Joodse matrikulant: ‘Ek wil nie sy lewe verwoes nie’

Danni Heymann het heeltemal oorweldig gevoel nadat sy die stemboodskap ontvang het. Foto: Facebook

Die Joodse matrikulant wat die afgelope week ʼn haatdraende stemposboodskap van ʼn gr. 8-leerder gekry het waarin hy sê sy moes in die Jodeslagting gesterf het, sê sy wil nie hê die seun se lewe moet verwoes word nie, maar hoop hy leer uit sy fout en besef woorde maak saak.

Suid-Afrika se klein Joodse gemeenskap van sowat 70 000 siele het die afgelope week met skok kennis geneem van die stemposboodskap wat die gr. 8-leerder aan die eksklusiewe private skool Treverton-kollege op Mooirivier in KwaZulu-Natal gestuur het aan Danni Heymann, ʼn gr. 12‑leerder aan die Joodse hoërskool King David Victory Park, Johannesburg.

In ʼn voorbladberig skryf die Jewish Report die boodskap het gelui: “Ons stem almal saam jy moes in die Holocaust omgekom het. Jy weet daai asbakke vol Joodse mense … miskien moes hulle jou by daai hopie [as] gevoeg het.”

Die seun sluit die boodskap af met ʼn “grap”: “Wat noem ʼn mens ʼn vlieënde Jood? Rook!” terwyl sy maats hoorbaar op die agtergrond lag.

Heymann, wat op die oomblik haar matriekeindeksamen skryf, het aan die Jewish Report gesê dit het begin met ʼn stemposboodskap wat sy aan ʼn vriend van die Treverton-leerder gestuur het nadat hy ʼn vriendin van haar in die sosiale media geboelie het.

“Toe ek sy boodskap kry, het ek net begin huil,” het sy vertel. “Dit het my hart gebreek, nie net omdat dit ʼn ‘grap’ oor die Jodeslagting is nie, maar omdat ʼn 15-jarige so iets kan sê en geen berou voel nie.”

Heymann se oupagrootjie was een van nagenoeg ses miljoen Jode wat die Nazi’s voor en tydens die Tweede Wêreldoorlog stelselmatig tydens die Jodeslagting of Holocaust uitgewis het.

Dit het my hart gebreek, nie net omdat dit ʼn ‘grap’ oor die Jodeslagting is nie, maar omdat ʼn 15-jarige so iets kan sê en geen berou voel nie.

Sy het die seun laat weet sy sou sy boodskap deel en sy identiteit probeer vasstel, maar hy het haar op WhatsApp blokkeer.

Haar inskrywing het soos ʼn veldbrand versprei en daartoe gelei dat Heymann ondersteuningsboodskappe uit alle wêrelddele ontvang het. Dit was vir haar ʼn riem onder die hart, maar ook oorweldigend vir dié 18-jarige.

Al is sy besig om vir haar eksamen voor te berei, het sy 24 uur lank nie ʼn oog toegemaak nie.

Die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes (SAJRA) het dadelik ingegryp om haar by te staan en met die skool gesprek te voer. Kean Broom, die skoolhoof, het Heyman Woensdag gebel om persoonlik verskoning te vra en te gesels oor hoe die onreg reggestel kan word.

Wendy Kahn, die SAJRA se nasionale direkteur, sê telkens wanneer anti-Semitisme voorkom, besluit hulle in oorleg met kenners hoe om die spesifieke geval te benader.

“Ons behaal uitstekende resultate in samewerking met skole ten opsigte van opvoeding en gedragsverandering,” vertel sy. “Ons doelwit is nie om berouvolle oortreders te straf nie, maar gedragsverandering te bewerkstellig.”

Ek het werklik trots gevoel en bewus geword van waar ek tuishoort. Ek is so dankbaar ek is Joods.

“Ons probeer altyd sulke gevalle in ʼn leerervaring omskep,” sê Mary Kluk, die raad se president. “Dis nie vir ons om te veroordeel nie. Al wat ons dadelik kan doen, is om die skole en leerders te help om anders te reageer op mense wat nie soos hulle is nie.”

Broom het aan die Jewish Report gesê hy wil die Suid-Afrikaanse Joodse gemeenskap opreg om verskoning vra vir die seerkry wat die voorval veroorsaak het.

