Joodse raad vies vir Pandor oor Israel-uitlatings

Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerkende regering. (Foto: Twitter / Dirco)

Die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes (SAJRA) het uitgevaar teen Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerkende regering, se “verregaande vergelykings” tussen die Russiese oorlog in Oekraïne en die jarelange konflik tussen Israel en Palestina.

Wendy Kahn, SAJRA se nasionale direkteur, sê egter dat daar geen moontlike parallelle tussen Israel wat sy burgers teen “terreuraanvalle verdedig en Rusland se onuitgelokte oorlog van aggressie teen ’n soewereine land” bestaan nie.

“Van al die ongeregtighede wat vandag in die wêreld plaasvind, is die enigste wat Pandor blykbaar bekommer, dié waaraan Israel volgens haar aan skuldig is. Na haar mening is dit net die Joodse staat wat in die beskuldigdebank sit en prontuit veroordeel moet word,” het Khan Maandag in ʼn verklaring gesê.

Maroela Media het vroeër berig dat Pandor “bekommerd” is oor die Verenigde Nasies se besluit om Rusland weens die oorlog in Oekraïne uit die menseregteraad te skop.

Sy het ook na die VN gekap en gesê daar is oënskynlik ʼn wanbalans is in die manier waarop die instelling gebruik word.

Die minister het onder meer verwys na Israeliese aanvalle op Palestina en sê die wêreld het versuim om op ʼn soortgelyke manier teen Israel op te tree. Pandor sê die regering sien Palestyne nie anders as Oekraïners nie, maar meen die wêreld tree op asof Palestynse lewens minder werd is as Oekraïense lewens.

“Dit is eerlikwaar skokkend dat haar jongste weeklag boonop op ʼn tydstip kom wat Israel aan ’n vlaag dodelike terreuraanvalle onderwerp is. Nodeloos om te sê het Suid-Afrika niks te sê gehad in reaksie op hierdie gruweldade nie. Dit is eers wanneer Israel op aanvalle reageer dat dié land [Suid-Afrika] sy stem vind,” het Kahn gesê.

Kahn het verwys na ʼn reeks hernude aanvalle deur Palestynse magte op Israel die afgelope twee weke. Die mees onlangse aanval verlede week het die lewens van drie Israeliese burgers in Tel Aviv geëis.

Israel het ná die aanvalle die Wesbank-distrik van Jenin in Palestina ingeval, waartydens minstens drie Palestynse burgers, onder wie ʼn 17-jarige seun, glo oor die afgelope naweek deur Israeliese magte doodgeskiet is.

Luidens berigte is Jenin die tuisdorp van die aanvaller wat glo vir die aanvalle in Tel Aviv verantwoordelik is.

 

Benewens die aanval in Tel Aviv is 14 mense sedert 22 Maart in vier aanvalle in Israel dood, wat ook deur ’n Palestynse aanvaller van Jenin uitgevoer is.

AFP berig dat minstens 13 mense oor die dieselfde tyd in Palestina dood is, onder wie drie aanvallers.

“In ’n nou algemene deuntjie poog Pandor om Suid-Afrika se versuim om die Russiese inval te veroordeel en die veelvuldige barbaarshede wat gevolg het, weg te verduidelik deur te sê dat ‘Suid-Afrika nie kant kies nie’ en om Suid-Afrika se rol as bemiddelaar te prioritiseer,” sê Kahn.

Volgens haar sou Pandor se ondeurdagte, veroordelende en eensydige standpunt oor Israel lagwekkend gewees het indien dit nie so skadelik en vernietigend was nie.

“Wanneer dit by die Joodse staat kom, blyk die minister se standpunt, en dié van die regering wat sy verteenwoordig, doelbewus uitlokkend en diskriminerend te wees. Terwyl Suid-Afrika konsekwent niks te sê gehad het oor ander veel meer verwoestende konflikte reg oor die wêreld nie, was hy buitengewoon vyandig teenoor Israel.”

Kahn verwys na die regering se uitreiking van veroordelende verklarings en démarche-bevele aan Israeliese diplomate, die terugroep van Suid-Afrikaanse ambassadeurs vir konsultasie en deur met afgraderings van sy ambassade te begin.

