Joost se familie versoek privaatheid

Joost van der Westhuizen. Argieffoto: Twitter

Joost van der Westhuizen. Argieffoto: Twitter

Pieter van der Westhuizen, broer van Joost van der Westhuizen, het Maandagaand tydens ʼn mediakonferensie versoek dat die familie se privaatheid gerespekteer word.

Pieter het gesê sy broer was ʼn held vir die nasie en ʼn liefdevolle pa. Hy het gesê Van der Westhuizen is Maandag by sy huis dood waar hy omring was deur geliefdes. Volgens Pieter is die familie platgeslaan deur sy dood, maar bly sterk in die omstandighede.

Die familie het hul dank uitgespreek vir die liefde en ondersteuning wat hulle van oor die wêreld kry. “Ons versoek dat die familie se privaatheid gerespekteer word in dié tyd. Begrafnisreëlings sal later bekend gemaak word.” Pieter het bevestig dat ʼn gedenkdiens Vrydag vir sy broer gehou word. Die openbare diens word om 12:30 by Loftus Versfeld in Pretoria gehou.

Amor Vittone, die ma van Van der Westhuizen se twee kinders, het gesê sy, Jordan en Kylie is steeds in ʼn toestand van skok. “Ons weet dat julle vir Joost se onthalwe die kinders die ruimte sal gee wat hulle nodig het. My eerste prioriteit is nou ons kinders. Joost het vir my die grootste geskenk van my lewe gegee, want hy was die pa van my kinders. Hy was tot die einde elke dag deel van ons lewe en ons het besondere herinneringe gedeel.”

Van der Westhuizen laat ook sy pa, Gustav‚ ma, Mariana, en nog ʼn broer, Gustav, agter.

Van der Westhuizen is Maandag in die ouderdom van 45 oorlede, nadat hy in 2011 met amiotrofiese laterale sklerose (ALS), ʼn aggressiewe vorm van motorneuronsiekte (MNS), gediagnoseer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

connie ·

RIP Joost jy sal altyd n held bly. Amor en die kinders baie sterkte vir julle en vir die familie en vriende. Jul is in ons gebed.

Rieks ·

RIV Joost – vegter tot die einde en ek haal my hoed af vir hoe jy opgestaan het nadat almal jou verwyt het en vir die wêreld gewys het ons is almal net mens en maak almal foute. Mag jy nou vrede hê aan die voete van ons Vader. Mag die familie en vriende berusting vind.

E.K. ·

Baie jammer vir die kinders wat sonder hul pa moet grootword. Bewondering vir Amor wat ten spyte van alles wat gebeur het in die verlede en hoe die publiek HAAR verguis het, staande gebly het, gesorg het dat die kinders hul pa gereeld besoek en hom tot aan die einde ondersteun het. Gun hul die tyd en spasie om alles te verwerk en mag hy in vrede rus.

BOLANDER ·

Ja, ek stem. Die mense wat gewoonlik so vreeslik oordeel het self baieeee geraamstes in hulle kas. Ek dink hy was ‘n wonderlike mens en so ook Amor. Baie sterkte vir julle.

Antionette S. ·

JOOST – ‘n voorbeeld vir almal van ons wat daagliks kla oor kleinighede!
Die les wat ons hieruit leer? Waardeer jou gesondheid en familie en die kkein goedjies in die lewe, en sê ELKE dag dankie vir God vir alles!

Frans C ·

Die tyd het aangebreek dat almal die familie se wense respekteer.

Landi Maree ·

Ek stem volmondig saam gee hulle hul spasie n tyd om te rou moenie sensasie maak van sy dood

Marietjie ·

Ons sal jul respekteer ek stem is tyd vir rou sterkte Amotte en kids jy was die beste vrou en weet jul was lief tot die dood jul geskei het. Jou kinders het jou nou baie baie nodig lief julle…….

Anton ·

…RIV…my innige meegevoel aan jou familie, vriende en ondersteuners…

LS ·

Rus in vrede Joost, jy verdien dit na alles wat jy moes verduur.
Baie sterkte aan jou familie, vriende en aan Amor en jou kinders.
Mag God julle hande styf vashou in hierdie moeilike tyd!

