Joost-boek: Hof besluit

Joost in hof

Die hooggeregshof in Pretoria het pas uitspraak gelewer in die dringende hofaansoek waarmee die voormalige Springbok Joost van der Westhuizen poog om ʼn boek oor hom en Amor Vitone te keer.

Regter Eberhard Bertelsmann het onder meer in sy uitspraak gesê Van der Westhuizen kon nie bewys dat stres weens die boek sy gesondheid sal versleg nie, en Joost was gevolglik nie suksesvol in sy aansoek nie. Die omstrede boek or Joost en Amore se huwelik sal dus gepubliseer word soos beplan.

Joost se reaksie was dat hulle dit maar moet aanvaar.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

mariaan ·

Joost het nou gesorg dat Gavin se boek meer publisiteit gekry het as waarvoor hy ooit kon droom.

Annemaré Nortier vd Merwe ·

Ja mnr Gavin Prins…… hoop niemand koop die boek nie. Die mense het genoeg deurgemaak.

Wilna ·

Dalk ‘n publisiteitsfoefie? Juis om die aandag op die boek te kry? Vra maar net.

mariaan ·

Ek stem. Die verkope gaan nou die hoogte inskiet. Wat is in die boek wat ons nie reeds weet nie …. of is daar dalk juis nog ander goed wat hulle liewer geheim wil hou. Mense wat kies om in die kollig te leef, kan nie selektief wees oor publisiteit nie en ook nie die media wil beheer nie. Dit was hulle keuse om hulle privaat lewens openbaar te maak. Hulle moet die goeie en die slegte kan vat … indien nie, moet hulle sorg dat hulle so leef dat daar geen negatiewe publisiteit is nie.

maretha nel ·

Dat mense wil geld maak uit ander se elende, hoe tipe mense is dit.

Johanna ·

Ek sal net nie die boek koop en almal probeer oortuig om ook nie te koop.

Susan ·

Gaan Gavin nou nuwe opspraakwekkende onthullings bekendmaak in sy boek? Nuusflits vir hom!!! Ek dink ons die publiek weet reeds alles wat daar te vertelle is. Klink my sy boek gaan alles saamvat wat oor die afgelope paar jaar gebeur het en ek stel werklik nie belang in n samevatting wat in boekvorm uitgereik gaan word nie. Dit is so n hartseer storie en daarom sal ek nie die boek koop nie.
Wonder of Gavin nog gelukkig getroud is? Of wag, het die huwelik ooit plaasgevind?

F Marais ·

Ai Susan, ek stem saam. Die media het reeds alles uitgeblaker en ek stel regtig nie belang om dit weer te lees nie. Verlustig my nie in ander se hartseer nie….soos die Engelse se: “Get a life”…..

Maggie ·

Gavin dink hy is die kat se snor, kom delf bietjie in sy verlede, lelike spoke gaan uitklim.

adri venter ·

Ons Boikot net die verkoop van die boek wat in die verlede gebeur het is verby ons stel nie belang. Sterkte Joost ons bly almal in huise van glas

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.