Joost se gedenkdiens uitgesaai

Joost van der Westhuizen. Argieffoto: Twitter

Joost van der Westhuizen. Argieffoto: Twitter

Die gedenkdiens van Joost van der Westhuizen wat Vrydag op Loftus Versfeld in Pretoria gehou word, sal uitgesaai word.

SuperSport het aangekondig dat hy die gedenkdiens op sy kanaal SuperSport 1 sal uitsaai sowel as op sy webwerf supersport.com. Die regstreekse uitsending sal om 12:00 begin en om 15:30 eindig. Die kerkdiens voor die tyd sal nie uitgesaai word nie.

Die gedenkdiens begin amptelik om 12:30. Maroela Media verneem dat Van der Westhuizen se familie ook die gedenkdiens sal bywoon. Dit is nog nie duidelik of die diens ook deur ander instansies uitgesaai gaan word nie.

Van der Westhuizen is in 2011 met amiotrofiese laterale sklerose (ALS), ʼn aggressiewe vorm van motorneuronsiekte (MNS), gediagnoseer. Hy is Maandag in die ouderdom van 45 jaar oorlede.

Hy laat die ma van sy kinders, Amor Vittone, sy twee kinders, Jordan en Kylie, sy pa, Gustav‚ ma, Mariana, en broers, Pieter en Gustav, agter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Driaan ·

Ano – ja hopenlik is jy net so obsessief om die berigte te lees – byna ‘n week na die mens se afserwe….. Werklikwaar, aksies spreek soveel meer as woorde.

Carina Boonzaaier ·

RIV, jy was dapper, maar is veilig by Onse Vader.

Alta ·

Ons is so bly dit word uitgesaai. Ons gaan jou altyd onthou Joost.

Marietjie ·

Dankie SUPERSPORT 1 op dstv dat dit uit gesaai gaan word nou kan ons dit tape en eendag vir ons kleinkinders wys SA se legend JOOST VD WESTHUISEN ons bloed bly blou RIP GOD BLESS XXX

Tanya ·

Net jammer ek gaan dit mis :-( het nie supersport kanaal nie.

anna ·

Het ooknie daardie kanaal nie. Ai dis jammer. Ons tannies by die aftreeoord wou dit ook gesien het. Sterkte aan die familie.

LMF ·

Baie dankie nou kan ons wat nie daar kan wees nie dit tog bywoon en 12uur sal ek my blou groen en wit balonne is die lug instuur vir jou ons grote rugby held

Angelier ·

Goeie genade Supersport!!!! Dis nou n lekker money making business. Eers fire julle die man en dan saai julle die diens uit!!!! Hoop julle maak n skenking aan die familie vir die verlies van inkomste. Kan glad nie onthou dat julle hom enigsins ondersteun het met sy siekte. Julle is pateties!!!! Skaam julle, maar nee, kom ons ry nog n bietjie op die legende se rug!!!!!

Magda ·

Jy is so reg. Ek glad nie daaraan gedink nie. Hy was nog aktyd my rugby held

lynni ·

Angelier, eers vra mense of dit uitgesaak gaan word en nou kla jy weer oor dit wel uitgesaai gaan word. Op watter kanaal wil jy dit graag he. Supersport is deel van DStv. Hy is afbetaal oor dinge wat gedoen is. Maar dis verby en ons beweeg aan.

Angelier ·

Lynni jou opinie bly joune en myne bly myne. Waarvoor verneder, vertrap en verwerp jy iemand en dan wil jy sanik wanneer dit te laat is? As dit jou karakter is bou daarop, maar ek glo nie dis die manier om dit te doen nie. Gee blomme terwyl hulle lewe, op die graf vergaan dit en dis te laat.

lynni ·

Angelier, ek sanik nie. Jou eerste brief was gesanik. Ek se net kom ons vergeet en vergewe en beweeg aan. Moet net nie Vrydag DStv kyk as jy voel hul het gefouteer. Ek gaan in elk geval nie hieroor verder praat nie. Ek en duisende ander is bly SuperSport gaan dit uitsaai.

Roscha ·

Hoekom word dit net op DSTV uitgesaai? Wat van ons ander wat nie DSTV kan bekostig nie!!

carol ·

Nie almal het dstv,ek dink net dat die hele suid afrika die reg het om dit te sien

JR ·

En so is die mensdom nooit met niks tevrede nie. Rus sag Joost.

Bessie ·

Ilze ek stem saam!!! Was en sal nooit n fan van haar wees.

Ruby ·

Ilze en Bessie, het dit al ooit by julle opgekom dat sy dalk iets doen wat sy geniet en die pot aan die kook probeer hou vir haar kinders?

Ek is nie ‘n kokkedoor in die kombuis nie maar ek LOVE om te kook! Ek het nog net sukses gehad met ‘n chillie boompie verder groei niks, dit maak nie saak nie, dit werk vir my!

As iets nie vir jou is, beweeg aan maar dis nie nodig om iemand af te kraak nie.

Besoek ·

Ek hoop tog so graag ou Lukas van FaceBook daag op. sal hom graag wil SIEN

Theuns ·

Ai,al die snedige opmerkings,klagtes en op hemel oor Joost.Soos Siener van Rensburg jare,jare gelede geprofeteer het,mense van SA sal sport aanbid en so spoel dit oor na aanbidding van spelers ook.Ek wonder maar net of ons ook nie op Jesus se begrafnis dag ook nie almal wit aantrek en opruk Loftus toe vir n gedenkdiens,wonder hoeveel mense sal dan so tekere gaan oor wie dstv het of nie,of wie gaan sing ens.Die hele Joost storie is besig om te grens aan afgodery,dis my opinie.Ruben Kruger was/is net so legende het ook “gesuffer”agv sy kanker en sy verhouding met Jesus uitgeleef in sy dade en optrede,en daar nie so n groot hoe ha gemaak oor hom nie.Mis ek iets,is daar n verskil as mens tussen Ruben en Joost?Nee wat groen en goud sal ek nie dra môre nie,en nog minder belangstel om na die uitsending te kyk.

Marie ·

Middag almal kom ons hou op om almal sleg te sê.Joost was en sal nog ons Springbok wees en wat die Goue trui nom 9 gedra het .So Joost waar jy nou is het jy geen pyn en seer nie .Maar in ons hart sal jy altyd daar wees .Jy het ons gewys hoe jy die Kaptyn was vir die SPRINGBOKKE en ons held. RUS SAG ONS SAL JOU WEL EENDAG ONTMOET. DIT IS NOG STEEDS ‘N SKOK KAN NIE GLO NIE .AAN JOU MOEDER EN VADER EN JOU PRAGTIG DOGTER EN SEUN EN TWEE BROERS .MY GEBED IS SAAM JULLE .JOOST IS WEG JA NA JESUS MAAR SY MOEDER SAL JOOST NOOIT VERGEET NIE .EN SO OOK SUID- AFRIKA .Wat JOOST vir ons land beteken. Rus sag Joost .

Marie ·

Joost jy sal altyd my held bly en wat jy vir ons Land beteken het .Springbok nom 9 trui .GROEN EN GOUD Kaptyn vir ons Land .Rus sag Joost.

Marilize Cleary ·

An exceptional person he was,
He had the will to live,
He will be missed forever in time
My deepest condolences to the family and friends

(Groen en Goud – Ons Legende) RIV

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.