T ·

Dankie Potts jy is in die kol. Sterkte aan die hele familie. Ek dink hulle word oorval met oproepe, respekteer hulle wense.

estelle ·

Ai moet daar altyd negatiwiteit in dinge raakgesien word. Gun die mense die week privaatheid my hemel man

Martin ·

Toe hy gelewe het was die pubuisiteit goed. Nou is dit nie meer nie. Kanseelleer sommer die Loftus ding ook.
Nog ‘n boer is vermoor. Waar is sy gedenkdiens en publusiteit
/

Boeremeisie ·

Mense soos jy Martin maak mens sommer naar. Probeer tog net na elke ding in isolasie kyk. Dit kos niks oms menslik te wees nie. Probeer dit dis dalk ‘n nuwe ervaring vir jou!

Maak vrede ·

Maak vrede dat jy vir ten minste ‘n week net Joost “tributes’ en liefde sal sien, ons gaan nie toelaat dat iemand wat niks nerens bereik het ons mooi herinneringe aan Joost laat vaar nie. Joost het die land gedien as rugby speler en so ook as kampvegter en ons almal wat meegvoer met sy positiewe werk en persoonlikheid was en saam met hom daarop probeer voortbou het, vat nou tyd om te treur oor sy dood en afskeid te neem. Die ander sake wat jy noem is hartseer en lees Philip se kommentaar vir die, ek stem 100% saam met hom. Dankie Maroela Media en almal wat bydra tot hierdie Positiewe afskeid van een van die grootste legendes nog Joost van der Westhuizen.

Elizabeth ·

Kyk, ek is nie ‘n groot Amor of Joost fan nie, maar wat op aarde gaan aan met julle mense? Watter vrou laat haar eksman by haar in haar huis bly en versorg hom daar sodat hy by sy kinders kan wees. Ek sou dit norra gedoen het… Ek haal my hoed af vir jou Amor!

Philip ·

Ai Martin, nie ‘n baie deerdenkte opmerking nie ne. Joost was/is ‘n volks held. Duisende mense ken hom, en bewonder hom.

Ek stem saam, elke mens, of boer wat vermoor word verdien ook alle erkening. Maar ek is 100% seker, dat die boer se vriende geliefdes en familie sal hom ook erkening gee. (Die mense wie hom geken het.) Wat ek wel wil noem, is dat daar ver te min publisiteit gegee word om die wereld van hierdie afgryslikke moorde te vertel. En die feit dat moordernaars so maklik mense kan vermoor en weg kom daarmee. En wets gehoorsame burgers hulself nie eens kan verdedig nie.

respek ·

My genade maar die lesers is veglustig. Privaatheid beteken baie dinge in hierdie omstandighede – miskien begryp die wat nog nooit iemand aan die dood afgestaan het dit nie.
Hierdie is ook nie ‘n geleentheid om mense persoonlik aan te val nie. Dit getuig van uiters slegte smaak en duidelik met ‘n jaloerse impak. Met prinses Di was daar oor privaatheid gevra al was sy ‘n wereld -ikoon. Indien iemand ‘n persoonlike vete met iemand het – bou ‘n brug en kom oor dit. Dit is nie van pas hier nie. Nederigheid, verstaan en respek is altyd ‘n goeie eienskap in ‘n situasie soos hierdie.

Waar ·

EN waar pas jy in met jou kommentaar? Ek sien niks van Joost en sy Familie nie, net ‘n PREEK vir ander kommentators?

sdp ·

Ek dink met privaatheid word dalk bedoel, die media. Ek sou ok met my gesin en familie tyd wou he, sonder flitsende kameras en vrae heeltyd.

Joe ·

Sjoe , dit is baie tragies van Joost …. hoe hanteer & beheer jy trane , hartseer & emosies van ‘n geliefde wat mens aan die dood moet afstaan ! Dit is beslis nie maklik om deur al hierdie trauma & hartseer te gaan nie , want dit is baie moeilik om die wat agterbly te troos . Joost was baie geliefd oor die hele wereld & sy heengaan is ‘n skok !
Baie sterkte aan die familie , Amor & die kinders !!

dirk ·

dis baie tragies wat met Joost gebeur het. Ek seg ook – Rus in vrede kaptein. Hy het hard rugby gespeel en sy kop natuurlik gereeld gestamp. Navorsing in die VSA het bewys dat ​Amiotrofiese laterale sklerose​ twee keer meer voorkom onder amerikaanse soldate en bofbalspelers as gewone mense Brein trauma veroorsaak of vererger dus dalk die predisposisie van hierdie siekte. Die mees tragiese egter is die feit dat Joost verwerp (ook afgedank) is deur Supersport, sy vrou , en ander – na indiskresie. Hy het in sy glorieryke rugbyloopbaan min verdien teen wat sportsterre verdien vandag. Hy het alles gegee, sy liggaam het in die slag gebly, en supersport maak steeds geld uit sy lyding en pragtige ​​​loopbaan. Skandalig​

PJN ·

Joost rus in vrede. My innge simpatie met die families en kinders. Jy was ‘n “great” mens gewees al het ek jou soms verkwalik omdat jy my Leeuspan so stukkend gehardloop het. Ons sal jou mis as ‘n groot sportman wat almal se inspirasie in die land was.

