Joost ‘veg verbete voort’

Joost van der Westhuizen en Amor Vittone op Kersdag. Foto: Amor Vittone, Facebook

Joost van der Westhuizen en Amor Vittone op Kersdag. Foto: Amor Vittone, Facebook

Hoewel dit tans “moeilik” met die Springboklegende Joost van der Westhuizen gaan, veg hy nog verbete voort.

Van Joost se naaste vriende het hom Donderdagmiddag by sy huis in ʼn landgoed in Midrand gaan besoek en ná die tyd besorg ʼn beroep op mense gedoen om vir hom te bid.

“Dink asb in gebed aan die legend vanaand,” het Toks van der Linde, oud-Springbok en aanbieder van Toks en Tjops, Donderdag op Facebook versoek.

Die sanger, Arno Jordaan, het ook getwiet: “Dink aan die yster en sy familie vanaand!dit gaan nou bitter bitter sleg met joost!jyt lank baklei yster, byt nog bietjie vas toe!” [sic]

“Joost is al ʼn geruime tyd afhanklik van ʼn suurstofmasjien, maar is nie permanent daarop nie. Die suurstof word op sekere tye toegedien soos wat dit benodig word,” het Joost se broer, Pieter van der Westhuizen, Vrydag aan Maroela Media gesê.

“Ons wou mense nie onnodig bekommer nie, want Joost veg nog verbete voort, so dis hoekom ons dit stil gehou het toe hy die suurstofmasjien moes begin gebruik. Ons verstaan egter mense is besorg oor hom en maak dit nou bekend.”

Pieter het sy dank en waardering aan al Joost se aanhangers uitgespreek en gesê hulle waardeer almal se omgee, woorde van bemoediging en gebede. “Mense moet asseblief aanhou bid,” het hy gesê.

Joost is tans in die heeltydse sorg van verpleegsters by sy huis in Midrand, in dieselfde landgoed naby die huis waar sy vervreemde vrou, Amor Vittone, saam met die egpaar se twee kinders, Jordan (12) en Kylie (10), woon. Hy het nog elke dag kontak met sy kinders.

Joost ly die afgelope vyf jaar aan motorneuronsiekte.

Hy sou na verwagting vandag vir Qedani Mahlangu, die Gautengse LUR vir gesondheid, by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Soweto vergesel het vir die opening van ʼn gespesialiseerde kliniek wat daar na Joost vernoem is.

Die kliniek, genaamd die Joost van der Westhuizen-sentrum vir motorneuronsiekte, is die eerste van sy soort in Gauteng. Die opening is egter Donderdagmiddag uitgestel aangesien die LUR na ʼn sterfgeval moes omsien en dus nie beskikbaar is vir die opening nie.

Die opening is onbepaald uitgestel.

Lees die vorige berigte oor Joost van der Westhuizen op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Kobus Hattingh ·

So n hartseer storie, mag die Here hom en sy gesin versterk deur dit alles.

Jean ·

Ai tog, baie sterkte vir JOOST en AMORE en kinders … maak nie saak wat in julle verlede skeefgeloop het nie, die krisis is NOU en julle moet saam met hom daardeur. So jammer vir julle en baie STERKTE!!

Carol ·

Mag God hom en sy gesin omarm en hulle saggies vashou. Net God ken die bepaalde tyd. Ons bid vir jou Joost. So ook vir jou gesin. Laat U wil geskied.

Ronelle Gous ·

Joost jy sal altyd ń legend bly. Jy is in my gebede!

Rina ·

Ai dit is so tragies, so hartseer….My hart is stukkend vir Joost en sy familie, tog bewonder ek hom… sy uithou vermoë, sy positiwiteit, sy veggees! Baie baie sterkte vir jou en jou familie, gesin en veral kinders. Jy is ‘n MAN wat ‘n voorbeeld stel vir menigte. Dra jou op in ons gebede.

Willie E ·

Ek sien hom nog in sy Springbok trui,man van staal…top rugby speler,uitstekende Blou Bul….so damn hartseer,vandag ‘n skaduwee van die man wat hy eens was…..”wat is die mens?….soos gras is sy dae,as die wind daaroor gan dan is dit nie meer……” Hoe waar praat die Groot Boek….
Joost,ek dink aan jou,groete,baie sterkte en Liefde van ‘n GROOT Blou Bul en JOOST Supporter….mag God jou styf vashou.
Groete
Willie

Koos ·

Ek groet maar nou ou grote. Sien jou aan die ander kant. Dan tackle jy vir Lomu weer!

Heinriette ·

Joost, jy is die voorbeeld van uithouvermoë, deursettingsvermoë en n voorbeeld van waardigheid. Dink aan julle as familie en spesiaal aan sy kinders. Staan sterk in die Geloof, Hoop en Liefde.

