Joodse drukgroep ondersteun ambassade-afgradering

Vlag van Israel (Foto: PublicDomainPictures, Pixabay)

Die drukgroep South African Jews for a Free Palestine (SAJFP) het die besluit van die ANC om Suid-Afrika se ambassade in Tel Aviv af te gradeer, geloof ten spyte daarvan dat die Israeliese ambassade in Pretoria, die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes (SAJBD) en die Suid-Afrikaanse Sioniste-federasie dié besluit veroordeel het.

ʼn Besluit om die ambassade in Israel af te gradeer na ʼn skakelkantoor is tydens die ANC se 54ste nasionale konferensie geneem. Volgens die ANC is die besluit geneem “om praktiese uiting te gee aan ons ondersteuning van die onderdrukte mense van Palestina.”

SAJFP het in ʼn verklaring gesê dié besluit deur die ANC plaas druk op Israel se regering om sy oortreding van internasionale wette stop te sit. “As ʼn Joodse gemeenskap glo ons dit is een van die mees praktiese dinge wat Suid-Afrika kan doen om by te dra tot vrede in Palestina-Israel,” het hulle in ʼn verklaring gesê.

ʼn Groep Joodse Israeli’s het vroeër vanjaar ʼn skrywe aan die ANC gerig waarin hulle hul ondersteuning vir die afgradering van diplomatieke verhoudinge met en sanksies teen die menseregte- en Palestynse solidariteitsorganisasie Boycott, Divestment and Sanctions Against Israel in South Africa (BDS) uitgespreek.

Volgens hulle is ʼn internasionale veldtog soortgelyk aan die boikot teen Suid-Afrika se apartheidsregering nodig. Joodse aktiviste in talle lande en in Israel self het hulself aan die niegewelddadige BDS-beweging toegewy.

“Ons as Suid-Afrikaners, in ons diversiteit, is verenig in ons solidariteit met die Palestyne, ons teenstand teen Israeli-Apartheid en ons soeke na geregtigheid,” het die SAJFP in ʼn verklaring gesê.

Terwyl ondersteuners van die BDS die beweging met die anti-apartheidstryd in Suid-Afrika vergelyk, verwerp kritici die beskuldiging dat Israel ʼn apartheidstaat is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

theo ·

Ek ondersteun israel ten volle, die anc glo nie in die bybel nie, selfs Trump se woorde oor Jerusalem, kom uit die bybel, 3000 jaar gelede.

Waarheid ·

Stemsaam. Daar was nog nooit n’ staat of land met die naam Palestina nie. Israel oortree ook geen internasionale wette. Die ANC hou hande vas met Hamas omdat hulle dit sien as hul struggle met die witmense, teenoor Hamas se struggle met Israel. Afgradering gaan alleenlik SA negatief beinvloed en nie anders om…shame!

Pop ·

Net so theo. En by the way. ANC vee eers voor julle eie deur voor julle ander van onderdrukking beskuldig.

Andre ·

Druk hul neuse in ander mense se sake hulle s’n stink te veel.
Andre

Spioen ·

Hulle kan maar daai ambassades toemaak… Hulle is in elk geval nutteloos daar, sit in elk geval en doen boggerol

Stephen Namibia ·

Don.t mess with Israel. It is the chosen people whether the Israeli enemies like it or not.
The Palestinians started the war and when they get a hiding they squeal like stuck pigs. (No pun intended)
Go Israel! Long live Israel!

jaco ·

Vreemd dat die ANC ‘n eie staat vir die Palestyne steun, maar nie ‘n eie staat vir Afrikaners nie.

Pastoor ·

Gen 12 sê God in Sy Woord aan Abraham. Ek gee n landstreek vir jou en jou nageslag. Dit behoort aan die Jode. Almal wat Sy nasie aanvat of vloek word van die aarde afgevee. Egiptenare gone Mede Perse gone Romeine gone Duitsers gone
Foeitog hulle is oningelig

Piet ·

“Pastoor” die gebied waarvan jy praat is aan die hele Israel belowe, al 12 stamme. Nie net aan die Jode nie. Die gebied is ook heelwat groter as die huidige stukkie grond.

Cornelia ·

Amen. Dit verg ook meer as net oortuiging om teen die oormag van Israel se teëstanders by die waarheid rondom Israel se erfbesit te staan soos God dit self aan hulle bestem het. Pres. Donald Trump is ‘n man wat nie gemuilband kan word met politieke retoriek en holrug woordspele soos rassisme en apartheid nie? En dan word die Christene in Suid Afrika sommer op dieselfde toebroodjie gesmeer in sg. “solidariteit” met die vyand en sy aansprake eie aan sy dwalinge!

Gerhardb ·

Daar gaan ons alweer…..”Ons as Suid-Afrikaners, in ons diversiteit, is verenig in ons solidariteit met die Palestyne”…..SAJFP Veralgemeen en kan nie namens my praat nie. My opinie, Ons is nie verenig in ons diversiteit nie, ANC kan maar hulle sub-stasie toemaak in Israel, hulle dra in elk geval niks by tot Israel nie. Ek persoonlik staan saam en stem saam met Israel en Trump se besluit. Vir my is die Palestyne des jare se Fillistyne…..ANC moet eerder eers eie huis skoonmaak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.