“Daarenteen was sy reaksie op die verwoesting wat teen Oekraïne aangerig is om in die openbaar by Russiese diplomate aan te sluit om diplomatieke betrekkinge te vier. By die VN ondersteun Suid-Afrika enige resolusie om die Joodse staat te demoniseer, maar kan homself nie sover kry om hom in lyn te bring met die groot meerderheid van nasies wat teen Rusland se wettelose aggressie gestem het nie.

“Wat minister Pandor se bewering betref dat Suid-Afrika poog om te bemiddel in globale konflikte, klink dit duidelik leeg in die lig van sy boikot-beleid en ontkoppeling wanneer dit by Israel kom.”

Kahn sê sy is egter nie verbaas deur Pandor se uitlatings nie.

“Net soos die minister haarself nie kan kry om die verwoesting en menslike lyding wat die Oekraïense volk toegedien is, te erken nie, so het sy haarself nooit bemoei met die reg op veiligheid en sekuriteit van Israeliese burgers nie.”   Kahn sê hierdie voortslepende optrede deur die regering beklemtoon waarom Suid-Afrika nie meer as ’n geloofwaardige speler op die internasionale verhoog beskou word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Swerwer ·

Stem, sy moet liewer stilbly. Die ANC swyg oor wat in ons land aangaan maar het ‘n mond vol oor ander.

Jack ·

Dit is tragies om iemand wat so onkundig en onbevoeg is in ‘n minister pos te sien.Sy verteenwoordig SA maar sy het nie regtig ‘n benul nie.Die SA sirkus vereis geen kwalifikasies en ‘n kriminele rekord help baie om plek te kry in die tent.Niks gaan verander nie en ons sal maar net kan kyk en ons koppe skud vir die kaders wat iets probeer wees wat heeltemal bo hulle vuurmaakplek is.

Lourens CFG ·

Jack, ons hele regering is onkundig en onbevoeg, daar is 1 of 2 wat amper bevoeg is, maar ook nie heeltemal nie.
Ek skaam my dat húlle óns land verteenwoordig.

Thom ·

Mens kan jou maar net skaam vir ons regering : lui , oneerlik en n verleentheid vir intelligent geselsskap.

Wondermaarnet ·

Dit gebeur wanneer ongeletterde mense ‘n eier wil lê.

Owlie ·

Dit is so onprofessioneel om uitlatings te maak as jy nie n idee het waarvan jy praat nie Dis tyd dat daar in alle erns teen lede van die regering op getree word wat skadelike uitlatings maak Dis mense wat hier onnodig deur die minister aan gevat word

JohanR ·

Oe my gooiste nog ‘n 100 jarige behoort in die outehuis kopdoek! En daar skrik Israel toe SA praat!

Di ·

Hierdie spul wil altyd hulle uitlaat oor ander lande se dinge maar o wee . . . hierdie land is erger as Sodom en Gomorrah – ANC kaders is die GROOTSTE RASSISTE wat als op APARTHEID blameer. Skoenmaker hou jou by jou lees

Dup ·

SA hou nie van lande wat kan verbeter en bou nie.Palestina het ñ oase in ñ woestyn verander en Israel ñ woestyn in ñ oase.Kan min. Pandor vir ons verduidelik wat Rusland in Oekraine soek?
Hopelik sal Rusland eersdaags vir oorlogsmisdade verhoor word en min Pandor en haar mede kaders sal dan seker ook die verhore veroordeel.”You cannot argue with stupid”.

Marthinus W ·

Israel is eintlik n mislukte staat. Al wat hulle aan die gang hou is Amerikaanse geld, en geld wat hulle van Duitsland afpers oor die 2WO. (n Onlangse verslag wys dat 50% van hul Holocaust-oorlewendes in uiterste armoede leef – die geld wat hulle moes ontvang word gebruik vir wapens.)

Rusland is in Oekraine om baie redes, bv. 1] Kief wat Russies as taal onwettig verklaar het, en die mense in die Donbas praat Russies as moedertaal. Hulle word daarom as “terroriste” geklassifiseer, en sedert 2014 word hulle deur NAvo-wapens gedood [tans reeds 14 000] 2] Die Nazi-eenhede Azof, Swoboda, Regse Sehtor, lei neo-nazis van regoor die wereld op, waarna hulle na Swede, Nieu Seeland, ens gaan en mense doodskiet. 3] Amerika wil Rusland vernietig – Biden het nou die dag in Pole dit bevestig, en gebruik Oekraine as skild. [artikel 51 van die VN bepaal dat Rusland in so n geval dit kan gaan vernietig] 5] ens..