Volgens hom is opvoeding oor die Holocaust deel van die skool se geskiedenisleerplan en besoek leerders wat dié vak neem, die Holocaust-sentrum in Durban. Hy het onderneem dat dié besoeke voortaan alle leerders sal insluit, ongeag hul vakkeuse.

Heymann se grootste wens is dat die seun uit die ervaring sal leer en verstaan woorde dra gevolge. Sy sien die goeie in die voorval raak, want dit het haar groter waardering vir haar mense en haar godsdiens gegee. “Ek het werklik trots gevoel en bewus geword van waar ek tuishoort. Ek is so dankbaar ek is Joods.”

Sy sê sy was van plan om volgende jaar in Amerika te gaan werk wanneer sy die eerste keer buite Suid-Afrika sal reis, maar ná hierdie voorval wil sy alles in haar vermoë doen om seker te maak haar eerste oorsese besoek is aan die Joodse staat Israel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

90 Kommentare

Paul ·

En die ergste is die seun is nie onkundig oor die Joodse geskiedenis nie, waar anders kom hy aan sy uitsprake. Dis skokkend. ‘n Verpligte voorgeskrewe boek vir alle skoliere is ‘Die rutelose Shalom” van Abraham H de Vries.

Paul ·

Skuus, ek moet hierdie byvoeg, en apartheid word deur die ANC hiermee vergelyk????

Haan ·

Dankie vir jou bydrae Paul. Asof die ellelange holocaust kurrikulum ons nie genoeg geleer het nie. Baie slimmer mense as jy is al tronk toe omdat hulle bevindings aangaande die holocaust nie in lyn met die hoofstroom retoriek is nie, maar dit is héél onverdag… Glad geen skroef daar los nie, of hoe?

Arak ·

Dit was Vrydag propaganda, dit is steeds propaganda; dit het niks met die Afrikaner uit te waai nie. Mede lesers kan julle nie sien julle word emosioneel gemanipuleer nie?

Johan ·

Op grond van wat? Sommige van die wit, afrikaanse mense wat hier kommentaar lewer se menings is net so afstootlik. En ek ken persoonlik wit, afrikaanse mense wat Holocaust-denialists is… en steeds die “joodse geldmag” vir alles wat orals in die wereld verkeerd is, blameer.

Onnoselheid kom in alle kleure en geure.

ChrisE ·

Geen haan sal daaroor kraai indien iemand ‘n soortgelyke boodskap aan ‘n Afrikaanse kind sou gestuur het nie, bv jy moes ook in die Boere oorlog gesterf het. Waaroor die bohaai?

Johan ·

Want, “two wrongs dont make a right”.

Die wereld is effens groter as die eng “afrikaners word orals verontreg” wat party mense so aanhang.

*koes solank vir die klippe wat oppad is na my toe.*

Jollie Jacqueline ·

“Waaroor die bohaai?” Want dit is verkeerd. Die kind is ‘n boelie. Die kind sê eintlik dit sou beter gewees het dat sy dood gegaan het. Sou jy okay gewees het as ‘n ander kind dit vir jou kind gesê het?

Ilse ·

Sal sy identiteit bekend gemaak word ?
Wat ‘n skande om so-iets kwyt te raak.

ANA ·

Skuus my,die skoolhoof vra haar om verskoning en die rassistiese klein bog kom skotvry hiervan af…?
Verstaan ek nou reg?

Risko ·

Ek as Christen weet diep in my hart dat daar net een geloof is en dit is Joods. Jesus was ‘n Jood en Hy is ons “ultimate voorbeeld” van wie en wat ons moet wees. Hy het uitdruklik gesê daar is net EEN GOD en dit is YHWH.

Beulah ·

Jesus is uit die stam van Juda. Hulle is Jode. Daar is nog 11 ander seuns. Israeliete. God se gekose nasie is nie net Jode nie. Dit is al die seuns van Jacob. Die Jode het hom nie erken nie onthou. Hulle erken Hom tot vandag nog nie. Hulle wag nog op hulle Messiah.

Piet ·

Beulah, dis nou die vraag wat ek ook vra wat hulle nie wil plaas nie. Die Jode gebruik hoegenaamd nie die nuwe testament nie, so om die Christen geloof en Joodse geloof in een sin die noem maak bloot nie sin nie.

