Jordanië-skietery: SA man was van Gauteng

jordanieDie Suid-Afrikaner wat by ʼn polisieopleidingsentrum in Jordanië doodgeskiet is, was van Gauteng.

Nelson Kgwete, woordvoerder van Suid-Afrika se departement van internasionale betrekkinge, het gesê die 37-jarige man het vir ʼn Amerikaanse veiligheidsmaatskappy gewerk. Volgens Kgwete is die oorledene se naasbestaandes van sy dood ingelig.

“Die regering wil graag sy meegevoel met die familie en vriende van die oorledene betuig. Konsulêre bystand sal aan die familie verskaf word,” het Kgwete gesê.

Die Suid-Afrikaners en twee Amerikaanse instrukteurs is glo deur ‘n Jordaniese veiligheidsbeampte doodgeskiet. Die skieter is ook tydens die voorval doodgeskiet. Hy het glo nog twee Amerikaanse instrukteurs en vier Jordaniërs gewond. Dit is nog nie duidelik wat tot die skietery gelei het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.