Marinda ·

Amore, jy, die kinders, Joost se ouers, sy broers wat hom versorg het is werklik ‘n uitsonderlike familie! Suid Afrika kan baie by julle leer as dit gaan oor omgee en bystaan tot die einde. Vir die mense wat wil bel om te simpatiseer, wil ek sê: skryf eerder ‘n briefie wat hulle later kan lees wanneer hulle meer rustig is. En vir die pers en die klipgooiers wil ek vra: Los die mense uit omhulle hartseer in vrede te kan verwerk. Sterkte aan almal. Spesiaal vir jou Amore. Ons weet jy was altyd lief vir Joost.

Js ·

Julle as familie verdien julle privaatheid net sos enige ander mens wat iemand na aan hom of har verloor het.Al wat mens kan se is ons innemeegevoel van di afsterwe van joost,dis hartseer en ons bid dat di Liewe Heer julle troosting en rustigheid sal gee in di hartseer tyd vi amor en di kinders en di res van di familie.Amor j is n goeie ma vi jo kinders en was n goeie vrou vi Joost deur alles.

sioux ·

sak seker nooit verstaan hoekom die fam ten eerste na die media gereik het om te se “Joost is kritiek in die hospitaal opgeneem” toe “gebede stroom in vir joost” toe gistermiddag sy heengaan aan die media klik gehang en NOU WIL HULLE PRIVAATHEID HÊ NIE. hulle het verseker elke dag die ergste verwag. kon alles mos maar stil gehou het en na sy teraarbestelling aankondiging in die media gedoen het. julle spul myners wat wil klippe gooi, die privaatheidsgebod sluit julle ook uit.

Boeremeisie ·

Ag slimjan hoemom dink jy moes hulle na die media keer? Omdat gekke posts geplaas het wat gesê het hy is dood nog voordat jy werklil dood was. Dit het al lank terug gebeur en wat moes die familie doen? Net terugsit en dir valse berigte maar laat begaan. Het hulle ander keuse gehad? Ag nee wat ek like sommige Afrikaners net mooi niks! Dis trap en vertrap slegsê en afknou. Wat de hel?

wha ha ha ha ha ·

ek stem. men’s hardloop nie media toe end skree Dan privaatheid nie. boeremeisie ek us seker by us oy sannie bitterpil. die weduwee gaan joy in haar testament on thou.

Boeremeisie ·

Foeitog whaha weet jy self wat jy wil sê? Maar nou ja dit kom seker maar daarvan as jou tong toegegooi is onder venynigheid

Niccy ·

Rus in Vrede Joost. Ons mis jou spel nog elke keer as ons rugby kyk. Kyk net af al jou ondersteuners het vandag hul Springbok hempies aan net om te sê GOEBAAI…. JOU YSTERMAN!

Genade ·

Baie Dankie Maroela dat Julle tog nie Weer die Hele Ou Verlede weer herhaal van Joos in vandag se Nuus flits! Dit word Opreg Waardeer en dat Ons Almal ook nou net Op die Positiewe kan konsentreer in Ter Nagedagtenis van n Persoon wat ook n Gesin gehad het en N Omgee Mens was.

Groete,

dewald ·

Die media het na hulle gegaan nie andersom nie.
Maak seker van feite en toon respek. Die wereld sal dan ‘n beter plek vir almal wees.

