Joost van der Westhuizen oorlede

Joost van der Westhuizen. Argieffoto: Twitter

Joost van der Westhuizen. Argieffoto: Twitter

Die Springboklegende, Joost van der Westhuizen, is Maandag in die ouderdom van 45 oorlede.

Van der Westhuizen is Saterdagoggend in ʼn kritieke toestand in die waakeenheid van die Fourways Life-hospitaal in Johannesburg opgeneem.

Van der Westhuizen is in 2011 met amiotrofiese laterale sklerose (ALS), ʼn aggressiewe vorm van motorneuronsiekte, gediagnoseer. Dokters het gesê die voormalige skrumskakel het tussen twee en vyf jaar om te leef. Sy gesondheid het kort na sy diagnose begin agteruitgaan. Hy was in ʼn rolstoel en sy spraak is ook erg aangetas.

Van der Westhuizen was een van Suid-Afrikaanse rugby se heel grotes. Hy was deel van die Wêreldbeker-wenspan in 1995 en wêreldbekerkaptein in 1999. Hy was tot in 2013 die grootste driedrukker in Springboktoetse, met 38 drieë en ʼn legende vir die Blou Bulle en Bulls in die elf jaar wat hy vir hulle gespeel het.

Hy was ook lid van die Bokke wat die Drienasiestitel in 1998 gewen het, asook lid van die Blou Bulle wat twee Curriebekers gewen het. Van der Westhuizen het ook in drie wêreldbekers, in 1995, 1999 en 2003, gespeel. Sy 89 toetse was, toe hy in 2003 uit toetsrugby getree het, ʼn rekord vir ʼn Suid-Afrikaanse speler. Hy het 144 keer vir die Blou Bulle (22 as kaptein) en 26 keer vir die Bulls uitgedraf.

Joost van der Westhuizen en Amor Vittone by hul kinders, Jordan en Kylie op Kersdag 2016. Foto: Amor Vittone, Facebook

Joost van der Westhuizen en Amor Vittone by hul kinders, Jordan en Kylie op Kersdag 2016. Foto: Amor Vittone, Facebook

Van der Westhuizen was ʼn rugbyheld en die land se liefling. Hy is in Desember 2002 met die sanger, aktrise en TV-aanbieder, Amor Vittone, getroud. Van der Westhuizen was voor Vittone met Marlene (nou Duvenage) getroud. Hulle was ses jaar getroud en is kort voor sy huwelik met Vittone geskei.

Vittone en Van der Westhuizen was een van die land se voorste glanspaartjies en vir die publiek het dit gelyk soos ʼn sprokieshuwelik. Van der Westhuizen en Vittone is egter uit mekaar nadat ʼn video aan die lig gekom het wat wys hoe hy seksuele dade uitvoer met ʼn vrou. Hy het later gebieg dit is wel hy in die video. Van der Westhuizen is kort hierna deur SuperSport as rugbykommentator gepos.

Van der Westhuizen het in 2003 uitgetree. Hy was rugbykommentator en ʼn sportheld soos net ʼn voorste Springbokrugbyspeler in Suid-Afrika kan wees. ʼn Boek oor sy lewe, Spieëlbeeld, het sy verhaal vertel. Hy het ook tydens sy speeljare ʼn BCom-graad aan die Universiteit van Pretoria behaal.

Van der Westhuizen is in 2007 ingehuldig by World Rugby se Internasionale Rugbyroemsaal. Hy is ook in 2015 ingehuldig by die Suid-Afrikaanse Heldesaal vir Sport (SASHoF).

Van der Westhuizen is op 20 Februarie 1971 gebore.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

267 Kommentare

Elize ·

R.I.P Joost jy was die beste bloubul ooit. Sterkte aan al sy familie.dink aan julle.

Rina ·

Ai hoe hartseer! R.I.V. Joost. My seun (15) se hart gaan stukkend wees. Jy is sy “icon” al vir jare. Jou uurglas het aangebreek, God het Sy blom kom pluk. Die lyding was te veel maar moedig het jy voort geveg. Jou positiwiteit sal altyd onthou word. Mag God jou familie, gesin en vriende stewig toe vou in Sy arms en vertroosting bied in die hartseer tyd. Amen!

Pieter ·

Sterkte aan Gustav, Mariaan, Pieter, Amore, kids en ander familie en vriende julle is in ons gebede!

Koekie ·

Amore,kinders en familie mag Jesus self julle Trooster in hierdie tyd wees

Jax ·

RIP ou Joost, nou is jou lyding vir altyd verby, sterkte aan Amor en die kids….

Irene ·

May this legend R.I.P.
Sterkte aan die familie en vriende. Jul in my gebede .

Liza ·

Rus in vrede Joost…. my innige meegevoel gaan aan sy familie en vriende….

Sylvia ·

Swak beriggewing maroela media. Is dit regtig nodig om nou oor sy foute te berig in die hartseer tyd.

anel van rensburg ·

Ek stem saam met Silvia. Dit is onnodig om nou te berig oor sy verlede….Dit is nou regtig irrelevant.
Almal maak foute en mens hoef seker nie tot op of na… jou sterfbed daaraan herriner te word nie….

Elaine ·

In plaas van sy foute van die verlede kon julle eerder berig het dat hy Jesus as sy Saligmaker aangeneem het, sy sondes bely het en verseker weet ons dat sy sondes vergewe is. Sy lewe die laaste tyd was ń getuienis van sy geloof.

Mel ·

Dit is ook nie die plek of die tyd om te baklei oor wat daar berig is nie. Het julle geen maniere nie?

Nicky ·

Ek stem absoluut saam met jou ons almal weet mos wat het gebeur jare terug hoekom dit noem in die berig!!

Vergifnis ·

Ek stem heelhartig saam met jou! Maroela dit was onnodig om Nou die Verlede Op te Bring wat Geensins Nodig is in n Tyd soos die! Dink asb aan Joos se Kinders en Familie in hierdie tyd!
Asb dit is Heeltemal Onnodige Sensasie vir Almal wat Julle Nuus lees om Nou Weereens sulke “GEMORS’ te moet inneem. Dit is mos nou “ou” nuus! Hopelik kom Julle Geraamtes ook uit die kas wanneer daar in Begrafnis is!!!!

Joost Fan ·

Stem saam! Nie nodig vir dit op sy sterfdag nie!

RIV Yster!!

Celia Tjaden ·

Om eerlik te wees vandag het ek my respek vir Maroela Media verloor. Absolute swak smaak! Hy het berou gehad en Jesus het hom skoon gewas! NIEMAND het die reg om n vinger te wys na iemand wat Bloedgewas is nie. MM is niks beter as die gewone sensasiesoekende media nie. Ek hoop almal peper julle – vra verskoning! Verwyder daardie deel uit julle berig!
Hierdie kommentaar sal seker OOK gesensor word!
Ek is dankbaar dat sy bittere lyding verby is en my hart gaan uit na sy familie.