Johann ·

Sy doen bloot voort aan wie en wat sy is en verteenwoordig…n terroris…anargis…comrade… In die sak van al haar en haar ANC kaders se mede massamoordenaars. Ken nie van feite nie! En beslis NIE sprekend namens die meerderheid ingeligte SAners nie! SHAME ON YOU AND YOUR COMRADES!!!!!

RB ·

Daar is Skrif wat sê dat selfs n dwaas sal wys geag word as hy sy stil bly.
Nou ja, dwase bly moeilik stil, daarom dat hul dwaasheid so ooglopend is – moet mos uitbasuin.

Selfs die wat min weet, weet dat daar nooit ware vrede in die midde ooste en spesifiek teen Israel sal wees nie. Jy is welkom om nie saam te stem – dit sal net 1 van 2 dinge beteken: jy weet nie wat in die Woord staan òf jy glo nie die Woord nie.
Wag dan maar en sien, want hier kom ‘n ding en Rusland speel ‘n geweldige groot rol in al diè gebeure.

Anel ·

Nogal jammer dat sy nie sê dat sy slegs vir die ANC praat nie. Ons regdenkende mense stem nie saam met haar nie. Sy is ‘n skande net soos die anc. Die wêreld lag in elke geval vir hulle. So komunisties soos kan kom.

Pieter9 ·

Ek dink dit is Einstein wat gese het “the difference between stupidy and genius is that genius have its limits”… vasbyt Pandor en ANC comrades, geen einde in sig!

SjN ·

Hoop die buitelanders wat so graag n eier te le het, kan die kaders se vermoe en kundigheid insien.

koos ·

Dit is nou al herhaaldelik bewys dat regeringsamptenare wat kopdoeke draai, se natuurlik-verminderde breinvermoë oorverhit sodat hulle al hoe meer van al hoe minder weet totdat hulle alles van niks weet nie.

Sanja ·

Naledi Pandor se eerste reaksie was om haar teen Rusland se optrede uit te spreek maar Cyril Ramaphosa het haar oor die vingers getik en moes sy haar deuntjie vinnig verander. Wat sy nou kwytraak is duidelik wat van haar verwag word van die ANC anders was sy kniediep in die sop! Dis duidelik dat sy ‘n rede moes uitdink hoekom die ANC buite stemming bly en dis die beste waarmee sy vorendag kon kom…

Jr ·

Ek wil hê Israel moet besef dat dit NIE SUID AFRIKA SE MENING MAAR DIE MENING VAN DIE cANCer party. Hulle verteenwoordig hulle party en die DIE wat vir hulle stem en die EFF’ERS nie die res van ons. Sy is nie die skerpste potlood in die pakkie nie

casper ·

Vergewe haar want sy het nie ‘n idee wat sy doen nie !!!!

Lesly ·

Soos die ou gesegde se: beter dat sy stil bly en almal dink sy is dof, as wat sy praat en almal weet sy is dof

Manie ·

Die regering en sy amptenare praat hulself daagliks meer en meer in onguns by beskaafde lande. Hulle sal wel die gevolge van hulle uitsprake agterkom wanneer die krane toegedraai word en dan met groot verontwaardiging vra hoekom.

Nie Verbaas ·

Sê die wat nie eens hulle eie land kan bestuur nie. Bly liewer stil en moenie mense meer bewus maak van hoe minder geskik julle eintlik vir julle posisies is nie.

Mariana ·

Vee eers voor jou eie land se deur voor jy jou mond uitspoel oor ander. SA is nou nie eintlik meer die vreedsaamste land in die wêreld nie. Hier heers ook oorlog elke dag tussen kriminele en die gewone wetsgehoorsame burgers. Maar dit is duidelik wie se lewens belangriker is as ander vir haar. Slegs een vergelyking kan getref word en dit is dat geen oorlog, waar ook al enige iets goeds vir menselewens inhou nie.

Agge nee ·

As jy jou mond toe hou, dan val jou onkunde nie uit nie.