DewaldS ·

Dankie, Piet – ek sien dit ook so. Maar daar is mos altyd hierdie ‘kognitiewe dissonansie’ te bespeur by baie ‘Christene’. Ek dink dis diegene wat nie die die vrees kan verwerk wat die Ou Testament se gruwel-stories tipies in kinders sal wakker maak nie.

VanAfrika ·

Risko as jy n Christen is en diep in jou hart weet dat daar net een geloof is en dis Joods, moet jy dan jouself nie n Christen noem nie. Die Jode glo nie in Christus nie maar net in God. Ons geloof verskil so bietjie van die Joodse geloof. Dis nie te sê die Jode het reg tot die hemel nie. Jesus sê ” As julle my verwerp sal ek julle voor God verwerp” want Jesus staan in vir ons by God. Ons almal weet dat ander gelowe, die Joodse geloof ingesluit, Jesus nie aanvaar as heilig nie, hulle noem hom net nog n profeet soos al die ander profete in die Bybel tyd.

Abe ·

Risko,
Niks wat jy hier se maak sin nie. Bedoel jy dat jy nie n Christen moes gewees het nie want jy besef nou dat die joodse geloof die enigste ware godsdiens is.

Melanie ·

Die velkleur van die jong seun maak nie saak nie. Sy daad dui daarop dat hy onopgevoed is. Angela Merkel het juis vandag op BBC gese dat die dade van die Duitse weermag destyds was wreed. Om ‘n Jood te wees is geen skande nie. Ek kry die jonge dame baie jammer.

Nettie ·

@Melanie, glo my – dit was nie net Duitse soldate, die Nazi’s en Wehrmacht wat wreed was tydens WWII nie, die Japanese was nóg wreder – en die Geallieerdes was ook wreed! Onder beide die Axis-magte en Geallieerdes is onskuldige burgerlikes aangeval en doodgemaak, vroue en kinders verkrag, swak oumense vir dood agtergelaat en hele dorpies dikwels tot ‘n hopie as gelaat nadat gewapende magte daardeur beweeg het.

Oorlog is wreed, oorlog word gevoer deur magsugtige en hebsugtige heersers met ideale vir wêreldoorheersing. Die grootste slagoffers is diegene wat daardie mag- en hebsugtige heersers in posisie gebring het en diegene wat daardie oorlog namens daardie mag- en hebsugtige heersers moet veg.

John ·

Alle Jode is Israelite, maar nie alle Israelite is Jode nie. Israelite wat uit die stam Juda kom word Jode genoem. Dit behoort algemene kennis te wees, klaarbleiklik nie.

BenaYaHU ·

@John
Valse setelling op soveel vlakke – jy behoort weereens jou navorsing te doen, en inderdaad sonder enige vooropgestelde idees en persepsies.
Shalom!

andre ·

nou wats jou punt en wats dit te doen met wat gebeur het….slim jan

Staak saam ·

Dankie tog hy het nie die “K” woord gebruik nie anders het die hel sonder vergewing op hom neer gereen.
As hy maar net sy mond toe gehou het dan het almal gedink hy is sot maar hy het hom oop gemaak en nou weet almal dit.

Hanna Hoekom ·

Die blanke volk, en veral ons boere, word omtrent daagliks openlik en deur politieke leiers met die dood gedreig… En tog kom daar dadels van! Almal is horende doof en siende blind vir ons lot. Moet tog net nie iets van n swart persoon (of Jood) kwytraak nie! Dan is die herrie los. Kyk, wat reg is, is reg. En wat verkeerd is, is verkeerd. Hoekom moet sekere groepe uitgesonder word?

Jan ·

Omytwnt al die leiers van die kommunistiese party is jode….

Haan ·

Netso Jan. Ook: Stigter van umkhonto we sizwe – ronnie kasrils. Stigter van SAKP – joe slovo.

Blaarman ·

Hulle kon nie die seun se identiteit vasstel nie, aangesien hy haar op Whatsapp blokkeer het.