Madsi1 ·

Feite is feite……skielik soos gewoonlik is almal goed as hulle dood gaan…even the cheaters and druggies…wife beaters en diewe

Max ·

Feite is feite……skielik soos gewoonlik is almal goed as hulle dood gaan…even the cheaters and druggies…wife beaters en diewe

Annette Jansen ·

Stem onnodig gewees om nou vuilwasgoed te was SENSASIE SKANDE!! – Joost jy is veilig by ons Vader in Sy hande sonder pyn en leiding jy sal altyd ons held bly!! sterkte aan die familie spesiaal sy broer wat hom in die tyd bygestaan het tot die einde !!(dit is wat jy familie noem)

oumie ·

MM Jul artikel laat n wrang smaak in my mond dit was baie onnodig om sy enigste fout so prontuit te sprei sy kinders en Amore en familie het nie nou nodig om daai herhindering nou te lees nie sies man

Johan ·

Feite is feite! Hoekom mag Maroela Media nie ‘n feitelike berig skryf nie? Of gaan julle klomp “kritici” soos ‘n klomp volstuise met julle koppe in die sand deur die lewe?

Belinda ·

Sterkte aan Joost se family en sy pragtige kinders die Here is saam met julle vandag en elke dag stap hy die pad saam met ons ons dra julle almal in ons gebede op na ons Vader Amor jy moet sterkte staan vir julle 2 kinders RIP JOOST ONS GAAN JOU MISS

Linda ·

Ek stem, nie nou die plek om ou koeie uit die sloot te haal. Rus in vrede.
Sterkte aan die familie en sy kinders

Rosie ·

Dit is n hartseer dag vir SA vandag. RIV Joost, jy gaan verseker gemis word. Jy sal altyd n held bly.

Colette ·

RIV Joost. Baie sterkte aan sy familie asook Amor en die kinders. Hoekom nou al die skandes weer na vore bring. Dis absoluut belaglik. Los hom nou dat hy kan rus en los nou die verlede Joost het lank en hard daaraan gedra.

Zunette du Toit ·

Baie hartseer dag vir die familie veral vir Joost se twee kinders – sterkte – nou kan hy ook rus
by sy dierbare Vader wat hom verlos het van al die pyn.

riana ·

Almal maak foute in die lewe niemand is volmaak nie en ja hy het sy berou dae baie gehad.

Huisvrou ·

Ons innige meegevoel aan sy geliefdes. Rus sag ou Grote.

LORRINDA ·

RIV Joost – waar jy nou rus is geen pyn. Ons sal jou altyd onthou. Jy was ‘n legende. Sterkte aan Amor en die kinders

Sarie De Wet ·

Ek is gebore as ‘n NTVL rugby-ondersteuner & ondersteun vandàg nog die Bulls of Bloubulle…

Joost, jý was mý absolute hero!!! Ek was sò trots op jou & jý het mý as speler, nòòit terleurgestel nie… Jy was ‘n bàie aantreklike man met jou pragtige blou oë & breë glimlag. Dankie vir àl die plesier wat jy aan ons verskaf het. Joù gelyke, sal niè maklik gevind word nie!!! RIV…

My innige meegevoel aan joù ouers, kinders & àlmal wat joù lief gehad het… Jý gaan beslis vir bàie jare, deur ‘n menigte mense gemis word….

TOT WEERSIENS JOOST…

Riana Maritz ·

Dis baie sleg en sterkte vir di familie dit was ni nodig om di seksvideo op te bring ni dis ver in di verlede het bietji simpatie maroela

Hannie ·

Jou stem is dalk stil maar die no 9 sal lank deur baie mense onthou word R.I.P

ronel ·

Verlossing vir hom.
RIV Joost.
Vrede en vertroosting vir die naasbestaandes.

Sanet ·

RIP JOOST Jy sal altyd as een van die beste skrumskakels bekend wees.

André Losper ·

Rus in vrede Joost. Baie sterkte aan die familie in die moeilike tyd. Sal jou altyd onthou!

Wilma ·

R.I.V. Joost. My iinigste meegevoel aan die familie en vriende in hierdie moeilike tyd.

nora visser ·

Baie sterkte aan Amor en die kinders en die famielie dink aan julle met die afsterwe

tokkie ·

Sterkte aan al die Van Der Westhuizens. R I V Joost. Stuur groet vir my skoonma daarbo. Sy was mal oor jou. Nou gaan julle lekker kuier

Nadia ·

RIP legend! Jy sal vir altyd onthou word! Baie sterkte aan sy kinders en familie!

heksie ·

So “sad” maar gun Joost die rus na die lyding. Sterkte aan sy geliefdes; dis n groot verlies

Francis Linstrom ·

Vrede vir sy kinders en familie. Dit kon nie n maklike pad vir hom of hulle gewees het nie. R.I.V.

Susan Steyn ·

Innige simpatie aan Joost se gesin. Bid vir Vader se hand oor julle.
Rus in vrede Joost. Jy het die stryd voltoou

Sanet ·

Ai so hartseer..Onse Vader hou julle styf vas in die tyd van vertroosting

MTSteyn ·

Ek salueer jou, Joost! Jy was een van Suid-Afrika se grootstes. ‘n Man onder manne… veral in die laaste 6 jaar.

‘n Verlies vir die mensdom.

Gesie ·

RIV Josie, Jou uur het gekom dat ons Vader jou geroep het. Mag jy in vrede rus sonder pyn en lyding. Die wat agterbly gaan jou nog baie mis en wens ek alle sterkte en liefde toe vir Amor, die kinders en ouers, en naaste familie. Jy het ‘n dappere stryd gevoer. Tatta ou Grote.

Moeksie ·

RIP Joost – tot ons mekaar weer eendag ontmoet. Die lyding is nou vir ewig verby. Rus sag by Jesus xxxx

Chrissie ·

Ek stem saam. Die verlede moet met die gelaat word deur respek vir hom en sy dierbares

Estelle de Jongh ·

Dit is so jammer dat die media met sy afsterwe, nogsteeds sy verlede ophaal. Almal lees dit al vir jare tot vervelens toe. Die saak was uitgesorteer en agter die rug…….dink aan almal wat agterbly en rou. Dit is so onnodig. RIV Joost. Sterkte aan Amore, kinders, ouers en familie

nonnie ·

Ek voel regtig Maroela kan maar die berig aanpas, laat nou sy verlede met rus!

Andre Kruger ·

Ek stem saam met Estelle en Ñonnie. Die skrywer van die negatiewe berig is die eerste volmaakte person wat ek teekom……miskien uit ‘n Vreemde Vlieende Voorwerp geklim om een van ons Grootste sportmanne the verneder. SIES man !!!

