Joodse-raad waarsku teen afgradering van ambassade

Vlag van Israel (Foto: PublicDomainPictures, Pixabay)

Die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes (SAJBD) het gewaarsku dat daar geen voordeel daarin is om die Suid-Afrikaanse ambassade in Israel af te gradeer soos wat deur die ANC beplan word nie.

Die SAJBD het Dinsdag in ʼn verklaring gesê hy stem saam met die ANC se pogings en toewyding om die lewens van alle Suid-Afrikaners te verbeter en sy beloftes na te kom om ekonomiese groei te verbeter en betekenisvol aandag te gee aan ongelykheid en werkloosheid.

“Ons wil egter weer eens die regering afraai om die Suid-Afrikaanse ambassade in Israel af te gradeer.”

Die SAJBD voel dat dié skuif ʼn groot en diverse kieserafdeling negatief sal beïnvloed.

Maroela Media het vroeër berig  die ANC het by sy 54ste nasionale konferensie die besluit geneem om die Suid-Afrikaanse ambassade in Israel af te gradeer na ʼn skakelkantoor. Volgens die ANC is die besluit geneem “om praktiese uiting te gee aan die party se ondersteuning van die onderdrukte mense van Palestina.”

Die drukgroep South African Jews for a Free Palestine (SAJFP) het die besluit geloof ten spyte daarvan dat die SAJBD en die Suid-Afrikaanse Sioniste-federasie dié besluit veroordeel het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Selfbeskikking ·

Kom ons staan saam met Israel en die bruinmense en koisan wie die oorspronklike eienaars is, en onderhandel vir ons eie tuislande, wat mekaar sal bystaan en opbou.

Chrisjan ·

Rupert. Die gedeeltes waarna jy verwys in Daniel en Openbaring het reeds in 70 nc gebeur.
Vergelyk jou Bybel en die geskiedenis dan gaan jy agterkom daar is baie lank vir ons gelieg.

Staan Op! ·

Chrisrine. Dis juis die leuen wat hulle (RKK) wil hê ons moet glo; dat daardie profesieë vervul is – dis ‘n propaganda van die RKK waarvan jy praat. Want as mensw hul leuen glo dat moet jy ook glo dat die koms van die anti-chris (man of perdition) ook al verby is. En dir moet beslos nog kom.

marous ·

Israel het niks van hierdie land nodig nie. Hulle moet die ambassades sluit en as dit hul eiendom is vernietig. Hulle behoort verder alle vorme van steun te onttrek insluitend hulle besighede en burgers. As diegene wat daarvoor gevra het begin kerm , moet hulle die rug gekeer word …vir ewig.

Chrisjan ·

Staan op.
Dit is juis waar jy die fout maak. Jesus se al die dinge sal in daardie geslag gebeur. ‘n Geslag in Bybel terme is 40 jaar. Dit het dan presies so gebeur net soos Jesus voorspel het. Gaan ondersoek dit gerus.
Mat 24:33 So weet julle ook, wanneer julle ál hierdie dinge sien, dat dit naby is, voor die deur.
Mat 24:34 Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie.

Hennie ·

Daar bestaan nie iets soos Palestina nie, het nooit sal ook nooit.

Eish ·

Hartseer geskiedenis.
Amateur Joodse geskiedkundige, Tsvi Misinai, beweer dat ongeveer 90% van alle Palestyne Joodse afstammelinge is wat deur Moslems wat die gebied ingeneem het, gedwing is om die Moslem geloof aan te neem, of die land te verlaat. Die jaar 1012 deur Caliph el-Hakim wat die dekreet uitgevaardig het. 32 jaar later is die dekreet her roep maar slegs 27% het weer die Joodse geloof aangeneem. Ander toerieë wil dit hê dat die Moslem geloof eers tydens die Ottomaanse ryk aangeneem is.
Hoe dit ookal sy, die meerderheid Palestyne het Joodse voorgeslagte en die oorlogskatalisator, godsdiens.
Daarom dat Yeshua se gebed vir sy dissipels was om eenheid tussen hulle.

LEKKER! ·

Luister nou mooi vir my ISRAEL, julle het dieselfde fout gemaak as al die Europese lande om die ANC te help om aan bewind te kom en apartheid te verslaan. DIESELFDE mense vir wie julle vir jare ondersteun en geveg het vir ‘gelyke geleenthede’ het julle nou verraai . ek kan LEKKER LAG vir al die Israelies en Australiers en UK en USA en almal wat in die ANC opgekruip was tydens apartheid . hulle het julle nou ALMAL gewys wat hulle van julle dink …

Staan Op! ·

Dis nie Israel wat teen Apartheid was nie – dit was juis die Palesteine wat die ANC ondersteun het teen Apartheid. Dis waarom die ANC steeds teen Israel is en vir die Palesteine.

Oom Kalahari ·

@Hennie, stem heelhartig met jou saam. Dit is en sal altyd Israel wees.

dejager ·

Ek glo nie Israel gaan lang trane huil oor hierdie ANC besluit nie.Suid Afrika word nou vinnig ń muishond-land in die oë van die wêreld.Die ANC se menseregte vergrype skree al hoe harder in die wêreld se ore.
Dit is eintlik ń pluimpie vir Israel.Mens word immers aan jou vriende geken!

Chris ·

Geen land in die wêreld het vriende nie. Hulle het net belange. Die Israel regering tjank nou oor die moontlike afgradering van hul ambassade. Waar was hulle 30-40 jaar terug. Ten hemele geskree en die apartheidsregering en blankes in die land met die Duitse Nazi veldtog vergelyk. Wie tjank nou eintlik, die Israeliete of die Joodse geldmagte wat die land tans nog steeds plunder van minerale soos bv De Beers/Anglo. Waar is die maatskappye se hoofkantore gesetel.

CJ ·

The moment our beloved country turned its back on Israel, the disasters started striking one by one. The Word says it very clearly in Gen 12:3 “Those who bless My people will be blessed. Those who curse [reject] my people, will be cursed.”

Oom Kalahari ·

Die pro-kommunistiese vereniging wil die mag en oorhand he met diktatorskap. Daarom wil hul ontrek uit die wereldhof want hul weet duidelik van hul dade teen die mensdom, hul weet Israel is ‘n sterk Christen volk en is ‘n bedreiging en Israel was nog altyd SA goedgesind. Daar was en is nie ‘n Palestina nie. Van ons volk se Politieke instansies moet gaan gesels om die tafel met Min Benjamin Netanyahu en hom mooi inlig wat die gebeure werklik is om ‘n Christen volk te vervolg en uit te wis.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.