
Vlag van Israel (Foto: PublicDomainPictures, Pixabay)
Die drukgroep South African Jews for a Free Palestine (SAJFP) het die besluit van die ANC om Suid-Afrika se ambassade in Tel Aviv af te gradeer, geloof ten spyte daarvan dat die Israeliese ambassade in Pretoria, die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes (SAJBD) en die Suid-Afrikaanse Sioniste-federasie dié besluit veroordeel het.
ʼn Besluit om die ambassade in Israel af te gradeer na ʼn skakelkantoor is tydens die ANC se 54ste nasionale konferensie geneem. Volgens die ANC is die besluit geneem “om praktiese uiting te gee aan ons ondersteuning van die onderdrukte mense van Palestina.”
SAJFP het in ʼn verklaring gesê dié besluit deur die ANC plaas druk op Israel se regering om sy oortreding van internasionale wette stop te sit. “As ʼn Joodse gemeenskap glo ons dit is een van die mees praktiese dinge wat Suid-Afrika kan doen om by te dra tot vrede in Palestina-Israel,” het hulle in ʼn verklaring gesê.
ʼn Groep Joodse Israeli’s het vroeër vanjaar ʼn skrywe aan die ANC gerig waarin hulle hul ondersteuning vir die afgradering van diplomatieke verhoudinge met en sanksies teen die menseregte- en Palestynse solidariteitsorganisasie Boycott, Divestment and Sanctions Against Israel in South Africa (BDS) uitgespreek.
Volgens hulle is ʼn internasionale veldtog soortgelyk aan die boikot teen Suid-Afrika se apartheidsregering nodig. Joodse aktiviste in talle lande en in Israel self het hulself aan die niegewelddadige BDS-beweging toegewy.
“Ons as Suid-Afrikaners, in ons diversiteit, is verenig in ons solidariteit met die Palestyne, ons teenstand teen Israeli-Apartheid en ons soeke na geregtigheid,” het die SAJFP in ʼn verklaring gesê.
Terwyl ondersteuners van die BDS die beweging met die anti-apartheidstryd in Suid-Afrika vergelyk, verwerp kritici die beskuldiging dat Israel ʼn apartheidstaat is.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
12 Kommentare
Ek ondersteun israel ten volle, die anc glo nie in die bybel nie, selfs Trump se woorde oor Jerusalem, kom uit die bybel, 3000 jaar gelede.
Net so theo. En by the way. ANC vee eers voor julle eie deur voor julle ander van onderdrukking beskuldig.
Druk hul neuse in ander mense se sake hulle s’n stink te veel.
Andre
Hulle kan maar daai ambassades toemaak… Hulle is in elk geval nutteloos daar, sit in elk geval en doen boggerol
Don.t mess with Israel. It is the chosen people whether the Israeli enemies like it or not.
The Palestinians started the war and when they get a hiding they squeal like stuck pigs. (No pun intended)
Go Israel! Long live Israel!