Jooste weier om voor ondersoekkomitees te verskyn

Markus Jooste. Foto: Steinhoff International

Markus Jooste, die voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff International, het Dinsdag geweier om voor die parlementêre komitees te verskyn wat rekeningkundige onreëlmatighede by die maatskappy ondersoek.

Jooste het gesê sy verskyning voor die komitees kan sy reg op ʼn regverdige verhoor ondermyn.

Jooste was veronderstel om Woensdag voor die staande komitee oor finansies, die staande komitee oor openbare rekeninge, die portefeuljekomitee oor openbare administrasie en die portefeuljekomitee oor handel en nywerheid te verskyn om sy rol in die rekeningkundige skandaal te verduidelik.

Die skandaal het verlede jaar die maatskappy se aandeleprys laat tuimel wat tot die verlies van miljarde rande gelei het. Jooste het onmiddellik bedank.

In ʼn brief van De Klerk en Van Gend Prokureurs, Jooste se regsverteenwoordigers, het Jooste gesê hy het besluit om “met respek die uitnodiging om voor die komitees te verskyn van die hand te wys”.

“Ons kliënt het genoem dat hy bedank het uit sy posisie as uitvoerende hoof van Steinhoff met effek van 6 Desember 2017 en hy is nie in ʼn posisie om betekenisvol by te dra om die komitees te help nie,” het Jooste se prokureurs gesê.

“Daarby is die Raad op Finansiële Dienste (FSB) tans besig om die Steinhoff-kwessie te ondersoek. Die FSB het ons kliënt gedagvaar in terme van die Wet op Finansiële Markte om ondervra te word oor ʼn wye verskeidenheid van kwessies wat met Steinhoff verband hou.”

Jooste se prokureurs het gesê aangesien daar verskeie strafregtelike aanklagte teen hom by die polisie aanhangig gemaak is, asook weens die feit dat die Valke bevestig het dat hulle die aanklagte teen Jooste ondersoek, dui alles daarop dat hy waarskynlik vervolg sal word oor die Steinhoff-aangeleentheid.

“Om voor die komitees te verskyn om ondervra te word oor Steinhoff sal, onder hierdie omstandighede, ons kliënt se reg op ʼn regverdige verhoor ondermyn,” lui die brief.

Die komitees het in reaksie hierop gesê hulle sal die parlement se regseenheid raadpleeg om te besluit of hulle Jooste gaan dagvaar om te verskyn. Hulle sal die Speaker oor hul besluit inlig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Sollie ·

Ek het vir jou RAAD, SPEEL SIEK. Dit is wat almal doen wat voor dissiplinere komitees en in howe moet verskyn vir wat hulle aangevang het . SPEEL SIEK, en word dan in die hospitaal opgeneem .. en bly daar tot die stof gaan lê het en net soos jy sien dit kom weer nader aan die hofsaak dan word jy WEER SIEK .. mens kan dit nogals lank uitstel . tot na jou aftrede.

marous ·

Briljante idee ! En hy mag maar gaan golf speel al is hy terminaal siek ….

Nettie ·

@Sollie – baie wyse raad, baie wys – inderdaad! Ou Jackie het dit gedoen, toe Schabir, toe (meer onlangs) Gigaba, so hoekom kan Marcus dit nie ook doen nie?

Paul ·

Waarom moet hy voor ‘n parlementere komitee verskyn, water verduideliking is hy aan hulle verskuldig? Is hulle sy baas. As dit so is, kan die komitee dan mos nou enigiemand hiet en gebied.

Paul ·

Ek was dan van mening dat die komitees het ‘n oorsigrol oor net regeringsinstellings te speel en nie ook privaat instansies nie. Hierdie komitee het mos nou ‘overreach’ en is dit reg dat sy prokureurs heel hoflik vir die komitee laat weet het hy kan nie aan hul wens voldoen nie.

Piet Snot ·

Ek vermoed jy’s reg, Paul.
Wat het die parlement skielik die reg gegee om op te tree asof hy ‘n hof is, oor privaatbesighede se privaatsake?

siek en sat ·

Daar is mense wat hulle lewe sal verloor as hulle oneerlik is agv die werk wat hulle doen , dan kom jooste en pleeg bedrog en dan wil hy homself verontskuldig daarvan. Tronkstraf word vir hom aanbeveel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.