Jongste oor vlugte na Mauritius

Die storm het groot skade aan die eiland aangerig. (Foto: Sajaad Husein Allybocus/Twitter)

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens het vlugte tussen Johannesburg en Mauritius hervat, nadat die lugruim in Mauritius weer vir kommersiële rederye oopgestel is.

Tropiese storm Calvinia woed steeds, maar het intussen van rigting verander en beweeg nou verder weg van Mauritius. Die kans op sikloniese toestande het ook beduidend afgeneem.

“Die SAL het Maandag alle vlugte na Mauritius gekanselleer weens gure weer wat verband hou met tropiese storm Calvinia. Dinsdagoggend het ons die jongste inligting oor die weerstoestande gekry en ons kan nou weer vlugte tussen Johannesburg en Mauritius hervat,” het Tlali Tlali, woordvoerder van die SAL, gesê.

“Ons het ook Dinsdag bykomende vlugte ingestel om soveel moontlik passasiers te akkommodeer wat deur Maandag se kansellasies geraak is.”

SAL stuur nou ʼn A330-200 en ʼn A330-300 na Mauritius om die agterstand te probeer inhaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.