‘Joost is ons Superman’

Joost van der Westhuizen by sy kinders, Jordan en Kylie, op Kersdag 2016. Foto: Amor Vittone, Facebook

Joost van der Westhuizen by sy kinders, Jordan en Kylie, op Kersdag 2016. Foto: Amor Vittone, Facebook

Joost van der Westhuizen is steeds in ʼn kritieke toestand in die waakeenheid van die Fourways Life-hospitaal in Johannesburg.

Van der Westhuizen is vroeg gisteroggend in die hospitaal opgeneem. Die J9-Stigting het Sondagoggend bevestig dat Joost se toestand kritiek, maar stabiel is. “Hy reageer goed op sy geliefdes en voer ʼn ongelooflike stryd. Hy is regtig ons Superman!” het die stigting op Facebook geskryf.

Intussen het Amor Vittone, Van der Westhuizen se vervreemde vrou, gesê dat haar en Joost se twee kinders, Jordan (12) en Kylie (10), uiters dapper is in die moeilike tyd waardeur die familie nou gaan. “Joost is nog kritiek, maar sy veggees is duidelik sigbaar. Hou hom asseblief in jul gebede en dankie vir die mooi boodskappe van ondersteuning,” het Vittone gesê.

Vittone was Saterdag heeldag saam met ander familielede aan Joost se sy by die hospitaal waar hy nou aan ʼn ventilator gekoppel is.

Joost veg al die afgelope ses jaar teen motorneuronsiekte, ʼn progressiewe siekte wat die liggaam se spiere aftakel. Sy broer, Pieter van der Westhuizen, het verlede maand bevestig dat Joost van tyd tot tyd van suurstof afhanklik is aangesien die siekte ook die longspiere verswak.

Verpleegsters het Joost heeltyds versorg by sy huis in Midrand, op dieselfde landgoed naby die huis waar Vittone saam met die egpaar se twee kinders woon. Hy het nog elke dag kontak met sy kinders.

Intussen het duisende mense boodskappe van bemoediging aan Joost en sy familie gister op sosiale media gedeel, insluitend bekendes soos Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis, die sportminister Fikile Mbalula, Sasha Martinengo en Zwelinzima Vavi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Mart-Mari Abbott ·

Joost jy is a groot inspirasie vir baie mense. Jy is my hero al vandat ek a klein dogtertjie is. Hou jou in my gebede en gedagtes baie sterkte vir jou en jou familie

Vivian ·

El bid vir jou. Mag jy gereed wees vir die mooiste deel wat nog kom. Ek onthou jou as die jong tiener seun met jou naam voluit geskryf op jou tas en die energie wanneer skool uitkom oppad huis toe. Sterkte mag jy en jou geliefdes in God se vrede wees.

Jd ·

Hierdie gaan dalk nou baie kras klink endis verseker nie die bedoeling nie maar ek dink dit is nou tyd om Joost te laat gaan. Die masjiene verleng net die onafwendbare

Pikkie ·

Ek stem saam. Mag sy geliefdes berusting vind. Sterkte vir sy twee kinders.

Ditto ·

Jd ek verstaan wat jy sê, jy moet egter elke mens se wens respekteer, jy oefen jou keuse in jou geval uit en so doen die van der Westhuizens, Joost het van dag 1 af geveg, wat duidelik aandui sy familie maak die regte keuse vir hom! Gun hul, hul laaste oomblikke!

Opinie ·

Ek stem saam jou. Dis onregverdig vir die kinders en hulle lewenskwaliteit. Joost het nie hiervoor gevra nie maar defnitief ook nie sy kinders nie. Laat gaan.

oumie ·

Ag ons hero ons bok en bo als my bloubul vir jou is ek so Lief het altyd met jou games gesê wragtag elkekeer op die regte plek op die regte tyd en so is jy tot die einde ook daar al daai trots waarmee jy elke game aangepak het so ook jou lewensgame sterkte aan jou en jou familie wat jou so bystaan God laat U wil geskied Amen

Ditto ·

Ditto Oumie, my hart voel ook so! Amor , Jordan, Kylie, Pa, Ma, broers & J9 stigting, julle is amazing, julle is ook in ons gebede, maak grappies met een die mees positiefste,hy sal dit waardeer!

Bossie ·

Joost, baie dankie vir die voorbeeld wat jy nog steeds vir ons stel. Jys duisende mense se held maar bowenal God se kind. Mag God jou styf vashou. Vandag, môre en altyd. Ons bid sonder ophou…Baie sterkte.

Johann cb ·

Ek vra net: sal dit nie beter wees as die Here hom neem en sy gesin ook die lyding spaar nie? Sterkte aan almal wat Joost versorg en bystaan.

dirk ·

Ek glo die dokters doen die regte ding, en dis om hom kalm en pynvry te hou

Yvette ·

Hy word aan die lewe gehou met n ventilator. Waarvoor? Lyding word uitgerek. Ander moet alles vir hom doen. Dis n marteling vir almal.
Mediese wetenskap gaan net te ver. Wat is die Afrikaanse woord vir DIGNITY?
As my tyd gekom het en my tyd op aanrde is verby- mag niemand my koppel aan enigiets om my aan die lewe te hou nie. Dit is nie LEWE nie.
Een kommentaar het gese hy wil net by Joost kom en hom die hande ople want God kan hom genees. Dit is so God kan enigiets doen- binne Sy wil. God het ook toegelaat dat Joost n terminale siekte kry en 5 jaar TYD gegun word om sy lewe reg te maak en afskeid te neem.
Die mens moet hom nie bo God sel nie. God alleen beskik oor tyd en lewe en dood.
Die media is so vol sensasie dit grens al aan massa histerie.

