Joost hoor vandag oor boek

Joost in hofDie hooggeregshof in Pretoria gaan na verwagting Vrydag uitspraak lewer oor ʼn dringende aansoek wat deur die oud-Springbok Joost van der Westhuizen ingedien is om die vrystelling van ʼn boek wat glo “alles vertel” oor sy huwelik met Amor Vittone, te probeer verbied.

Die dringende aansoek is Woensdag in die hof aangehoor waarna die uitspraak voorbehou is tot Vrydag. Die boek met die voorlopige titel “Joost en Amor – agter die skerms” is geskryf deur die vermaakjoernalis Gavin Prins, wat ook die adjunkredakteur van die Heat-tydskrif is. Die boek is geskeduleer om in Oktober te verskyn. Random House Struik is die uitgewers wat saam met Prins die aansoek teenstaan.

Lees ook:
‘Joost het privaatlewe in openbaar gehou’
Video: Joost wil publikasie van boek keer
Joost-boeksage nog nie oor
Joost se versoek om boek te keer in hof
Joost-boek: Verhoor staan oor
Joost in hof om boek te keer
Joost wil biografie keer

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.