Susan Booysen ·

Sterkte aan sy familie ons gaan jou mis Joost jy bly maar altyd my held sterkte aan sy vrou en twee kinders en familie.

Petro ·

RIV Joost jy is nou veilig by jou Hemelse Vader sonder enige pyn Amore my hart gaan uit nou en julle twee seund maar God sal vir julle die krag gee

Hannelie ·

Rus in Vrede Joost. Jy het dapper geveg….maar God het ‘n groter Plan. Sterkte aan Amor en die twee kinders mag jul vertroosting vind. Asook sy ouers en twee broers. Jul broer het moedig geveg tot die einde toe.

riana ·

Sterkte aan almal. Maar die een wat die meeste sterk moes gewees het was sy broer. Ek haal my hoed vir hom af en mag God se groote hand oor jou wees in die tyd. Jy is n ster en Joost sal jou altyd daarvoor dankbaar wees. Julle dit is baie hartseer ons almal het dit gesien kom maar nie geweet wanneer nie en dit raak aan mens. Maar sterkte vir sy ou 2 kindertjies wat nog so jonk is en nie meer n pappa het nie ek drae julle in my harte. Maar onthou hy sien julle elke dag en nag en is met julle. Amor jy ook wat altyd daar was vir hom tot die einde dink aan jou en sterk wees vrou. Ons vrouens kan sterk wees en jy sal deur dit kom.

Gené Spangenberg ·

Ons innige meegevoel met die naasbestaandes. Ons almal het n groot legende verloor. Maar in gedagtes sal jy voort bly lewe. Ons rus jou die Ewige rus RIV

Elize Fanoe ·

Sterkte aan die familie. Joost was ‘n pragtige persoon en voorbeeld vir baie ander

Stephane van Niekerk ·

R.I.P. Joost. Jy was nog altyd die held in alle opsigte. Jy sal verseker gemis word. Aan vroulief en kinders, alle sterkte en mag die Here julle die Krag gee deur die moeilike tyd.

Jeanette Cotty ·

RIP Joost, jy was nog altyd vir my die beste. Sterkte aan die familie, friende en sy dierbare kinders. Ons gaan jou baie mis. :'(

Veronica ·

Rus in vrede Joost! Jy sal onthou en gemis word! Sterkte en krag aan Amore en kinders. Jesus bring vrede en berusting.

Minke ·

So jammer daar word verwys na die verlede terwyl die hartseer nou is, by kinders wat nie saam met hul pa gaan oud word nie. Innige simpatie aan sy ouers, broers, Amor, sy pragtige kinders en die duisende aanhangers wat onwrikbaar by hom gestaan het.

Johanna ·

RIV Joost. die Hemel is n engel ryker. ons sal jou mis. Rugby sal jou mis. Liefde en sterkte vir die familie.

Ouvrou ·

RIV Joost!! Jy was ‘n legend!! Jou positiwieteit het baie uitgestaan!!! xxx

Quanita Smal ·

Innige simpatie aan die familie.
Maroelamedia….. Die man is oorlede….. En jul moes net sy verlede noem. Uiters smaakvol!

Annie Liebenberg ·

RIP – My innige simpatie met Joost se familie. My hart is so seer – dit was erg om hom so te sien ly – hy is nou waar hy kan rus sonder al die lyding.

Vanessa Kruger ·

R.I.P Joost, condolences to Amor, children and family

Anita ·

Moes julle nou sy nie so rooskleurige verlede ophaal. Regtig. Is sy dood nie genoeg nie?

Jaco ·

Soos Zandberg Jansen altyd gese het……………NAG OU GROTE

Johan ·

R.I.P Joost!dit was n moeilike pad wat jy moes stap.nou kan jy rus by die Here ons God

Karina ·

Baie sterkte aan Joost se familie en vriende mag die Here julle vertroos in die harsteer tyd…..Joost sal altyd onthou word as een van ons landse grootste rugby helde….Rus invrede !!!!

Savethetigerplz ·

so onnodig om die storie oor die video te noem in die artikel. RIV Joost!

Penellope Jones ·

Ai tog. Hoewel mens besef het dat dit is wat sou gebeur, maak dit nie makliker of beter nie.
Hy het moedig geveg en sy gesin saam met hom.
Rus In Vrede Joost en baie voorspoed aan sy geliefdes.

Anita ·

Swak man. Steeds soek julle sensasie. Dood is nie genoeg nie. Hou sommer op om julle te steun. Sies man. !!

Ria ·

RIV jy was ‘n legende. Sterkte aan die familie veral die kinders wat hul pa so baie gaan mis.

Frans C ·

‘n Rugbylegende het heen gegaan. Sterkte aan Amor en gesin.

judith ·

R.I.P Joost, sterkte aan Joost se Familie en Vriende, mag God julle dra in die tyd van hartseer.

LizA ·

Rus in vrede – die beste nommer 9 nog ooit! Baie hartseer…. Legend!

Leonie ·

RIV Joost! ‘n Rugbylegende! Ons almal gaan jou mis. Rus sag…

Ansie ·

Sterkte aan die familie en Amore en die kinders en sy Engel wat hom elke dag so mooi opgepas het.

Ada ·

Maroela Media – hoe onsensitief. Berig asb oor iemand wat foutloos is? Sal graag daardie persoon wil ontmoet. Ons almal weet wat gebeur het en het julle geweet dat daar die woord “vergewe” is? Waarom dit nou ophaal? Nee wat mens verloor respek vir julle . A nee A!
So onnodig. Skaam julle.

Celeste Breedt ·

Rus in Vrede Joost. ALTYD ‘n Legend. Sterkte aan Amor en die kidners, en almal betrokke.

Peanut ·

Rus in vrede jy verdien die rus. Baie sterkte aan Amore en die kinders asook die familie.

BOLANDER ·

Ja, dit is ‘n groot legende wat gegaan het. Rus in vrede en baie sterkte aan die Van der Westhuizen familie.

Ella ·

Maroela gee die volledige storie, soos wat hulle behoort te doen. Joost was ‘n rugbyheld, maar ook net ‘n mens. Soos ek en jy.

stem saam ·

Ek stem saam met jou Ella. Die mensdom plaas mense wat oorlede is op ‘n troontjie.Net omdat hy oorlede is,beteken dit nie die feite val weg nie.Maroela Media doen hul werk.

lulu ·

Ja net omdat hy n bekende was het almal van sy fout geweet hoeveel duisende ander mans en vrouens staan agter daai deur MM jul is toe ok net sensasie soekers sies aan julle

Magda Lidderd ·

Joost was ‘n groot inspirasie vir baie mense en vir my ook. Ek het opgekyk na Joost vir die groot stryd wat hy baklei het met sy siekte. Hy was altyd positief en het so baie vir mense gedoen.Rus in Vrede Joost, jy sal altyd in ons harte wees. Sterkte aan sy familie.

william rex ·

van n geharde all black ondersteuner aan Joos ….
jy was ‘n grote ou maat ….ek haal my swart kêpsie af vir jou

1 ·

Dit is so swak van Maroela nuus om sy verlede op te bring – hy is al lankal vergewe deur God en glo deur Amor, dit is ou nuus. Kyk Huisgenoot se mooi berig. Rus en vrede Joost al die pyn van die wereld is nou verby. Sterkte aan sy kinders, Amor en sy familie

zoeye ·

Dis baie hartseer!
maar ek’s so bly hy kan nou weer vry wees van die vreeslike pyn en suffering
so ‘n sterk fighter het ek nog nooit gesien!
RIP

Suzy ·

Veilig in JESUS arems Joost !!!! geen pyn geen lyding meer nie . Baie hartseer!! sterkte aan al sy familie ,vrou en kinders . Mag die Here julle dra deur hierdie hartseer tyd . Dink aan julle almal .