Sarie ·

My innige simpatie teenoor Joost se kinders, familie en die publiek wat hom aangehang het. Ek was nie ‘n groot Joost fan nie, en het glad nie respek vir hom gehad toe hy sy eerste vrou geskei het nie en ook nie vir Amor nie, maar dit daar gelaat. Ek het respek vir hom gekry toe hy homself beskikbaar gestel het om ‘n proefkonyn te wees om ‘n geneesmiddel te kry vir die siekte wat hom opgeëis het. Hy het soveel bereik in die 6 jaar wat hy gelei het onder hierdie siekte, maar ek is seker sy legende gaan nie net in die rugby wêreld aanleef nie, maar ook in die mediese wêreld. Hy het berou getoon, hy het besef wat hy gedoen het was verkeerd gewees, maar hy wil onthou word as die persoon wat altyd dinge gedoen het vir ander. Kom ons onthou hom daarvoor. Hy is ‘n idol vir sy kinders, vir baie mense. Respekteer hom daarvoor. Almal wil onthou word vir die goeie wat jy is, kom ons wees so en hou op oordeel. Niemand is perfek nie.

Malherbe ·

Se eerder niks as om iets leliks te se of net summier aanval.

Gedenkdiens ·

Ek stem saam met familie, sekere dinge moet gesinne en familie alleen doen, terwyl mens treur en beplan, gebeur daar dinge, ek glo dit sal ook hier gebeur wat jy een oomblik lekker kan lag vir sy ondeundhede en die volgende die tranedal, wil jul mense dit regtig sien, dit is onvanpas. Amor, Jordan, Kylie, sy ouers, broers en familie moes hom sy hele volwasse lewe deel en hul het nooit gekla, ek dink dit sal uiters respekvol wees om dit nou te respekteer. Woon die diens by, Joost sou dit waardeer het en so ook sy familie. Die familie kan regtig nie miljoene te woord staan of aanraak nie, dit is net nie moontlik nie. Hul sal dit ook nie minder belangrik ag as jul diens bywoon en hul privaat geleentheid skip nie. Amor het ‘n punt beet oor die kinders, hulle is nog net kinders en dit is eenvoudig net te veel druk op hulle.

Gerhard ·

Ek is bly dat die media laat weet het wat Joost se toestand was en het waardeer dat dit openbaar gemaak is omdat baie mense vir hom omgee. Die privaatheid van die gesin repekteer ek ten volle want daar is jong kinders en familie betrokke soos by enige ander gesin. Dit was ook so met Hansie toe almal hom so gestenig het. Die familie het ook vir privaatheid gevra.

Frikkie ·

Wow!!! Sioux… Aan die familie en vriende wat ‘n geliefde afgestaan het aan die dood. Sterkte voorspoed en berusting deur die tyd van rou. Mag elkeen berusting en vrede vind deur die tyd. Aan Joost se kinders spesiaal, jul pa is nou in die Hemel soos hy vir julle heel moontlik verduidelik he, waar hy nie meer ly en seer het nie. Onthou jul pa is lief vir julle gewees en sal steeds lief bly vir julle, al is hy nie meer by julle nie ….

Wayne ·

It is a pity to read the negativity of some of the people of South Africa regarding Joost’s family in this sad time.
It is in bad taste – and I had to transelate it to fans with me overseas. There is a lot of hatred – .
Our club here in Canada wish the family all of the best in these sad times.

Op wat? ·

Haai nee hoe kan iemand jaloers wees op iemand wat vir 6 jaar deur ‘n verskriklike lyding gegaan het en oorlede is? Sjoe, dink bietjie voor julle praat, julle wil so graag ander mense slegsê, wie is jaloers op Joost? Hy is oorlede, op wat van hom moet mens jaloers wees?

Susan du Toit ·

Kom ons respekteer almal om ons en hou op klippe gooi

Martin ·

Dit is weer Martin. EK het nie ‘n woord van Joost gesê nie. Ek het van die publisiteit gepraat.
Glo my ek het regtig nie nodig om op enigiemand jaloers te wees nie.
Lees rêg wat ek gesê het.

Alida ·

Hou asb op baklei dit bring julle nerens nie. Joost was ‘n gewone mens wat wereldwyd bekend was. Hy was baie siek en die dood was onvermydelik. Los dit nou en laat sy familie in vrede om finaal afskeid te neem.

Vaar wel ou grote.. ·

Gaan jou mis ou Joost…Dankie vir die mooi rugby !!!…baie sterkte aan Sy familie en vriende…

Estelle ·

Alida ek stem saam met jou dat die oor en weer beskuldigings nou end moet kry. Amor het dankie gesê aan almal vir hul omgee maar sy is ook baie geskok en seergemaak oor sekere mense wat lelike aanmerkings gemaak het. Toon asseblief respek aan Joost se geliefdes in hul hartseer tyd. Ek dink aan jul en jul in is my gebede. Sterkte!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.