Jordan kry glo doktorsgraad by publikasie

Pallo Jordan Foto: africasacountry.com

Pallo Jordan Foto: africasacountry.com

Pallo Jordan het byna 30 jaar gelede tydens ‘n gesprek gesê dat hy sy doktorsgraad van die publikasie Africa Confidential gekry het, het Beeld Donderdag berig.

Gail Gerhart, afgetrede professor en skrywer, en sy kollega Thomas Karis het glo in 1986 in Lusaka in Zambië saam met Jordan middagete geëet en hom gevra waar hy sy doktorsgraad verwerf het.

“Ek onthou sy presiese woorde: ‘My doktorsgraad is deur Africa Confidential aan my toegeken’, het hy met ‘n groot grynslag gesê. Ons het almal daaroor gelag en die onderwerp verander,” het Gerhart gesê.

Africa Confidential is ‘n Britse publikasie wat sedert 1960 oor politieke en ekonomiese kwessies berig.

Jordan het Maandag as ANC-LP bedank en ook aangebied om afstand te doen van sy pos as lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee sowel as sy partylidmaatskap. Dit het gevolg nadat die Sunday Times berig het dat hy nie oor ‘n doktorsgraad beskik nie.

Prof. Stephen Ellis, Africa Confidential se redakteur tussen 1986 en 1991, sê hy kan nie onthou dat hy ooit ‘n artikel geskryf het oor Jordan wat nie ‘n doktorsgraad het nie, maar dat hy al ‘n lang tyd bewus is daarvan.

Hy sê die publikasie het moontlik voor hy redakteur was, ‘n artikel geskryf waarin daar gesê is dat Jordan ‘n doktorsgraad het. Hy sê Jordan het moontlik daarvan gehou en dit begin gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Griet ·

Normale mense verwerf hulle doktors grade aan Universiteite, van wanneer af ken mediapublikasies grade toe? Vra maar net……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.