Kapenaar ·

@ Nico Strydom. Baie swak berig Nico. Ek hoop nie al jou geraamtes word ook uit die kas gelaat met jou afsterwe nie. DINK…..dan skryf jy!!!
Sterkte aan die familie, deur al die moelike tys het hulle saamgestaan. RIV Joost, jy het op aarde genoeg gely.

Mandi Kotze ·

Mag ons Vader Joost se gesin en familie in hierdie hartseer vashou. Maroela media, ek is teleurgesteld dat julle dit nodig ag om ou koeie uit die sloot te grawe. Getuig van swak smaak en swak joernalistiek. Sies vir julle!

Liana Meyer ·

Jy het moedig geveg teen die siekte. No 9 ons sal jou onthou. Sterkte vir die familie en kinders.

Sonica ·

R.I.V Joost. Laat hierdie moeilike tyd en tragedie nie hier vir ons eindig nie. Laat ons onthou van die duisende mense wat daagliks met hierdie siekte en ander siektes moet saamleef en probeer oorwin. Laat ons saam met die mense ook staan en hulle in ons gebede hou. Hierdie het vir ons ‘n glimsie gegee van wat in die lewens van die siekes en hul familie en vriende gebeur. Sterkte

HFM ·

RIV Joost. Innige simpatie aan sy geliefdes.

(Aan: Maroela Media. Vir sensasie moes julle “something saucy” opdis!)

Koos1 ·

Joost is nie meer in liggaam by ons nie, maar sy gees sal altyd voortleef deur sy twee pragtige kinders. Amor, Jordan en Kylie, baie sterkte met julle pad voorentoe! Weet dat God oor julle waak. Ook aan alle familie, sterkte, ons dra julle deur ons gebede.
Ek wil net my seining deel. Joost se verlede het hom ‘n beter mens gemaak. Dis nie nodig om dit te noem nie, maar hy het daar deur gekom en ek glo baie sterk hy het meer lewens geraak tydens sy siekte as met sy rugby dae.

cynthia ·

Swak berig van Joost, om sy verlede op te haal.
Kon julle nie maar sy verlede los nie in die hartseer tyd nie.
RIV Joost was n voorreg om jou persoonlik te ontmoet.

NEE maroela sjoe ·

Sterkte aan die familie…. Maar nee Maroela hoe kan julle in ‘n doodsberig noem wat hy vroeer gesondig het. Ek voel sommer seer vir die familie se part as ek sien wat jul doen. Hoekom maak jul nie n opvolgberig more, of so nie. Sies man.

Poplap ·

Swak van julle om oor die egskeoding te praat. Wat het dit te doen met jul berig wat sy dood nasionaal bekend maak? Ek is nie ‘n volger of ondersteuner van enige sogenaamde bekendes nie, maar hierdie is sleg van julle en ek staan saam met hom en sy familie. Swak smaak.

Mariette ·

RIV En ek gaan net die goeie onthou.
Regtig onvanpas om sy foute ook nou op te bring.

Liza ·

My hart is stukkend, Joost rus in vrede my nommer 9 held………Sterkte aan elkeen en aan die familie en vriende………
Stem saam los hom nou uit, haal eers die balk uit jou oog uit voor jy ‘n vinger wys….

Desiree ·

R.I.V Joost. No. 9 behoort nou altyd aan jou. Sterkte vir die kinders, familie en friende

Lydia Steyn ·

Ai, baie hartseer. Sterkte aan die gesin en familie. Joost is nou op n baie beter plek.

Savethetigerplz ·

So onnodig om die video storie te noem. RIV Joost!

Martie ·

Rus in vrede ou grote. Jy sal gemis word. Sal jou nooit vergeet ni. Sterkte aan familie en kinders.

Laurika ·

Nou kan Joost rus in vrede. Ons dink hy het lank genoeg gelei. Alle sterkte aan sy gesin en sy familie.

Alta ·

Gedurende jou sekbed was jy ‘n voorbeeld van moed en positiwiteit. Dit het almal se harte aangeraak. RIV ……..

MOSSIE ·

RUS IN VREDE ONS OU BOK LEGENDE. Jy is nou daar waar geen meer pyn is nie. Sterkte aan die Familie.

willem ·

Onsensitief en moet asb verwyder word of ek ondersteun die blad glad nie meer nie!!!

RIV Joost die dinge kan jou nou nie meer seermaak nie.

gerbrandt ·

Swak beriggewing oor Jooste se verlede van Maroela se kant af.
Uiters swak. Ongenaakbaar.

Elmien ·

Ek onthou toe my pa oorlede is, het ek as kind die berig uitgeknip en gebère. Hoe maak mens in so geval? Dis onvanpas.

Delia ·

Ja Elmien, ongelukkig is so dat iemand altyd iewers ‘n ‘stekie’ probeer inkry.
MM, ‘delete’ asb daardie betrokke paragraaf in julle berig, dis uiters aanstootlik!

Claudene ·

Ou Joost joi paaidjie hemel toe is besaai mer roae. Gos het jou vergewe woe is die mensdom om te oordeel en ou koeie uit die sloot te haal.RIV my ou maat tot ons mekaar weer sien jy was ALTYD n yster!!!!!!

Wilmarie ·

Joost, daar is baie Suid-Afrikaners wat se harte seer is vandag. Jy was ñ ‘legend’! Jy het hard baklei tot op die einde! Gaan rus nou, jy verdien dit!

peanut ·

Joost se lewenslyn op aarde het bloot uitgeloop. Abba Vader het met Sy hande bakgestaan om hom te ontvang en te omvou. HY is in beheer en besluit nou waar Joost sy ewige lewenslyn gaan span. Aan sy gesin, familie en vriendekring, julle was ongelooflik bevoorreg om hom te kon geniet in jul midde, ek kon maar slegs op TV en radio deel in jul voorreg. Vir julle bid ek Vader se Vrede en berusting toe.

martie ·

Rus in vrede ou grote. Jy sal altyd onthou raak. ons sal jou nooit vergeet ni. STERKTE aan familie.