Hendrik ·

Ja nee… shame… Tot jy haar Fb pic gaan kyk dan dink jy twee keur… My dogter sal nie sulke pix op haar Fb post nie…

Verlore siel ·

Ons ou kindertjies van vandag darm! Almal van hulle is “professional victims”. Wat is die oplossing? As iemand se woorde jou pla, sit jou foon af, maak die webtuiste toe, ignore dit ens. Flip maar vandag bloeiseltjies se gevoelens is maar broos. Hulle voorouers het in n oorlog geveg en hemel vergoed iemand sê net iets om vandag se kinders se gevoelens seer te maak……

Gerhard ·

Ek neem aan iemand wat kla oor haatspraak teenoor Afrikaners soek ook net aandag?

Abe ·

Gerhard,
Al wat ek van foto’s op haar FB blad kon aflei is dat sy ‘n baie mooi skooldogter is. (En ‘n goeie fotograaf ken.)

Beulah ·

Andre is 100 persent korrek. Wat is vals aan sy stelling???

Jan Alleman ·

Jy is heeltemal reg! Wits se visiekanselier tweet sommer ‘n student geluk op sy “One settler, one bullet” snert en ons word elke dag met die dood deur die ANC en Mnr. ” we’ve not called for the killing of white people, at least for now” se party gedreig. Blankes better begin wakker skrik en saamspan. Ons moet die anti-blanke wêreldorde begin beveg!

MARIUS ·

Het iemand al gaan kyk wat het met die duitsers gebeur na die oorlog. Dit was n slagting wat mens nie in woorde kan saamvat nie. kOMAAN GAAN GOOGLE DIT!!!!

Paul ·

Maar hul vet is nie uitgebraai en koekies seep van gemaak nie.

DewaldS ·

Ja – aan die einde van die oorlog is in baie dorpe en stede is so-te-sê al die vroulike Duitsers tussen die ouderdom van 8 jaar en 80 jaar verkrag en baie van hulle ten aanskoue van hulle familie-lede ook vermoor.

In Dresden se lug-aanval is die mense (meesal vrouens en kinders) se vet wel uitgebraai in die vuur wat doelbewus deur die bom-metode gestig is. Die vet het in die strate en reine afgeloop. Dresden was ‘n misdaad-teen-die-mensdom, maar niemand is ooit daaroor vervolg nie – Churchill was inteendeel ‘n held na die oorlog.

Danie ·

Die seun het geen verlede van so iets ergs wat met sy voorgeslagte gebeur het nie.

Die duitsers het die idee van die engelse af gekry ,toe hulle gesien het hoe dit in Suid Afrika gedoen word met die Afrikaners in konsentrasiekampe.

Die duitsers het mense net vinniger om die lewe gebring as wat die engelse die boere kinders en vroue van die honger en siektes in konsentrasiekampe laat sterf het.

Petro ·

Wat word van vandag se kinders.
Is dit regtig al wat oogebly het om so gemeen te wees

Gerda ·

Jy kan maar stry en baklei en alles wil ontken maar die Jode is en sal altyd God se uitverkore volk wees. Raak aan God se uitverkore volk en jy raak aan Hom.
Die Jode God volk en almal wat nie Jode is is geklasifiseer as heidene. So ons tel onder heidene en as ons ons bekeer en Jesus Christus as jou enigste ware Verlosser aanvaar is jy n ware geredde kind van God.

SNEL ·

Stem 100 % saam Gerda, maar ek kan byvoeg, al tel ons onder heidene, raak ons kinders van Abraham as ons tot bekering kom en erfgename, so dan tel ons soos n Jode. Dink dit staan in Galasiërs.

Frans C ·

WAt jy daar sê is nie meer langer geldig nie.Die ou verbond het verby gegaan.God het nie die verbond vebreek nie,maar wel sy volk.Daarom is hul weggevoer en verstrooi oor die aarde.
Jesus het tevergeefs probeer om hulle die eerstelinge in ‘n nuwe verbond te maak,maar ook Hy is verwerp.In Lukas 14 sal jy Jesus se uitnodiging vind.Kyk wie soek almal verskonings.Die genooides-die mense onder wie Jesus sy verlossingsboodskap begin predik het.

Dat die ryk man hom naderhand vervies het is duidelik uit:
“23-24“‘Nou ja, dan moet jy nog mense gaan soek,’ sê die huisheer. ‘Gaan keer almal voor wat met die hoofpad hier naby verbyry. Ja, en gaan ook daar na die winkelsentrum toe. Keer almal voor wat jy raakloop en smeek hulle om na my fees toe te kom. Moenie nee vir ’n antwoord vat nie. Hou aan totdat hulle ja sê. Sleep hulle saam met jou hierheen terug as dit moet. My huis moet vol word. Maar daardie ander spul wat genooi is, sal nie hulle monde aan my kos sit nie.’”

