Joost-boek môre op die rakke

joost boek joost amor agter die skermaDie omstrede boek oor Joost van der Westhuizen wat glo “alles vertel” oor sy huwelik met Amor Vittone gaan van môre af op alle goeie boekwinkels se rakke beskikbaar wees.

Van der Westhuizen kon nie verlede week daarin slaag om ʼn dringende hofinterdik te bekom om die boek, Joost en Amor -agter die skerms, te verbied nie.

Die outeur van die boek is Gavin Prins, ʼn vermaaklikheidsjoernalis en die adjunkredakteur van die tydskrif, Heat. Voor Prins by Heat begin werk het, was hy ʼn joernalis vir Rapport. Hy was ook een van die drie skindertonge op kykNET se Tongelos wat voorheen uitgesaai is.

Die uitgewers is Random House Struik. Die boek is beskikbaar teen R220.

Van der Westhuizen se woordvoerder het Maandag in ʼn persverklaring gesê Van der Westhuizen en Vittone gaan nie finansieel baat by die verkope van die boek nie.

Lees ook:
Joost reageer oor boek-uitspraak
Joost-boek: Hof besluit
‘Joost het privaatlewe in openbaar gehou’
Video: Joost wil publikasie van boek keer
Joost-boeksage nog nie oor
Joost se versoek om boek te keer in hof
Joost-boek: Verhoor staan oor
Joost in hof om boek te keer
Joost wil biografie keer

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Elize ·

Ja,dit is hartseer,dat jy wil geld maak uit n ander se leed.Ek hoop daar sal nie een Suid Afrikaner wees,wat jou boek gaan koop nie.Want kan jy nie Joost se siekte respekteer nie.Jy is wraggies baie ongevoelig.Sies man.!!!!!!!!!!!!!!!!!!!.

wragtig ·

Die Prins behoort hom te skaam. Maar jy kan sommer sien hys robbies van die agterstrate. Hoe kan jy iemand wat so siek is dit ook nog aandoen jou lae gemors!!!!

Somerset Morkel ·

Ek sal nie die boek koop nie. Sensasie en geldmaak met ander mense se pyn… deur ‘n laevlakse joernalis. ‘n Mors van tyd en geld om dit te koop en te lees. Huisgenoot (ook deesdae nie veel werd nie) sal in elk geval die basics weergee..

Angelus ·

Sy engelse naam by die afrikaanse van se vir jou wie hy is en dus die motief agter die publikasie – gemors!!!

Lettie Smit ·

Sal graag wil weet waar het die man al die inligting gekry om die boek te skryf.

marie Vlok ·

Wonder wat sal alles in Gavin se ou kassie is. Wil iemand nie dalk sy geraamtes uithaal nie ? Het hy al uit die kassie geklim????? Gun hom sy oomblik van groot roem. Dis dalk sy enigste keer ooit. Ek het n idee dit sal maar n tipiese “skinder oor tee” cheap sensasie wees. Die ouens wat gaan lees, moet tog gou vir ons inlig oor die “standaard” van die inhoud. Hoop nie dis geskryf soos hy/sy dit praat nie…..!!!!

marie Vlok ·

Hoekom? Hy gee n boek uit….Ek skryf net n bietjie soos hy.

marie Vlok ·

Ek sal nie. Hy mag n boek skryf om ander se “vuil wasgoed uit te hang….

marie Vlok ·

Hou die kommentaar op “hold” tot julle die boek gelees het…en bewys my dan verkeerd.

MMP ·

Uit respek vir Joost en die stryd wat hy voer met die siekte wat hom in ‘n wurggreep het, sal ek nie die boek koop of lees nie. My kind was net 5 jaar oud toe sy pappa dood is in ‘n motorongeluk. Ek gun Joost al die tyd wat hy nog oor het om saam met sy kinders deur te bring en herinneringe met hulle te skep.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.