Leon Gie ·

Ons het nog n groot wees verloor,RUS IN VREDE JOOST. My innige simpatie aan al sy geliefdes. Wees verseker van God se liefde en vertroosting in die tyd van beproewing

treurgrond ·

Joost – dankie dat jy opgestaan het vir jou siekte. Dankie dat jy oralste rond gegaan het om almal bewus te maak van jou siekte. Dit was so ‘n opheffende fliek oor jou lewe. My hart is net seer – sommer in trane uitgebars. RIV Joost. My gedagtes gaan na sy kinders ook wat hulle pappa nou baie gaan mis. Jesus sit asseblief U arms om hulle en die familielede en vriende en sommer net almal wat saam met Joost die pad gestap het. Amen

lettie ·

RIV Joost. Sterkte aan Amore, sy kinders en familie. Hy wou so graag by jul wees …

Gert ·

RIV ,dankie vir die berig dit wys maar ons almal bly maar net n mens, en ek dink Maroela het vir ons n voledige prentjie van sy lewe geskets.

Ginelda ·

Rus in vrede dapper vegter.so so hartseer.strongs vir sy gesin en familie hy sal altyd n legend bly.

anna ·

Dankie aan almal wat hom so mooi gehelp het. Vir julle moes dit ook swaar gewees het. Sterkte aan se vrou en kinders en Joost se ouers en familie. Jul kosbare mense.

*martie ·

*Rus in vrede ou grote. Jy sal altyd onthou raak. ons sal jou nooit vergeet ni. STERKTE aan familie.

Topster ·

RIV,Joost jy was vir baie mans ,vrouens en kinders n ware held en yster Jy sal n legende van die spel bly want jy kon die spel speel met baie trots.Sterkte aan die familie en mag ons Hemelse Vader julle vertroos

Esmeralda ·

Rip joost. En sterkte vir jou amore en kinders en famielie dink aan julle

HFM ·

RIV Joost. Innige meegevoel aan sy geliefdes.

(Aan: Maroela Media. Julle moes natuurlik “something saucy” opdis. Uiters swak smaak)

Liza Ackermann ·

Rus in vrede Joost van der Westhuizen. Jy het moedig geveg maar jou leiding is verby. Sterkte aan Amore, die kinders en die ouers, geliefdes, familie en vriende. Met misnoee moet ek byvoeg, dit was onnodig en onvanpas om Joost se verlede i die beriggewing in te bring. Hy het sy fout gemaak en dit erken omdat hy publieke besit was. Tussen hom en Amore was dinge uitgesorteer en het hy haar vergifnis gekry. Hoeveel ander mense insluitend verslaggewers doen verkeerde dinge of maak foute in hul lewe, maar dit word bloot verdoesel en onder die mat ingevee????? Die wat woon in huise van glas ……pasop!!!!

chris.l ·

die land is in rou saam met amor en die kinder ons trane loop oor die man wat

sooveel veggees gehan het en in sy laaste dae sooveel vir sy medemens gedoen

mag hy in vrede by sy skepper sit en nie meer pyn het nie vaarwel grootman

vaar wel jy sal nog vi jare om te kom ons held wees dankie joost baie dankie vir

jou bydrae vir jou land en familie en vriende amen

ina bezuidenhout ·

Baie hartseer dag. Sterkte aan sy gesin. En kyk hoe groot het die kinders geword!!! Jammer dat die negatiewe dinge weer opgerakel moes word. Sy gesin het genoeg hartseer om te verwerk. En net soos ons nie altyd aan Hansie Cronje se negatiewe herinner wil word nie, wil ons vir Joost onthou vir die uitsonderlike sportman wat hy was & die besonderse voorbeeld wat hy gestel het sedert hy met die ALS gediagnoseer is … RIV.

Mynhardt van Jaarsveld ·

Rus sag ou yster.Die wêreld rou vandag.Dankie vir dit wat jy vir rugby gedoen het.Jy was n voorbeeld en n held vir almal.Jou legende sal voortleef.Sterke aan die familie.Jy kan nou n ogie oor die rugby hou van uit die hemel.

Brigitte de Lange ·

RIP Joost, strongs to your beautiful children… Go well into the light…

Cheryl ·

Ag asb mense MM gee net kortliks inligting van die afgelope paar jaar wat in Joost se lewe aan gegaan het, ek glo nie hul bedoel sleg of is onsensitief nie. Wees tog net menslik en probeer verby daai deel te lees as dit jul so pla… RIP Joost my en my seun se held nog altyd wees genees van die lyding jy verdien ñ beter plek by ons Vader!!! Sterkte aan Amore en kinders kan net dink waar deur hul gaan… My dogter ook 13 soos Joost se seun en my seun ook 10 soos sy dogtertjie dis nog baie jonk om ñ pappa aan die dood af te staan!! Sterkte julle!!!

jannie henning ·

joos jy was en is die beste gewees dankie dat jy die blou bulle en die springbokke se naam so hoog gehou het jy is n legend in ons almal se oe en ons kinders se kinders sal jou nooit vergeet nie ons gaan jou baie mis RIP en sterkte aan sy familie en vriende jy is nou veilig by GOD !!!

Margaux ·

Is dit regtig nodig om die skandale op te bring? Joost het ‘n gesin vir wie hy lief was en wie vir hom lief bly! Mag julle vrede vind in die wete dat hierdie is nie die einde van sy lewe nie, maar die begin van sy ewigheid by God! Mag julle kinders julle pa se drome vir julle vervul en altyd sy liefde vir julle naby aan julle dra! Baie jammer vir julle hele gesin se verlies! Mag die Here julle almal troos!

Gideon ·

Ek stem saam Willem – ek stem saam met die onnodige beriggewing van Jooste se verlede. Onvanpas, en in slegte smaak.

Joost was my held – deur en deur. Ek is jammer oor die verlies.

Linda ·

Joost…..RIV, Jy was ons almal se held, baie sterkte aan die familie, jy gaan baie gemis word, en nalatenskap

Blom ·

Ai, dis so hsrtseer. Rus in vrede Joost, jy is nou veilig by Jesus en verlos van pyn. Jy sal nie vergeet wird nie. Sterkte aan sy familie.

Petro ·

Rus sag Joost! Sterkte aan kinders, ouers, familie en vriende!

Grotman ·

Joost as daar Rugby in die Hemel is dan weet ek jy trek more weer jou toks aan. Go broer Go, jys nou vry van jou siekte, ons skreeu vir jou hier van onder af.

hannie ·

Joost was n groot rolmodel vir baie, dit is nie hoe hard n man val nie dit is hoe sterk hy opstaan en dit het Joost gedoen. sterkte aan die gesin en familie lede

Marie Kruger ·

Ek stem saam Maroela. Hoekom as iemand sterf mag jy nie praat oor dinge wat hy gefoen het nie. Hy het verbrou en ek glo hy is jammer daaroor maar dit maak hom nie n engeltjie nie. Ek kry wel vir Amore en die kinders jammer want hulle moes by hom staan ten spyte van alles. Hy was net n rugbyheld met voete van klei.