Moenie as jy Jesus se uitnodigin hoor verskonings uitdink nie,want dan gaan Jesus hom
vir jou vervies en die mense wat jy verag sal aansit by sy tafel in sy koninkryk in die teenwoordigheid van sy Vader.Hulle is uitverkore volk.Is jy deel van dit?

Jack ·

Dit is verbasend om te sien hoeveel moeite ‘n imbesiel kan doen om sy minderwaardigheid ten toon te stel.

SNEL ·

Stem 100 % saam Gerda, maar ek kan byvoeg, al tel ons onder heidene, raak ons kinders van Abraham as ons tot bekering kom en erfgename, so dan tel ons soos n Jode. Dink dit staan in Galasiërs.

Piet ·

Daar is persone wat met reg die hoeveelheid Joodse persone wat oorlede is in die oorlog bevraagteken, hulle noem onderandere dat die totale hoeveelheid Jode onder Duits beheerde Europa minder was as die totaal wat blykbaar vermoor is, die syfers klop nie mooi nie.

Gerhard ·

‘n Mens kan dag en nag stry oor hoeveel Jode presies deur Nazi-Duitsland vermoor is, maar dat dit gebeur het is oor en oor bewys. Selfs al was dit net ‘n tiende van die beweerde getal was dit steeds ‘n volksmoord.

Etienne Prinsloo ·

In the words of Cicero: He that has no knowledge of that which transpired before the day of his birth, is cursed to live his life as an eternal child.

Piet Snot ·

Ek kan jou ‘n brief gee Etienne, Cicero het nie Engels gepraat nie.
Jy kan dit maar in Afrikaans sê.

Schalk ·

Ai mense gaan die feite na. Ware feite dit is n sensitiewe saak.As suid afrikaner die engelse het nog erger dinge met die boere se kinders en vroue gedoen.Onder die Roomse pous is miljoene chritene ter wille van kleindoop dood gemaak.In afrika maak moslem ekstremiste oor die afgelope paar jaar miljoene christene dood.Julle bollie oor twak kyk hoeveel mense word daagliks in SA vermoor verkrag mishandel suiwer jul eie etniese groepe van die gemors onder julle en loop self die regte pad.NS die 6 miljoen is propaganda kom al van 1892 af.Israel is geskep deur Rothchilds en Hershell.Doen tog jul huiswerk die grond het Rothchild gekry om USA betrokke te kry om die engelse te red van oorlog nederlaag eerste.wereld oorlog. Toe was die tafel gedek.Ondersoek project hammer van FW de Klerk. 5 ton goud en trljoene. hoe hy die Griek gevat het.Hy het George Soros se hand gevat net soos Ramaphosa, Ons is uitverkoop aan globalists.Nou kan julle Oo en Aa.Mooi dag ons moet wakker raak

Gerhard ·

En dit regverdig dit totaal en al om ‘n boodskap vir ‘n 18 jarige kind te stuur dat sy in ‘n volksmoord moes gesterf het? Genade.

Jan ·

Alle tegniese en wetenskaplike navorsing oor die sg holocaust word verbied en verban.waarim nogal…

Haan ·

Schalk moet nou nie met FEITE kom nie. Hier sanik ons slegs deur emosies en treur oor al die koekies seep.

Jan – die waarheid vrees geen ondersoek… Wys jou hoeveel waarheid agter die holocaust steek

John ·

Slaan na!… Typhus in duitse konsentrasie kampe. Leer iets. Daarna the bombing of Dresden! Ek dare jou!

Ekke ·

Ouers met tieners MOET gereeld hul fone na gaan. Moenie met oogklappe rondloop nie. Geen tiener mag hul foon wegsteek vir hul ouers nie. Dis verskriklik wat hul deesdae vir mekaar stuur.

Louwkie ·

En ons moet net aanvaar die dat die joodse hulp aan die ANC was reg gewees ???
Neem daai deel van die joodse invloed in Suid Afrika in ag en meer mag dalk soos die seun voel.