Zuzu ·

‘n Ware Held!! Sterkte aan die hele familie en vriedekring wat by hom staan! Ons “Blue Eyes” vir altyd xxx

Stukkende Hart ·

Ek het my seun n maand terug verloor en glo my die laat los laat hom gaan is nie maklik nie. n mens wil hulle so lank as moontlik by jou hou.

DS ·

Stukkende hart ek weet presies hoe jy voel het my jongste seun 2 jaar en 2 mnde terug aan die dood afgestaan maar glo my een ding wat ek die Here voor dankie se is dat hy nie gely het nie. Maar dis nie vir ons as mense om te besluit wanneer is genoeg genoeg nie. Die Here alleen weet wanneer dit Joost se tyd is om te gaan rus sonder lyding en pyn. Sterkte aan sy familie mag die Here julle troos in dié moeilke tyd.

Dignity! ·

Wanneer n mens nie meer self kan asemhaal nie – die Here het die tyd gegee, maar die mediese wetenskap veg teen God.

Celia ·

Sterkte ook aan Joost se ander kinders uit sy vorige huwelik. Dis ook hulle pa en hulle word nie genome nie.

lulu ·

Celia het ek uit die bus geval of jy ja Joost was voor Amore getroud maar daar was geen kind nie of is daar iets wat jy ons wil vertel

Dignity! ·

– “Joost is ons superman” –
J9 stigting, hou op om n afgod van Joost v d Westhuizen te maak. Hy is n sterflike mens.Tyd om te let go.

Johnny ·

Ek is geen Joost “fan” nie, maar gee hom alle krediet op die sportveld. En in sy persoonlike lewe het hy foute gemaak soos elkeen van ons. Maar hy staan pa vir sy foute.

Nico ·

Ek lees en luister saam met al die gewaardeerde lesers. Nie enigeen van ons wil so ‘n groot lyding deurstaan nie. En niemand wil (ongeag hoe bekend) heeltyd op media-platvorms hoor jy is reeds dood nie. Gun Joost te mimste die laaste greintjie waardigheid.
.

Riana ·

My bloubul held, jy bly in my gedagtes en gebede. Ek mis daardie donkerkop nr 9 op die rugbyveld. Jy sal altyd voort leef in my gedagtes.

Lioni ·

Ons Bid vir ‘n man ‘n pa wat deur soveel pyn gegaan het. Ons Bid vir sy twee kinders en vir Amor wat hom nog elke dag bystaan. Wat hulle nie deur moet gaan nie en niemand kan kommentaar lewer as hulle nog nie so iets ervaar het nie. Ons Bid dat Onse Hemelse Vader Sy Hand oor Joost en sy geliefdes sal hou en hulle sal versterk in hierdie moeilike tyd. Dankie vir elke verpleegster en dokter wat oor Joost is. Moenie veg nie Joost jou kinders sal altyd in goeie hande wees en vir jou altyd lief wees en net so Amor ook. Rustig wees.xxxx

Sandra Froneman ·

Sterkte Joost jy was die beste op die Rugby veld. Niemand kon by jou kers vashou nie. Jy het ons land se kleur met waarde gedra. Mag die Here jou seën.

Mareli ·

Joost, jy was en is nog altyd superman! Jy het die manier wat skrumskakel gespeel word gerevolusioneer, ek wil sê wêreldwyd. Voor jou en na jou is ‘n reuse verskil. Jy het jou merk op die game gelaat, en nie baie mense kan dit sê nie. Baie sterkte aan julle almal.

Mel ·

Joost vir Jou uithouvermoë en wilskrag het ek soveel Respek voor gekry, jy is dapper en gee ni op ni. Jy is ‘n voorbeeld vir my en ek glo vir baie ander ook!! Di dag wat jy na jou Vader se huis toe gaan gaan vir jou amazing wees maar vir ons wat agterbly hartseer maar tog ook dankbaar wees! Ek bid uit my hart uit vir jou 2 kinders en ander naasbestaandes. Jy is forever my Hero

Ouma Mossie ·

Ons bid vir jou ou seun, ook vir Amor, jou kinders en jou ouers.

Dollie ·

” Die Here is my troue hulp en my toevlug, my veilige vesting en my redder. Hy is my beskermer by wie ek skuil.” (Psalm 144:2).
Joost vir ons was jy altyd ‘n Yster. Vir jou gesin, familie en geliefdes bid ons ……
” Onse Vader, laat U wil geskied….” , neem hom na Ons Vaderland….

My gelukkige nommer 9

Liza ·

No 9 is my lucky no ….. Ai Joost as ek rugby kyk dan mis ek daardie no 9 trui en die man wat hom aangetrek het, Joost ek bid vir jou, net onse Vader sal jou deur al hierdie dinge help, en dankie vir die voorbeeld wat jy vir my is, ek kla net van hoofpyn…. maar jy gaan aan en elke keer se jy dit gaan goed……….JY IS MY SUPER SUPER HERO………….Lief vir jou Joost…….

Henk du Preez ·

Joost, jy is n inspirasie vir ieder en elk. Ek sal jou altyd onthou as die beste skrumskakel in die wereld in jou era, maar bowenal vir die wyse wat jy die siekte hanteer het, hoe jy in jou eie nood ander bygestaan het, Ek is n gesoute leeu ondersteuner, maar die dag as jy nie meer daar is nie belowe ek om vir die eerste en enigste keer in my lewe n bloubul jersey aan te trek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.