Cindy-May ·

Rus in vrede Joost. Ons dink aan die familie in die hartseer tyd jy sal altyd ons held wees . Rus nou sag xxx

Francois ·

Joost was ‘n groot gees. RIV. Jy was ‘n inspirasie vir ander met dieselfde siekte. Ek ken ook iemand persoonlik met dieselfde siekte en kan sien hoe hy weg kwyn. Dit is nie mooi nie. Bid asseblief vir hom ook. Hy het dit nodig.

Anita ·

Francois. Ons bid vir jou vriend en almal wat die siekte het. God sal jou vriend se hand vat en die pad saam met hom stap soos wat Hy met Joost gestap het. Sterkte vir die hele Vd Westhuizen familie in hierdie tyd van beproewing. Sterkte ook aan elkeen wat hierdie siekte en enige ander siekte onder lede het. God seen u almal.

m ·

RIP Joost. Jy sal onthou word vir die puik rugby wat jy gespeel het. Sterkte aan sy familie in hierdie moeilike tyd.

Stefanie ·

Sterkte aan Amor , sy twee kinders en familie. Dis reeds swaar om afskeid te neem en dan word ou koeie uit die sloot gegrawe , weet net God het hom reeds vergewe.. Voel bitter jammer vir almal wat met die begrafnis betrokke is. Weereens sterkte

Joost Fan ·

RIV Yster!!

(@Maroela, dink dit was onnodig om daai stukkie uit sy verlede vandag, op sy sterfdag te publiseer)

Janie Monsieur ·

Dagsê lesers,

Die berig is ‘n oorsig van Van der Westhuizen se professionele loopbaan sowel as sy persoonlike lewe, en om die rede is die betrokke inligting ook by die berig ingesluit.

Groetnis
Janie nms Maroela Media

Kobus ·

Dagse Janie….Daardie oorsig van sy professionele lewe dien die doel.. Maar om van sy missstap in sy persoonlike lewe wat lank gelede gebeur het n sensasie te probeer maak….BAIE SLEG EN ONGEVOELLIGE BERIGGEWING…Soos jy in die meeste kommentare sal waarneem is die kommentators nie baie gelukkig….JY WEET JOOST IS N IKOON…NIE NET VIR SPRINGBOK RUGBY… MAAR OOK OMDAT HY DEUR SY DURF EN VEGGEES GRENSE VERSKUIF HET MET DAARDIE ONGENEESLIKE EN AFTAKELENDE SIEKTE…gun hom sy rus by die VADER en ondersteun sy agter geblewenes met positiewe berigte…DIE SPRINGBOKNASIE IS IN ROU….Alle sterkte en berusting vir sy families.

Darius Els ·

RIV Joost jy was great.Maroela ,Baie baie swak verslagewing.Hoekom hou julle nie eerder gol om FW se verhouding te meld nie?

riana ·

Rus in vrede die Groote vader het jou vandag kom haal. En net se baie dankie vir sy Broer wat hom so mooi versorg het en wat tot die laaste oomblik saam hom was. En Here vat vandag sy 2 pragtige kinders en omvou hulle met jou sterk hand en so vir Amor ook wat daar was en baie saam hom deur gegaan het al was hulle geskei en hoe seer sy ook elke dag gehad het om te sien hoe sleg gaan dit met hom.
Here maar dankie dat jy hom haal het ons almal het geweet dit gaan gebeur maar nie geweet wanneer nie. En net U kan die tyd bepaal en so het U hom nou nodig.
Julle moet almal sterk wees sy ma vandag en sy pa en broers. Ek dink aan julle.

Baie sterkte maar glo eending God het die mooiste blom vandag kom haal.

Amen

tanya cronje ·

Ek wil net se dis erg om iemand na aan jou te verloor.Here wees ASB saam die gesin en famielie wat so Groot held in hul lewe verloor het versterk hulle ASB en wees u die wit sakdoek vir hul trane beskerm elkeen.dink aan julle en sterk wees

Anne-Marie ·

RIV J9….jy is en was ‘n yster!!! Sterkte aan sy familie en die wat agterbly……

Tanya ·

Rus in vrede Joost. Sterkte aan sy kinders en families. Hy was n legende

Jaco Knoetze ·

RIP OU GROOTTE (JOOST). Amor sterkte vir jou en die kids en vir die hele van der Westhuizen familie. Die hele land voel hartseer saam met julle.

Susan ·

Rus sag, Joost.
Dankie vir al die ekstra onnodige inligting oor Joost se verlede Nico Strydom. Jy het nog baie om te leer.

Ben Prinsloo ·

Een van die beste skrumskakels wat die wereld nog opgelewer het. Jy word gesalueer.

Pieter ·

Amor, kinders en familie, ons deel in julle hartseer en bid julle sterkte en vertroosting toe… ons eer sy nagedagtenis… MAROELA EN NICO STRYDOM, DIE BERIG IS IN SWAK SMAAK, SENSASIEGERIG EN ONSENSITIEF, VERAL OP HIERDIE STADIUM, MET DISRESPEK TEENOOR JOOST EN SY FAMILIE. INDIEN DIT NIE JULLE BEDOELING IS NIE, WYS DIT DEUR DIE BERIG ONMIDDELLIK AAND TE PAS EN DIE NEGATIEWE EN IRRELIVANTE FEITE TE VERWYDER. .. ASSEBLIEF…

zeno ·

Ai Moaroela media,hoekom gaan krap in die verlede,Julle is onsensitief.
Joost ons gaan jou mis, jy was `n vegter. rus in vrede en baie sterkte aan Amor en sy pragtige kinders. God sal sy hand oor julle hou en beskerm. Hy was die mooiste blom in die tuin wat deur ons Vader gepluk is.

zetta ·

R.I.V Joost. Sterkte aan Amor, sy kinders en familie. Mag Jesus julle styf vashou en vertroos in hierdie moeilike tyd.

gerbrandt ·

Dankie Pieter ek stem so saam met jou. Ek hoop Maroela doen wat jy en ander vra. Dan sal hulle respek afdwing – maar op die oomblik verloor hulle respek by die minuut. Rig groot skade aan hulle beeld aan.

Ella ·

Dit gaan my verstand te bowe hoekom daar nie volledige verslaggewing gedoen mag word nie. As die Vader hom vergewe het, en sy bewonderaars ook, hoekom moet dele van die “Joost-verhaal” gesensor word? Dit is en sal altyd deel wees van die geskiedenis. Kyk na die groter prentjie.

pieter steenkamp ·

Joost ou grote gaan jou so mis. Jy was en is n voorbeeld vir baie. Rus sag by Jesus se voete…Die fluitjie het geblaas en nou rus jy….Gustav my vriend sterkte daar vir almal en mg Die Here jul by hom vashou deyr die tye.