Gerhard ·

Dit het niks met die saak uit te waai nie. Jy kan nie in seker gevalle huil oor vergrype en dit dan goedpraat in ander gevalle nie.

Louwkie ·

Nog iets gaan kyk na die invloed op multi culture advertensies, Kyk die joode sit agter dit, hulle wil van die blanke volk ontslae raak ons moet verbaster word.

Landi ·

Wanneer het die volkie se belangrik geword dat hulle op die hele wêreld se “haal-hul-uitlysie” is? Liewe hemel, sulke arrogansie… Sies tog.

Dom ·

Boohoo…… Wanneer het die mens so sensitief geraak. Pateties man

Jollie Jacqueline ·

Rerig Dom? Lol. Is jy okay daarmee dat kinders geboelie word ook? Want dit is wat boelie is, is om iemand anders te verkleineer. Boohoo Dom.

Groot grap ·

Mense kan hulle bene afhardloop en groot lawaai maak van onstelstenis as dit gaan oor sg wit-teenoor-swart rassisme, anti-semitisme, diere, kinders en anti-gay/lesbian, maar selfs diere regte, maar openlike diskriminasie en swart-teen-wit rassisme is gewettig in Suid Afrika, is heeltemal toelaatbaar en word onder die mat ingevee. En dis ‘n feit

Derick ·

Toe Jesus op die Aarde gewandel het was hy ook n Jood. Ek kan nie glo dat Christine teen die Jode kan wees nie. Die Jode is die uitvekorene volk van God.
Shalom aan al die Jode.
Mag God julle seen en beskerm.

Werner ·

Weet nie eers hoekom dit die nuus haal nie baie plaasmoorde wat veel erger is haal nie eers die nuus nie

Twakkie ·

Ten minste staan die Jode saam. Afrikaners baklei so onder mekaar, hulle het nie eens vyande nodig nie. En die anti-Semitisme slaan sterk deur in verskeie van die kommentare hier. Soveel van die haat teenoor Jode is bloot omdat hulle meestal so finansieel suksesvol is. Afguns is ‘n lelike eienskap.

christa ·

ons mensdom moet ons minder steur aan wat ander se, eender afvra wat se die Heer. Vergeet ander mense se seining en leef jou lewe soos dit van jou verwag word. Hy sal sy straf kry, as dit nie nou is nie, is dit hiernamaals. Onthou as ons hom nou straf, was hy klaar gestraf.

E.K. die eerste ·

Ek kan weereens nie glo hoe mense stry en aangaan nie. Iemand, soos hierdie seun wat sulke walglike goed oor en van ander mense sê kort ordentlike straf. Mens sê NOOIT sulke goed oor iets verskrikliks wat mense aangedoen is nie – maak nou nie saak of jy van hul ras/nasie watookal hou nie dis absoluut onverskoonbaar.

DewaldS ·

Die definisie van ‘semities’ is mense wat die semitiese tale praat. Dit is dus mense wa t Hebreeus, Arabies and Aramees en ‘n paar ander van die ‘ouer’ tale praat. Daai definisie sluit baie ander mense in behalwe die Jode of die mense van die staat van Israel. Dit sluit ook die palestyne in en in werklikheid ‘n groot persentasie van die inwoners van die hele Midde-Ooste in. Wat die seun gedoen het, is tog ‘n anti-Joodse optrede?

Die gebruik van die woord ‘anti-semities’ is dus onvanpas en wat ons seker ‘n ‘gelaaide term’ kan noem? Ander gelaaide terme wat deesdae ook so rondvlieg en wat al hoe minder betekenis het agv van die onoordeelkundige (en dikwels verkeerdelike) gebruik daarvan is woorde soos ‘rassis’, ‘ver-regs’, ‘nazi’, ‘liberaal’ ens..

benaYaHU ·

@DewaldS
“semities” verwys eintlik na die afstammelinge van Shem.. en dis beslis nie geoordeel aan enige taal en sluit beslis nie die “groot persentasie van die inwoners van die hele Midee Ooste in” nie!
‘n Halwe waarheid gee aanleiding tot ‘n valse lering/siening .. en daarvan is daar baie wat deur die sogenaamde ‘gelowe’ aanvaar word.
Shalom!

