Joost se broer skiet rowers in kerk dood

Pieter van der Westhuizen

Die owerhede op die toneel. (Foto: Verskaf)

“Dit was ten volle uit selfverdediging. Nie net vir sy eie lewe nie, maar ook vir die ander gemeentelede se lewens.”

Só het die prokureur Ulrich Roux Sondag vroegaand aan Maroela Media gesê nadat sy kliënt Pieter van der Westhuizen vanoggend twee rowers gedurende ’n gewapende rooftog by ’n kerk in Rooihuiskraal-Noord in Centurion doodgeskiet het.

Van der Westhuizen is die ouer broer van die oud‑Springbok-rugbyspeler wyle Joost van der Westhuizen.

Maroela Media het vroeër berig drie verdagtes het gedurende ’n erediens by die Querencia Bedieninge-gemeente in Escourtstraat ingestorm terwyl een verdagte in ʼn wegkommotor buite die kerk gewag het.

Twee van die verdagtes het deur gemeentelede se persoonlike besittings gekrap terwyl een van die verdagtes ʼn vuurwapen teen die pastoor, Kobus Erasmus, se kop gehou het. Erasmus is ook herhaaldelik met die vuurwapen oor die kop geslaan; hy is nie ernstig in die voorval beseer nie.

Van der Westhuizen het ʼn gelisensieerde vuurwapen by hom gehad waarmee hy toe op die verdagtes in die kerk losgebrand het. Twee van die verdagtes is op die toneel dood terwyl die derde verdagte saam met dié buite die kerk in die wegkommotor op die vlug geslaan het. Hulle is steeds soek.

Volgens Erasmus is die gemeentelede geskok, maar ook baie dankbaar om geen beserings in die voorval op te gedoen het nie. “Dit is nie iets wat ons ooit wil oorhê nie… Dit is skrikwekkend. Die Here het ons bewaar.”

Erasmus het vertel die voorval het enkele minute voordat die diens verby sou wees, plaasgevind.

“Ons het gesing. Die een het onmiddellik ’n vuurwapen op my gerig en gesê ek moet kniel. Ek kon nie omdat ek op krukke is. Hy het my toe herhaaldelik met die vuurwapen geslaan.

“Dit is ’n getuienis, want die vuurwapen was gelaai.”

Volgens Erasmus het gemeentelede begin bid soos hulle gedurende die rooftog neergeval het. Dit het vermoedelik verwarring onder die verdagtes veroorsaak voordat Van der Westhuizen skote afgevuur het.

“Ons is ’n redelike klein gemeente, maar dit is ’n Godswonder dat nie een van ons getref is nie.”

Hy vertel dat ’n tienerseun wel ligte beserings opgedoen het toe van die skrapnel hom getref het.

Roux het intussen bevestig dat Van der Westhuizen sedert die voorval in verbinding met die polisie is en sy volle samewerking gee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Eiervrug ·

Ja. Hulle het gedink die kerk is ‘n sagte teiken. Those days are long gone Pappie…

Snowball ·

Misdadigers in SA vrees nie die regstelsel of die polisie nie; seker maar tyd dat hulle die slagoffer begin vrees.

Elmarie ·

Dat mens nou al selfs gewapen kerk toe moet gaan. Gedink die kerkgangers is ‘n sagte teiken – toe nou nie! Spul lafaards – GOED op hul baadjie gekry.

Verslae ·

Mens is nêrens meer veilig nie. Veiligheidswagte by die kerk is ons voorland.

Pieter ·

Jammer dat Pieter se naam genoem word. Nou kan hy persoonlik geteiken word deur die oorlewendes en naasbestaandes. Dit het reeds voorheen gebeur. Wees bedag Pieter en bid vir beskerming.

Jaco ·

Jammer joost se broer het die “verkeerde” velkleur. Nou gaan hy seker van moord aangekla word en geen verweer van selfverdediging sal aanvaar word nie. Ek weet nie waarom wit mense wat sulke goed doen, dit altyd by die polisie aanmeld nie. Hulle weet mos nou al dat hulle aan die kortste end gaan trek.

Pieter ·

Wel gedaan, hoop nie Pieter kry enige moeilikheid by polisie nie. As mens kon drank koop, sou ek sê “gee hom ‘n Bells”

Cherokee ·

Gee hom ‘n Bells behoort te verander in ‘ek gaan hon ‘n Bells gee’.

Andre ·

Een of ander tyd gaan sagte teikens hard word. Dit is die enigste manier om nie vir hulle die knie te buig nie.