Santjie ·

RIV en rus sag nou by Abba Vader Joost. Jy het lank gely en Vader het jou kom haal. Baie sterkte aan die geliefdes en hele familie. Mag Abba Vader julle net omvou en troos soos Hy alleen kan. Dankie Abba Vader dat U hulle nou omvou en styf vashou en vertroos. U is die groot Trooster en verstaan die seer en trane. Dankie Heer

Steven ·

Baie, baie teleurgesteld in die berig!
Swak styl, maroela media.
Enige dag is ok om Joost se verlede optehaal, net NIE vandag nie.

Elize Pieterse ·

Lae klas goedkoop publikasie en sensasie totaal en al onodig en niks met niemand uittewaai nie die arme man se liggaam is nog nie eers koud nie julle behoort julle te skaam man. Wat dink julle hoe moet sy familie voel. Ek hoop bestuur sal die nodige aandag hier aan skenk

RIP Joost jys nou kritiek en pyn vry.

Ben ·

Stil, hier gaan ‘n man verby! ‘n Seder het geval in Suid-Afrika.

Petro Leuvennink ·

Ons as MENS wil mekaar en ons medemens ae foute so graag “onthou”, maar is vinnig om na GOD te draai as dinge skeef loop vir vergifnis! HYvhet GOD om vergifnis gevra, wie is ek en jy om te oordeel?! Gooi die eerste klip as jy sonde-vry is! Sterkte aan Joost se hele familie, en veral die kinders! RIV, jy het ons land net EER aan gedoen!

trynie oosthuizen ·

Joost.jy was my held…jy het jou laaste wedstryd gespeel….vrede vir jou…..

Karma ·

Ja … Mens, wees stil: hier gaan ‘n grote, ‘n reuse seder het geval. Rus in vrede Joost. Daar waar jy nou is, is daar geen pyn of lyding meer nie. Sterkte aan Amor, die kinders, ouers, broers en vriende/ander familielede.

Ja, en tipies Afrikaner-gesinde blad móét Maroela Media mos toe nou weer noem oor sy eks-vrou, dáárdie video en sy skuld-erkenning en so Joost se nalatenskap beswadder.

SA Rugby en die land is een groot held minder gelaat vandag.

Elsabe ·

Ek voel dit is onsensitief dat Maroela Media juis die slegte uit Joost se verlede MOES op bring, ek dink hy het alankal met Jesus reggemaak, so julle het nie nodig om hom verder daarvoor te laat boet nie. As daar een persoon in die wereld is sonder foute moet hy of sy asb na vore kom. Wat verby is, is verby. Los hom nou. Hy was n goeie man wat net n slegte keuse gemaak het. Dink eerder aan die kinders en hou op onsensitiewe seer dinge skryf!

ANN ·

Dit is n baie hartseer dag vir almal. Sterkte aan die hele family en baie sterkte aan die kids ons dink aan elk een van julle…..

annie ·

Rus sag Joost. Ons innige simpatie aan familie…
Luister na ” Joost, goue seun” deur Rudi Claase en Charne Hugo op: Op ons lieflinge” se faceboek – se blad…

oumie ·

Joost dankie vir jou jare se rugby in my sitkamer dankie dat ek my longe vir jou kon uitskree op loftus ons het almal geweet dit is jou tyd net nie wanneer nie maar dit skeur my hart uit my bors dankie aan sy familie wat hom so bygestaan het mag jul vrede vind dat sy lyding verby is en Amore jy wat jul kinders met trots verder gaan groot maak en hul sal weet hul PA was n wereldse held sterkte aan familie en sy pragtige kinders

lynette ·

kani glo dat mens so sleg kan praat van iemand wat se lyk nog nie eers koud is nie. SIES MAROELA MEDIA – NIE NET NICO NIE DIE HELE SPAN

giep ·

Moenie dat die onvanpaste kommentaar van Nico Strydom julle aanraak nie.
Ons almal stem mos saam daaroor. Ignoreer dit – dit is net jammer dat Maroela gedink het dat daardie stukkie ons sou gekeer het om positiewe kommentaar te lewer.

Philip van Vuuren ·

Dit is jammer dat sy verlede opgehaal moet word. Hoe moet sy kinders hierdie pyn verwerk v iets waarvan hul dalk nie bewus was nie. Hul was nog klein. So jammer Maroela. Afrikaners moet beskerm nie besmet nie. Veral as jy bely het.

groenewaldt ·

Ou Ella, daar is ‘n tyd en ‘n plek vir alles. Hoe sou jy gevoel eht as dit jou man of broer of pa was?
Laat weet ons asb? Sal graag van jou wil hoor.

Eduard ·

Ons het n jaar gelede ons Beste Vriendin met dieselfde diagnose deur die dood afgestaan – sterkte en RUS SAG BY JESUS SE VOETE- DIE LAURENCE RN SMALL GESIN IN UPINGTON NOORD KAAP

Annatjie ·

Baie sterkte aan Joost se kinders, sy ouers (dis onbeskryflik seer), Amore en familie. RIV Joost

Alida ·

Mense MM het niks gepubliseer wat die hele wereld nie van weet nie. Joost was n feilbare mens soos ons almal. Almal ken sy geskiedenis. Joost is verlos van sy ondraaglike lyding gun hom die rus. Sterkte aan sy familie.

Gerda Grobler ·

Ai my hart is ook seer oor Joost rus sag my vriend SA gaan jou baie mis

E ·

Aan Jordan en Kylie. Julle pappa is nou by liewe Jesus en het geen meer pyn. Hy is baie gelukkig. Onthou al is hy nie by julle nie, bly hy vir ewig in jul harte tot julle hom weer gaan sien.
Amor, mag jy krag van bo ontvang. Ek huil saam met jou vandag. God weet die beste, en is altyd by ons. Jou kinders is pragtig!

Christo Henrico ·

Maroelamedia julle het julle goed van julle taak gekwyt en was glad nie onsampatiek nie, julle het sy geskeidenis met goed en sleg omvou en dit is wat die meederheid van die lesers verwag” die waarheid.
Joost was ń groot held nie net vir ander nie maar vir my ook.Amor dink ek was ń ware dame om hom by te staan deur dik en dun en ek wens haar en die kinders en familie baie sterkte toe.

Leser ·

Almal sê hy is lankal vergewe so mys insiens maak dit ook al lankal nie meer saak (dit behoort nie) wat gebeur het nie, of dit nou nog genoem word of nie.

toy ·

Rus sag Joost. So baie gaan jou mis. Sterkte vir die familie en kinders.