DewaldS ·

Nee wat, my definisie van wie as Semities beskou kan word is deeglik nagevors en word deur duisende bronne ondersteun. Ek kon nie een geloofwaardige bron kry wat jou definisie ondersteun nie. Jou definisie is ‘fake news’.

Roger ·

Laat Afrikaners weer hieruit leer. Die Jode staan saam as hul verontreg word…ons steek mekaar in die rug. Dit is waarom Afrikaners altyd die martelaar sal bly. Te veel dwarstrekkers en huigelaars. Die grootste vyand in binne eie geledere.

Niel ·

ek lees met teleurstelling al hierdie kommentare. swart mense staan saam met sekere gebeurtenisse ens. En met die gebeur van hierdie jong Joodse dame wys dit ook hoe self die Joodse gemeenskap saamstaan, en hoe hulle haar hoop gee oor haar identiteit, en haar trots laat voel sy is ‘n Jood. Tereg moet die vraag ook vir ons blanke gemeenskap gevra word, staan ons saam? Ek sien al meer en meer mense wat nie werklik saam stem oor ‘n saak nie. En so gemaklik van hulle rusbank veroordeel, “opstook”, kommentare gooi, maar as ons vra kom staan saam, Dan gaan dit nie gebeur nie, want ons blanke mense het ons identiteit verloor. Waar pas ons in? Waar lê ons kultuur-wortels? Die Zulu het hulle tradisionele drag, en deesdae met kulture drag as daar aan kompetisie deelgeneem word – dan word die Zulu drag gebruik of so.. Is dit ons identiteit?

Judge Dredd ·

Dis verskriklik wat met die Jode gebeur het.
Tog, net 40 jaar vroeer het die Britte die boere in konsentrasie kampe gesit, en daar word oor dit geswyg deur die media en internasionale gemeenskap.

Blaarman ·

Die lot van die Afrikaner en die lot van die Jode – soveel ooreenkomste…

Jong dame, daar gaan altyd diegene wees wat jou haat as gevolg van jou genetika. Dit is nie net Jode wat dit ervaar nie. Dit is jammer, maar dit is hoe die wêreld werklik is.

Aanvaar dit, beweeg aan, laat sak jou kop… en werk aan ‘n beter toekoms.

Mickey ·

My pa het altyd gesê: Laat die son oor almal skyn en ook dat vreindelikheid niks kos nie. Hier is net te veel haat en veroordeleing oor die wêreld. Is dit nie maar die eind tye wat in sig is nie. Ek lewe om hemel toe te gaan dit is op die einde tog maar ons eindbestemming. Leer jou kind om boelie bestand te wees. As n boelie iets sê wys jou kind dan wat God sê….so maklik soos dit! Ps: God se woord wen altyd.

Hary ·

Ek wonder wat sy in haar boodskap eerste aan hom gese het? Dalk het sy hom omgekrap….

ZAR ·

Ek dink meeste mense is reg om hierdie nuus te bevraagteken. Natuurlik is dit verkeerd om iemand dood te wens, maar dit gebeur elke dag met almal en dit is nie nuuswaardig nie. Ja, dit was verkeerd van die seun, maar ek is bekommerd oordat dit die hoofstroom media op hol het. My kinders is al baie kere lelike goed genoem, maar nog nooit was my eerste gedagte “hey kom ek vertel dit aan die Rapport” nie. Hierdie is absolute sensasie-soekende propaganda. Dis goed dat mense dit bevraagteken (nie die waarheid daarvan nie, maar die nuuswaardigheid daarvan)

Abe ·

ZAR,
Laat dit aan die media oor om oor die nuuswaardigheid van n saak te besluit. Hulle het kundigheid oor die belangstellingsveld van hulle publiek. Daar is geen twyfel oor die belangstelling, di. Nuuswaardigheid, wat hierdie berig getrek het nie. Kyk na die reaksie van die kommentators!

E.K. die eerste ·

ZAr – daar is ‘n groot verskil om iemand toe te wens om dood te gaan en wat hierdie seuns mee gespot en die meisie toegewens het. Maak nie saak watter geloof mens aanhang of watter kleur jy in die geval is, as jy jouself mens wil noem (gaan slaan gerus die betekenis van die woord mens na as jy dit nie verstaan) KAN jy nie sulke veragtelike dinge aan ‘n ander toewens nie,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.