Die Kardinaal ·

Iewers het iemand gesê: “Evil triumph when good men do nothing” Hierdie keer was onheil aan die verloor kant. Mag dit weer en weer so wees.

Kokerboom ·

Welgedaan Pieter. Dis tyd dat ons die onheil in sy spore stuit en so ‘n duidelike boodskap deurgee.

Melanie ·

Ek is bly almal in die kerk is veilig, maar het Joost se broer nie n naam nie? Ek is nie lelik nie, was n groot Joost fan, maar sy broer leef nogsteeds in sy skadu.. want almal ken hom as Joost se broer, maar ek weet nie eens wat is sy naam nie… natuurlik voor ek die berig gelees het nie.

AndrewL ·

Dit is hoog tyd dat ons mense paraat is teen misdadigers. Wat my baie bekommer is die feit dat die media so daarop gesteld is om die naam te noem van die verdediger en dan boonop ‘n foto van hom plaas.

Ek het hierdie storie van gister af gevolg. Van der Westhuizen se naam is feitlik dadelik bekend gemaak. Dit gaan net oor nog ‘n storie, nog ‘n voorblad.

Wat het van etiese joernalistiek geword? Nou is hy ‘n teiken van die misdadigers en hul trawante!!!!

ES ·

Dit is presies hoekom almal ‘n vuurwapen moet besit. Misdadigers is nie eers meer bang vir die polisie nie, maar dit is hoogtyd dat hulle bang raak vir hul slagoffers.

Aai ·

Wel gedaan is dit nodig om bekend te maak wie geskiet het nou gaan sy lewe en gesin in gevaar wees rerig????

Jakes ·

Pieter het gedoen wat nodig was. Hoogtyd dat gewone mense paraat moet wees al is dit tydens n kerkdiens.

Daleen ·

Wil jy nou na hulle (moordenaars) standaard daal Jaco. As jy niks verkeerd gedoen het nie hoekom dit nie aanmeld nie. Dis eintlik ‘n lagwekkende kommentaar moes die hele gemeente nou stil gebly het? Nee regtig ek kan net my kop skud as ek sulke belaglik kommentare lees.

Paul ·

Ek glo hy, VdW, moet plaasboere gaan oplei en afrig hoe om te alle tye voorbereid en paraat te wees.

Rocco ·

Indien hy vervolg word beteken dit dat ons regstelsel vereis dat iemand fisies eers raakgeskiet moes wees voordat iemand mag terugskiet? Aanranding en rig van wapen tel dan nie? Hoe ‘n verkeerde deurmekaar besigheid is dit? Ons hoop die korrekte ding gebeur deurdat ‘n duidelike boodskap uitgestuur word dat mense hulleself mag verdedig. Die krimimele weet dat die regering ons ontwapen en so sleg laat voel om op te staan vir ons regte dat skelms kan doen net wat hulle wil. En sonder teenstand. Dis goed dat mense wys hulle gaan dit nie duld nie. Geen gesonde gemeenskap kan deur kriminele bestuur en beheer word nie. Ons hoop vir die beste vir Mnr van der Westhuizen.

Jaco ·

Pieter is wit. NET sy “verkeerde” velkleur en NIKS anders nie, verander selfverdediging na moord.

Frans ·

Gewapende gelowiges is nie ‘n vreemde verskynsel nie.In Nehemia 4 (herbou van mure) lees ons:
12Die Judeërs waarsku teen aanvalle.
3Daarom het ek die mense met swaarde, spiese, pyle en boë bewapen……..

14Ek het gesien dat die mense benoud was; daarom het ek hulle leiers en amptenare bymekaargeroep en vir hulle gesê: “Moenie vir daardie slegte mense bang wees nie! Dink
eerder hoe asemrowend groot en magtig die Here is. Veg dan met alles in julle vir julle families en julle huisgesinne.”

Leon ·

gedurende die apartheids jare in die vroeë en laat tagtigs het ons motors buite die kerk opgepas en ons moes gewapen wees. Die ANC het sommer ‘n kerk aangeval en daar was altyd twee mense met wapens ‘n entjie van mekaar. Ons sal weer moet terugkeer daarnatoe.

Adam ·

Wel benewens noodweer het Pieter ook noodtoestand as verweer en dit sal ‘n tragedie wees indien hy vervolg word, iets wat in elk geval nie maklik suksesvol gedoen sal kan word nie. Ek hoop die rowers besef nou dat jy in die kerk maklik op ‘n ander manier met die ewigheid kan kennis maak.

Jack ·

Weet ook nie hoekom die media Pieter se naam noem nie. Dalk doelbewus? Feit is Francois Pienaar is seker baie ontsteld hieroor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.