Louwrens ·

MM het niks verkeerds gedoen nie. Hulle het nie geoordeel of Joost verneder nie. Hulle het bloot n kort oorsig van sy lewe gegee. Ek is n groot voorstander en ondersteuner van Joost gewees en ek dink hy was n fantastiese rugbyspeler..( Een van die bestes.) Dit het hom egter nie n engeltjie gemaak nie en net soos ons almal het hy ook sy foute gehad. Hiermee dus my innige simpatie aan al die familie en vriende wat n rugbyheld en vriend – met foute, aan die dood afgestaan het.

Petro Leuvennink ·

Ons as MENS wil mekaar en ons medemens ae foute so graag “onthou”, maar is vinnig om na GOD te draai as dinge skeef loop vir vergifnis! HY het GOD om vergifnis gevra, wie is ek en jy om te oordeel?! Gooi die eerste klip as jy sonde-vry is! Sterkte aan Joost se hele familie, en veral die kinders! RIV, jy het ons land net EER aan gedoen!

My tweesent bydrae ·

Die hele East Lynne in Pretoria rou vanaand . Jy was van ons en vir baie jare sal ons jou onthou vir die held wat jy was . Die inspirasie wat jy vir ons gegee het sal nog baie jare voortduur .

leon pit ·

Ja Ouboet jy laat n leemte in die Rugby gemeente. Geniet GOD se liefde en vrede.
Sal vir ewig n legende bly

FM ·

Die persoon van MM wat Joos se verlede so soetsappig vertel, moet n les in sensiwiteit kry. Ek weet nie of dit vir sensasie was nie. Teleurgesteld in E nuus ook. Vanaand moes sy kinders moontlik die nuus kyk. Hulle treur oor hulle pa held en nou nog die sensasie ook. MM daar is net te veel lesers wat oor julle ongevraagde berig oor Joos kla. En dan hou julle nog vol julle is reg. Ek baklei nie met julle nie, net teleurgesteld. Regtig!!!!

eben ·

Uiterse swak smaak op die dag wat hy sterf. Julle het nie sensasie nodig gehad nie Maroela want Joost was nog altyd groot nuus. Ons sou dit in elk geval gelees het. Julle het sy doodsberig verneder.

buks ·

Dit is jammet dat Maroela met hierdie eerste berig van Joost se afsterwe die negatiewe teen die kinders Amor sy ouers en familie se koppe gegooi het. Asof hulle nie al genoeg het om mee te ‘cope” nie. Ek kry skaam vir Maroela en het gedink hulle styg uit teenoor ander netwerke.

Nicolenn Strydom ·

Dankie, Aan Joost se famlilie dat julle hom met ons almal gedeel het al die jare sterkte aan julle vir die toekoms. Hy speel nou n grooter game vir ons Vader in die Hemel.

Jacoba ·

Joost rus sag by jou Skepper. Sterkte vir al sy geliefdes. Omarm mekaar wees daar vir die wat rou ons rou saam. Jammer al vriende en familie vir die SWAK RESPEK betooning deur die MEDIA (almal) wat EINTLIK VOORBEELD moet stel dmv ETTIEK.

bloubul ·

Ai Maroela wat het geword van integriteit?Kon julle nie maar daardie stukkie uit die verlede vir n anderdag gebere het nie. Hoe moet Amor Joost se kinders en Joost se ouers nou voel op n dag soos vandag? Antwoord my dit?

derek ·

Integriteit? Enige? Maroela uit respek op sterfdag vir kinders en familie?

WDP ·

Rus sag Joos, Jy was ‘n Springbokheld, aan die kinders, julle kan trots wees op julle pappa, al sê wie wat!

Sarie ·

Jammer vir die betrokke families oor die groot verlies. Hy was ons held, gun hom die vrede. My spesiale dank aan Peter, sy broer, vir die onbaatsugtige versorging en liefde bewys die laaste maande/jare. JY het baie opgeoffer (met liefde) om Joost se versorging op jou hande te neem. Jy sal geseën word vir hierdie liefdestaak. Buiten vir die kinders, weet ek jy,as daaglikse versorger gaan baie swaar kry in die dae vorentoe. My gebede aan almal van julle

Pieta ·

Joost, jy was’n eenvoudige en nederige mens, met wondelike talente, as sportman en ook as mens, tot aan die einde. Dankie dat jy as instrument in die hand van ons Hemelse Vader soveel mense deur jou lewe en voorbeeld kon aanraak, in goeie en in swaar tye, met hoogtepunte en laagtepunte. Jou veggees en positiwiteit was ‘n inspirasie vir almal… Ons eer jou nagedagtenis… Amor, kinders en familie, ons dink aan julle in hierdie moeilike tyd. Julle ondersteuning aan Joost oor jare was vir almal in voorbeeld van liefde en behoud van mooi herinneringe… Maroela, julle het Joost se famlie en soveel getroue lesers te na gekom en is aan almal ‘n openbare verskoning verskuldig. Daar is ‘n tyd en plek vir alles, en hierdie was die verkeerde tyd en plek vir jul teleurstellende berig. Weet julle wat vergifnis behels? Gaan kyk gerus na die toepaslike beriggewing op Huisgenoot se webblad en neem kennis wat empatie, respek en gebalanseerde verslag oor hierdie hartseer saak beteken… en leer asb daaruit…

Magda ·

Aan Amore en kinders: diepste leedwese….ek is ook deur dit….niemand sal verstaan, ek bid vir julle. Aan Maroela Media: Julle het verdere pyn veroorsaak…

CH ·

Rus in Vrede Joost. Jy het oneindig baie gely.
Maroela – ‘n verskoning mbt die bitsige beriggewing sal van pas wees.
Ek het dit nie van julle verwag nie.

Willie E ·

Stil….Daar gaan ‘n MAN verby….Rus in Vrede Nommer 9….

Christelle ·

Rus sag, rus nou in vrede, Joost. Geen pyn meer daar waar jy nou by Jesus se voete sit. Jan Venter (Boeta) jou held is nou saam jou daar by Jesus. Amor, Jordan en Kylie en Joost se familie, ek hou julle in my gebede in die moeilikste tyd nog. Wees sterk, hou vas aan Jesus, net Hy en Hy alleen kan julle dra.

Alida ·

Joost het gefouteer en dit erken. Hy en sy gesin het 10 000 keer vir sy fout betaal. Hoekom nogsteeds n steekhou inkry. Laat hom nou in vrede rus en laat Amore en sy kinders aangaan met hulle lewens. Nou moet sy kinders weer aan sy fout herhinder word. Dit is onnodig en onsensitief..niemand praat goed wat hy gedoen het nie..Maar dis on die verlede. Hoeveel klippe het julle nodig om n dooie man mee te gooi en sy kinders daardeur raak te gooi ? R.I.V JOOST

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.