Jordan bedank uit ANC

Pallo Jordan Foto: africasacountry.com

Pallo Jordan Foto: africasacountry.com

Pallo Jordan, senior ANC-LP, het uit die parlement bedank en aan die regerende party om verskoning gevra oor bewerings dat sy kwalifikasies vervals is.

Jordan het ook as lid van die nasionale uitvoerende komitee (NUK) van die ANC en uit die ANC bedank, het Gwede Mantashe, die party se sekretaris-generaal, Maandag gesê.

“Getrou aan sy aard het hy om verskoning gevra aan die ANC, sy lede en die land as ʼn geheel,” het Mantashe in ʼn verklaring gesê. Hy het gesê die party aanvaar Jordan se openbare verskoning en bygevoeg dit is moeilik om verskoning te vra. “Dit is nie nodig vir ’n man van Jordan se intellek om die misleiding voort te sit nie; hy moet tyd gegun word om sy skuld te verwerk.”

Volgens Mantashe het die ANC Maandag ʼn gedetailleerde verklaring van Jordan ontvang oor bewerings dat sy kwalifikasies vervals is. Sy bedanking uit die parlement word aanvaar, maar die bedanking van sy lidmaatskap uit die NUK en die ANC is na die strukture van die organisasie verwys.

Die Sunday Times het verlede week berig dat daar nie bewyse is dat ʼn eredoktersgraad ooit aan Jordan, wat die titel “dr.” gebruik, toegeken is nie. Hy het ook nie enige grade of diplomas van die Universiteit van Wisconsin-Madison of London School of Economics, soos wat op sy CV aangedui word, nie. Volgens die publikasie het Jordan geen formele tersiêre akademiese kwalifikasie nie.

Stone Sizani, hoofsweep in die parlement, het vroeër gesê met of sonder kwalifikasies bly Jordan ʼn bron van trots vir die party. “Alhoewel akademiese prestasies belangrik is, kan dit nooit regtig iemand se wysheid, intelligensie of intellektuele diepte definieer nie,” het Sizani gesê.

Die Sunday Times het Sondag berig dat Jordan nog nie ʼn woord gerep het sedert die vorige berig nie, en hy is vandeesweek as rubriekskrywer by Business Day gepos omdat hy nie sy weeklikse rubriek by die publikasie ingedien het nie. Sy naby vriende, kollegas en bure het hom glo ook nie intussen weer gesien of van hom gehoor nie. Sommige het gesê hulle is bekommerd.

Die ANC kon Sondag ook nie dadelik lig werp oor waar Jordan homself bevind nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

vuilbaard ·

“Alhoewel akademiese prestasies belangrik is, kan dit nooit regtig iemand se wysheid, intelligensie of intellektuele diepte definieer nie,” het Sizani gesê. O goed, dan is ek van nou af PROFESSOR DOKTOR want ek is BAIE slim, wys en intelligent – moet my net nie vra om dit te bewys nie!

Die vent is nou SOOO jammer – maar SLEGS omdat hy uitgevang is! Anders sou hy nog vir jare en jare op die voordeel van sy “kwalifikasies” geteer het!

En gaan hy nou AL die voordele wat hy al vir jare geniet het, teruggee? I don’t think so!

alet ·

Dit was nou n lekker geld maak storie net soos wat van hulle daar sit met n Gr3 en miljoene kry per maand

Henrietta Klaasing ·

Ten minste het hy die ordentlikheid gehad om te bedank. Een skelmstreek is so groot soos die ander – – ewe groot skelms sit steeds skaamteloos daar

Andries ·

N mens het nie meer woorde vir die land nie. Wens ek kan bekostig om weg te kom.

Willie ·

Gaan die ander sy voorbeeld volg en ook bedank oor vals kwalifikasies?

Grassie ·

Jordan het in die verlede al erg beledigende aanmerkings omtrent die witmense in die land kwytgeraak Ek is bly om hom te sien gaan. Soos die Engelse sê – “Good riddance.”

Babs ·

Nou moet die ander ook maar sy voorbeeld volg. Daar sal ‘n nuwe verkiesing moet plaasvind want min gaan oorbly. So vertrek hulle wanneer hulle geldkoffers gevul is.

Eben ·

En almal spreek die korrupte lid aan as Dr …. my liewe aarde!!

Kan die media ook ondersoek instel, het zumie regtig grd 3?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.