmyn en dan sodra die gesin terugkom dan word hulle op geblaas.

Wanneer gaan dit end kry.

Ada ·

Dit is rassistiese aanvalle en ek hoop dat Maroela dit dan so sal deurgee virRapport en vir Carte Blanche.
HIerdie aanvalle word nie deur balnkes op swartes gedoen nie.

Jordaan ·

Maar moet net nie iemand lewend en sonder skade in ‘n doodskis laat le vir ‘n rukkie nie …

Points to Ponder.... ·

Doodstraf terug bring…..ons word nou al vir niks in die tronke gestop. Sou die doodstraf terug gebring word, nou, in hierdie huidige situasie wat SA in verkeer…..kan jul dink hoe baie van ons wit mense die doodstraf opgelê sal word?? Hulle kom los op klein tegniese goedjies en ons wittes sit!!! Ek sou mooi dink….

Eddie ·

My vraag is??????????? Gaan hierdie vanaand die 7 uur nuus haal. Kan klaar se die antwoord is nee. Dit haal nie eers News 24 nie. Dit is tyd dat al die mense sien wat in hierdie land van ons aan die gang is. Maar weereens sal alles net weer so onder die mat ingevee word.

Pssst ·

Ek vra weereens…
Wie verteenwoordig ons Blankes.
Die anderskleuriges het Malema en Kie.
Maar ons het niemand wat sigbaar beswaar maak nie.
VF-Plus is nou n minus
Solidariteit is non existant
Afriforum is net n Forum in naam.
Nee wat ?

Simon ·

Aan Psssst,
Kom in pas met jou siening oor die groep en party waarna jy verwys.
Wat dink jy sou die situasie gewees het SONDER hulle tussenkoms ?

Susan ·

Pssst as jy so half lafhartig onder ‘n skuilnaam lewe hoe wil jy dan van iemand anders verwag om dapper na vore te tree en vir jou in die bres te tree? Doen dit self! Staan op en PRAAT.

Ronel ·

Nerens word melding gemaak van hoeveel plaaswerkers betrokke is by die aanval nie. My tannie was ‘n slagoffer van ‘n plaasaanval. Haar voorman – vir wie hulle 2 weke voor die aanval ‘n voertuig gegee het – was die grootkop van die aanval. Sal interessant wees om so statistiek te sien. Dit noem mens ondankbaar op sy beste!!!

AL ·

Ek stem hierdie is polities en rassehaat gebaseer. Leiers moet aangekla word van haatmisdade teen n spesifieke ras soos teen ons.

ouma ·

Beslis is dit rassehaat. Ons is ver agter met die jy weet watter word. Maar dit word in ‘n erger lig gesien as moord. Boere sit groot borde op jou plaas op dat oortreders sal geskiet word. En doen dit.

Pikkie ·

Okay ons het die statistieke maar wat nou?? Ons weet wat indie land aangaan. Maar gaan almal net agteroor sit en wag.

En ek wonder ·

En sal ons almal wat nou hier kommentaar lewer deur die Landbou Weekblad gedefinieer word as “White Trash”?

Theresa ·

Makaber, maar dankie vir al die inligting. Min mense besef dat daar so haarfyn beplan word om op die boere toe te slaan. Hierdie stuk gee meer detail van die aaklige waarheid waarmee boeregesinne daagliks probeer ‘saamleef. Is daar instansies wat die boere met hulp bedien wat voortydige berading en stress ontlading aanbetref? Kuier kerkleiers by die boere om hul hande te vat en hul geestelik op te hef in tye waar hul waaragtig ‘n teiken is?

Sarie ·

Née hulle hou sinode sittings om ander sake te bespreek. Meeste NG Dominees doen nie meer huisbesoek nie

Gert ·

Oorpakke, klapmusse en handskoene… nie die gedrag van die gewone stereotipiese aanvaller nie. Is hierdie moontlik vooraf georganiseerde aksies met opgeleide persone met ‘n spesifieke doelwit en agenda?

Etienne ·

Jy is doodreg, Gert – hierdie is vooraf haarfyn beplan.Om as reserviste aan te sluit en patrollies te doen gaan nie die oorsaak uitskakel nie.Navorsing ( inligting) moet gebruik word om die oorsaak uit te skakel – daar waar hy sy oorsprong het…..Dit beteken pro aktiewe optrede – nie reaktiewe gekla soos op hierdie en ander forums nie.Insiatief moet uit die teikengroep (ons) kom om die probleem aan te spreek.