Jannie van Niekerk ·

Agterkleinkinders…Hulle is albei digby die 100 jaar ouid.

philippus ·

ANC wil so neutraal bly in Rusland Oekraine konflik. Tog met Palestine en Israel wil die regering met die terroriste kant vat. Tipies hulle siek dubbele standaarde

Marthinus W ·

Op 2 Nov 1917 skryf Arthur Balfour, Britse minister van buitelandse sake, aan Lord Rothschild: “His Majesty’s government views with favour the establishment in Palestine of a national home for the Jewish people…. it being clearly understood that nothing shall be done which may prejudice the civil and religious right of existing non-Jewish communities in Palestine, or the rights and political status enjouyed by Jews in any other country”.

Met ander woorde: die Jode en nie-Jode moet in vrede saamleef in Palestina. Toe begin die Sioniste met terreuraksies: hotelle word opgeblaas, Britse soldate vermoor, onwettige immigrante word aangemoedig om soontoe te gaan, die skip “Exodus” word met honderde immigrante in Haifa-hawe ingestuur. Weens die druk, gee Brittanje bes, en in 1948 word n Joodse staat, Israel geskep, ten koste van die bestaande mense. Sedertdien word hulle gedood en hul grond gevat. Israel is ook skuldig aan “wettelose aggressie”.

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

En so hang die agbare minister se kommunistiese onderrokkie maar lelik uit. Hierdie tipe van gedrag gaan nie ongesiens verby nie en mense vergeet sulke oënskynlike klein, ongeregtighede maar moeilik. Ek voorspel dat dit iewers in die nabye toekoms die ANC lelik aan die bas gaan byt. Tyd sal leer, laat die geskiedenis maar die regter speel.

Jakes ·

As n mens dom genoeg is om die agbare minister ernstig op te neem in enige iets wat sy kwytraak dan kry vir jou. Sy moet eerder ernstig aandag aan haar werk gee wat veel te wense oorlaat.

Dries ·

Wonder wat sê die pro- Putin mense. Stem seker saam met Pandora

Pieter ·

Ja kyk, so sal ons mensdom leer om dinge nie half te doen soos die Here beveel nie…

Yvonne ·

Die klomp ANC kaders is nie eers in staat om hulle eie land te regeer nie,,,arrogante spul

Eclectus ·

Sy sou dalk meer aangenaam gewees het as dit nie was vir daardie gat in haar gesig waar geluide uitkom nie.

Charl ·

Natuurlik sal sy ”bekommerd” wees, sy en haar mede anc terroriste is so diep in Rusland se agterkant ingekruip ‘dis om van te kots ! Wat wil jy ”bemiddel”, julle kan nie eers in julle eie land dinge bemiddel nie ?? Waar het die meeste van hierdie anc kaders destyds hul opleiding ontvang ?? Kommunistiese Rusland, rooi China en meeste van die kommunistiese satelietstate, so daarom sal nie een van hulle standpunt inneem teen Rusland nie ! Ek staan heelhartig agter Israel (een van die min lande wat ons gedurende die boikot jare van die 70’s & 80’s bygestaan het), ek hou van ‘n man wat sy man kan staan, ek hou van ‘n man wat sy slag kan slaan !! So, madam kopdoek, kry jou feite reg en jou varkies mooi in ‘n ry voordat jy jou mond oopmaak want daar kom in elk geval net ‘n klomp mis uit.

Jaco ·

Die Palestyne is ‘n minderheidsgroep waarvan Israel nie baie hou nie. So toe gee Israel vir die Palestyne die Palestinian Authority, wat maar basies ‘n selfregerende tuisland is. Die res van die wêreld is só jammer vir die Palestyne dat hulle die Palestyne help en die Palestinian Authority erken. Israel laat ook buitelandse belegging in die Palestinian Authority toe. Ek gee toe, dis VER vanaf ‘n 100% onafhanklike Palestynse Staat, maar dis beter as niks.
Die ANC kan mos dieselfde met die gehate wit mense in SA doen: “dump” ons in ‘n tuisland in die Wes-Kaap, laat buitelandse beleggings daar toe, belas dié tuisland hoog en uiteindelik wen albei groepe. Wit mense is op hulle eie en die res van SA cash in uit belasting op die wit tuisland se florerende ekonomie.

Jacobus ·

Gelukkig glo ek in die waarheid van die Bybel, waarin staan dat God ‘n belofte aan Abraham gemaak het, wat Hy nog altyd in stand hou. Dit beteken dat almal wat Israel wil uitroei, sal dit ontgeld, gewoonlik met groot lewensverlies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.