Joost van der Westhuizen: Amor, kinders bring hulde

Joost en Amor by hul kinders Jordan en Kylie. Die foto is in desember geneem. Foto: Facebook

Joost en Amor by hul kinders Jordan en Kylie. Die foto is in desember geneem. Foto: Facebook

Amor Vittone, Joost van der Westhuizen se vrou, en die egpaar se kinders het Vrydag hulde aan hom gebring.

“Liefste Pappa. Dankie vir alles maar veral vir ‘Wees die beste wat jy kan wees’. Jy is die beste rugbyspeler in die wêreld. Ek wil die beste sportman wees soos jy, want jy het gesê ek moet hard werk. Ek sal jou altyd liefhê tot by die maan en terug. Pappa sê asb vir God dat Liverpool moet wen. Jy sal nooit alleen loop nie. Ek is so lief vir jou. Jordan,” het Vittone en Van der Westhuizen se 13-jarige seun geskryf.

Vittone en Van der Westhuizen se 10-jarige dogter Kylie het ook ʼn roerende boodskap vir haar pa gehad. “Pa, ek is jammer jy moes gaan maar ek weet jy wou. Ek weet jy geniet dit baie in die hemel. Jy sal altyd in my hart wees. Ek is lief vir jou en niemand sal dit ooit kan verander nie. Ek sal jou nooit vergeet nie en jy sal altyd aan my sy wees. Onthou jy beteken die wêreld vir my. Ek is lief vir jou. Van Kylie.”

Vittone sal later tydens die gedenkdiens wat Vrydagmiddag by Loftus Versfeld gehou word hulde aan Van der Westhuizen bring. Sy het intussen ʼn roerende huldeblyk op Facebook gedeel:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Janie Monsieur ·

Dagsê Mich,

Dankie vir jou kommentaar. Jammer vir die oorsig, die artikel is reeds gewysig.

Groetnis
Janie nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.