Snuffels ·

Sterkte aan jou Joost, ek bid vir jou en familie. Ek sou ‘n foto van net met Joost daarop waardeer het vir my Foto Album

Dekker Stadler ·

Ek is n predikant en Joost se verhaal het my vasgevang in n preek wat hom primer betrek reg deur die woord. Die preek het n wonderlike inslag by mense en natuurlik by myself. Joost jy sal altyd vir rugby n ikoon bly.

Wanda Wassenaar ·

Sterkte Joost en familie. Ons bid en dra Joost op aan Ons Vader. Jy sal altyd n goeie legende vir ons almal bly.

SUZETTE BOTHA ·

EINTLIK MAAK DIT NIE VEEL SAAK HOE HIERDIE AARDSE LEWE VERLOOP MITS ONS VADER HIER ONTMOET NIE. JY MOET MOOI LOOP GROTE! BY VADER SAL JY DIE VREUGDE OPNUUT ONDERVIND OM TE VLIEG….

Alida ·

Joost is baie baie siek. Ek hoop nie die media omsingel sy huis en wag vir tyding nie. Dit is onvermydelik en ons moet aanvaar dat hy lank genoeg swaar gekry het. Respekteer sy privaatheid ter wille van sy kinders. Dit is nie vir hulle lekker om hul pa so te sien nie. Asb mense ons weet almal wat die finale uiteinde sal wees. Hy is al op vele geleenthede vereer vir sy rugby, maar nou moet die media sy gesin uitlos en die Here se wil respekteer.

lb ·

Ek stem, Alida. Hy en Amor gaan hierdie naweek in rystoele hul kind se verjaarsdagviering bywoon. Mag hy genoeg krag hê om dit te kan beleef. Kom ons hoop dat die media hulle met rus laat sodat hulle as gesin sy laaste dae in vrede kan beleef. Niemand van ons wil Joost eintlik so sien nie, ons wil hom eerder onthou as die groot, sterk, vriendelike man.

leon pit ·

Dankie vir sy ondersteunings netwerk mense na aan Joost wat so mooi na hom omsien.. God sal na jou omsien met Engele om jou. Sterkte JOOST

ANNE-MARIE ·

LIEFSTE JOOST , BAIE DANKIE VIR DIE MOOISTE VOORBEELD WAT JY VIR ALMAL OP HIERDIE MOEILIKE WêRELD STEL…JOU INNERLIKE KRAG SAL HIERDIE TANNIE VAN 62JR ALTYD BYBLY SO-OOK JOU VEGGEES OP DIE RUGBYVELD EN JOU ABSOLUTE NEDERIGHEID EN JOU MOOISTE Oë DIE VENSTERS VAN JOU SIEL EN JOU OPREGTE GLIMLAG UIT JOU HART….GOD HET JOU INNIG LIEF EN JY IS IN SY HANDPALM GEGRAVEER …SY KIND VIR EWIG …LIEF JOU ALTYD VAN TANNIE ANNE-MARIE SWART VAN MONTANA IN PTA

Annelise ·

Sterkte aan Amore wat moet sterk staan vir Joost en haar kinders. Ook sy verdien haar Springbok kleure!! Joost is ‘n vegter op en af die veld. Hy is ‘n hero!

Hannelie ·

Ek stem saam jou. Ongeag hul verskille ens. was sy nog die heeltyd ondersteunend. En het hom altyd betrek by hul kinders se aktiwiteite. Sy kon lankal aangegaan het, ‘n nuwe begin maar sy is ALTYD daar vir hom. Ek groet jou Joost God se tyd is nie ons s’n. Jy was goeie voorbeeld van ‘n vegter. Sterkte Amore en kinders xx

Heloize ·

Liewe Joost jy was so groot rolmodel vir baie jong seuns. Jy is ‘n vegter en laat jou deur niks onderkry nie. Ons bid vir jou en ons bly trots op jou.

Christine ·

Joost, ek dra jou, jou familie, vriende en versorgers op in my gebede.
Dankie vir die baan brekers werk wat jy vir slagoffers van hierdie verskriklike siekte gedoen het.
Ek bid dat hierdie kliniek ń groot sukses sal wees tot eer en verheerliking van God se naam. Jou tasbare getuienis van Sy liefde vir jou.
Ek weet dit is nie die einde nie, net n nuwe hoofstuk.
Tot ons paaie kruis in die hemel…
Met Groot Dankbaarheid
Christine Fourie

Yvonne Ackerman ·

Joost, onthou altyd dat GOD sy mooiste blom altyd eerste kom pluk. God hou jou styf vas en sal jou familie en kinders altyd toevou in sy arms en hulle die nodige krag gee. Hulle sal jou altyd onthou vir die wonderlike vader wat jy vir hulle was. Jy is iemand om op trots te wees.