Lourens ·

Ek dink lankal dat hierdie aanvalle is n meer gesofistikeerde manier van die regering om die boere van die plase te verwyder as wat Mugabe gedoen het. Hoeveel van die aanvallers word gevang as die boere hulle nie vang nie?

carina ·

Wees in jou hart gereed -ELKE DAG van jou lewe om dalk te sterf. Of dit in n ongeluk is of siekte of n plaasaanval. Dis realiteit. Hiermee praat ek niks goed nie – maar ons almal weet dit help nie om te kla of te redeneer of te huil en…en…en, nie!As jy GOD in jou lewe het- sal SY engele om/oor & in jou wees in n plaasaanval net soos in n motorongeluk of n siekbed. VRA dit en spreek dit oor jou lewe.

al ·

Baie waar woorde wat jy spreek. Ons moet elke dag in Christus leef sodat wanneer ons einde aanbreek, ons vry sal wees van ons aardse pyn en hartseer en swaarkry.

weduwee ·

Stoei al 10 jaar met insypeling….baksteen op paal by motorhek ….vreemde rigtingaanwysers op pad….1M stok horisontaal in bos….klippies wiskundig in middel van pad…sakke aan heining gebind….coke blikkie / bierbottels geplaas op spesifieke plekke ens.= realiteit. Ek voel plaasgemeenskappe behoort landwyd ‘geskool ‘ / ingelig te word rondom aanvallers se insypelings tekens sodat ons meer paraat kan optree.

John ·

Pres Zuma en sy adjunk is leiers oor almal, maar uiter geen afwysende woord oor plaasaanvalle nie. Hoekom nie? Die ministers van landbou en en polisie ook nie. Daar word jaarliks gedink aan die 40+ mynwerkers wat tydens ‘n onwettige staking dood is en andere, maar daar is geen dag/diens ter nagedagtenis aan die honderde boere ea wat hul lewens reeds verloor het nie.

Andries ·

Hoekom nie ‘n dag van herinnering begin ter nagedagtenis vir die wat vermoor is op plase nie?

Martin ·

“Its in our nature to destroy ourselves”. Mense sal haat en moor en breek en steel en verniel tot die einde van dae toe.

Realiteit is in plaas van proactive wees kla n mens op n forum soos die. “Preaching to the already converted”.

Is nou nie n plaas nie maar owns het misdaad in one buurt amper heeltemal weg gemaak deur saam te werk. Elke huis is op dieselfde sekuriteit sisteem saam met mekaar. Met ander woorde druk Sannie langs aan n panic button week die hele buurt dit onmiddelik. Is elke mens in die buurt se verantwoordelikheid om die ander te laat weet daar is tuin dienste of n bediende etc verwag op so en so tyd en so aan. Ek kan nie dink dat dit n te moeilike ding is om in n plaas wyk ook te implimenteer nie?

Wat ookal n mens besluit, net onthou hulle kom nie twee-twee nie, so maak die nommers meer gelyk

Donovan ·

Ons verloor aan staats revenue elke jaar n gemiddeld van R2,5bil weens moorde in die land… as die regering dit nie alarming vind nie, weet ek nie wat gaan hulle wakker laat skrik nie… ek sidder om te dink aan die bedrag wat die staat elke jaar moet betaal aan advokaat kostes vir die beskuldiges wat regshulp van die staat vereis… as jy gemiddeld van R500k per saak vat is dit nog R9bil per jaar wat die staat bestee. So R12bil per jaar gaan net so vir die varke… Mense ek weet nie maar die ding kan nie so voort gaan nie… Kan julle dink as daar net 20000 meer polisie manne per jaar op gelei word vir die platteland gedeelte, soos die Ranger force van Canada… Australie het seker 40% van ons ex wit polisie manne op gerap en hulle in n Ranger omgewing begin gebruik…

Johan. ·

Martin beste plan sovêr mense wat hulp van buite verwag dink ek gaan dalk baie lank wag vir iets wat dalk nooit sal gebeur nie daar is soveel inligting wat oor die wereld heen gestuur word wil vir my voorkom niemand stel regtig belang nie so ons is maar op ons eie aangewese. Die ou mense wat so aan geval word waar is hul kinder en families daar is soveel tegnologie op die mark help hulle.Ek wonder wat word van die plaasaanvallers nadat hul gevonnis is veral die uit Zimbabwe

Slagoffer ·

In 2001 het ek my eggenoot en enigste broer in n plaas aanval verloor… Nou 15 jaar later sleep mens steeds die pynlike letsels saam…. Kinders wat sonder n pa moes grootword.. Mammas wat beide rolle moet speel terwyl sy gebroke sterk en braaf moes wees… Elke hoogtepunt en prestasie van die kinders met hartseer alleen moes dra… Oral alleen moes gaan en krisisse alleeen moes oplos… Alleen besluite neem en finansieeel op jou kniee moes beplan. Ja hulle is gevang, ja hulle is in die tronk, ja hulle het oopmond gelag in die hof, ja hulle het lewenslank gekry! Tog word niks beter deur alles nie, jou man is dood, die kinders se pa is weg, die familie plaas na 3 geslagte verkoop, net om weg te kom, te vlug van die hartseer memories… Elke keer wat daar nog n aanval gebeur word rowe afgekrap en alles le weer kaal en oop… Niks het verander in al die jare nie.. Dit word meer en ook wreder en wreder… Niemand staan op vir die boere se veiligheid nie! Statisties het boere so min geword…
Voedselsekerheid ????? Die prys wat betaal word is so groot!!!! Ja en tog dra die Vader jou deur dit . Ek bid vir elke boer se veiligheid!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.