Johann ·

So Hartverskeurend om ‘n held van ons tyd so te sien ly, my hart gaan onophoudelik uit na hom en sy gesin. Wees verseker van ons opregte gebede

petrie ·

Dem…hierdie is n verwoestende siekte. Mag die Here vir jou vrede en kalmte gee in hierdie tyd Nr 9…hierdie hele land staan agter jou

Jackie ·

Sterkte Joos. Jy is n wonderlike mens en n man met n sterk veggees. God sal jou en jou gesin toevou met al Sy liefde. Staan sterk. Jy is n inspirasie vir almal van ons. Ek dra jou en jou gesin op in my gebede.

NR9 ·

Ai Joost dit ruk my hart velemaal was jy in my sitkamer waar ek my longe vir jou uitgeskree het wat n yster was jy nie mag God jou en jou gesin styf vashou want die siekte van jou was en is jou grootste game ooit en die keer skree ek met n traan in my oog sterkte aan jou my Groot bloubul

Alida ·

Joost ons respekteer jou privaatheid en bid dat jy met waardigheid sterf. Ek vra mooi vir die media om nie weer n sirkus te veroorsaak nie. Ons weet dat Joost nooit weer n menswaardige lewe sal lei nie.

Namibiër ·

Uitverkore kind van God. Nes ‘n Job van ouds het jy menige siel na Hom gebring gedurende hierdie lyding. Altyd moedig, altyd bemoedigend en nooit ooit kla jy nie, want ook jy dra jou kruis met geloof en liefde. Groot sal jou beloning in Sy Koninkryk wees. Sterkte met die laaste pylvlak ou maat ons weet dat jy dit met vreugde en Jesus aan jou sy sal voltooi.

Hannetjie Pretorius Klue ·

Hallo aan al Joost se familie en vriende!!!! Ek is Hannetjie Pretorius Klue en is wreed lief vir Biekies!!!! Mariaan en Gustav ek bid elke aand vir Joost..dis vir my so hartseer om hom so te sien!!!! kan my nie indink oor hoe julle moet voel. Aan Kallie Biekies Gert Joost Nettie…Hasie..vergewe my ek kan op die oomblik nie almal se name onthou nie. Ons glo almal in dieselfde God…ons is en was almal Pretorius en het goeie tye saam met jul ouers op plaas deurgebring….ons plaas Berlyn..julle Hanover..ons turf julle rooigrond..saam bus gery Tuinplaas toe. Toe Joost Klein Hanover gekoop het, het ek gejubel van blydskap want dis waar ons almal vandaan kom..Mariaan en aan julle ander kinders wat ek nie ken nie..ons bly almal op ons kniee….niemand weet of ons more gaan sien nie.

Onse Vader in die Hemel hou U U hand van beskerming en genesing oor Joost en Amor en hul kindertjies..en ook aan al die ander naaste familie. Ek bid dit nie omdat ons dit verdien nie maar alleen uit genade. AMEN

Hannetjie Pretorius Klue ·

Baie dankie vir die beskerming van privaatheid! Hoogste waardering.

Schalk van der Walt ·

Joost, net die beste word jou en almal na aan jou toegebid. Mag God jul dra en help deer die moeilike tyd. Mag net sy wil geskied. Jy sal altyd ons sportheld bly. Ek stem saam Arno, jys n YSTER

JDT ·

Joost jy is n fighter, n voorbeeld vir almal. Dapper en nederig, n held vir altyd.

Medelyer ·

Ek verstaan en het baie simpatie. Onthou jy weet net as jy dieselfde paar skoene dra. Sterkte…!!

Beatrix Scholtz ·

Joost ons sal jou altyd onthou as die ikoon van ‘n rugby speler…alle sterkte word jou toegebid asook vir Amore, kinders en familie….mag Sy wil geskied…..

Johannes ·

Mooiste blom…legend…hero…? Sjoe wat het van die Afrikaner geword…

Corrie ·

Ai ou yster,ek weet nie hoekom jy so moet ly nie! Sterkte aan Joost se kinders,ouers en familie. En dankie Pieter dat jy hom so bystaan al die pad.

leon pit ·

Volgens ander media berugte is Joost nie op suurstof soos beweer word nie. Jy die feite agtermekaar asb.

Phillip ·

Dagsê Leon Pit

Maroela Media volstaan met die feite in die berig, soos deur sy broer bevestig. “Joost is al ʼn geruime tyd afhanklik van ʼn suurstofmasjien, maar is nie permanent daarop nie. Die suurstof word op sekere tye toegedien soos wat dit benodig word.”

Groete
Phillip Bruwer, nms Maroela Media

Linda ·

Almal groet Joost asof hy NOU al besig is om te sterwe. Nee hy is nie…..Net God kan dit bepaal.En Joost het ‘n veggees soos min. Dalk verras hy almal en leef nog jare !! Dis nie te sé as jy op suurstof is ,dat jou tyd aangebreek het nie, daar is duisende mense op suurstof wat jare leef. Joost het gekies om geloof te hè, ipv om in vrees te leef.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.