Joslin-verdagtes bly agter tralies

Kelly Smith (middel) en haar medebeskuldigdes Maandag in die hof. (Foto: NVG)

Joslin Smith se ma het Maandag geglimlag terwyl fotograwe haar in die landdroshof op Vredenburg afgeneem het.

Kelly Smith, haar kêrel, Jacquin (Boeta) Appollis, Steveno van Rhyn en Renzia Lombaard, het weer vlugtig verskyn voordat die saak tot Julie vir verdere ondersoek uitgestel is. Die ondersoek sal na verwagting teen daardie tyd afgehandel wees en die beskuldigdes behoort ook dan te hoor in watter hof die saak aangehoor gaan word.

Die sesjarige Joslin van die informele nedersetting Middelpos naby Diazville in Saldanha aan die Weskus, is nog nooit gevind sedert sy 13 weke gelede op 19 Februarie spoorloos verdwyn het nie.

Joslin Joshlin Smith, vermis, Saldanha, Diazville, gesoek

Die vermiste Joslin Smith van Saldanha in die Wes-Kaap. (Foto: Wes-Kaap Polisie)

 

Die hof het Maandag gehoor dat die polisie die forensiese uitslae van die toetse op klere en ander items waarop beslag gelê is, ontvang het. Die bevindings is nie bekend gemaak nie.

Aradhana Heeramun, die staatsaanklaer, het gesê die ondersoek duur voort en dat alle inligting wat die polisie ontvang, opgevolg word.

Kelly Smith Maandag in die hof. (Foto: NVG)

Die polisie ondersoek tans ook data wat op selfone gekry is.

Die beskuldigdes staan tereg op aanklag van mensehandel en ontvoering. Hulle bly in aanhouding totdat hulle weer op 15 Julie in die hof moet verskyn.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Danie ·

Word aangehou op vermoede.Dit sal baie interresant wees om saak in hof te volg indien enige.

Swerwer ·

Niks minder as reg dat hul agter tralies bly nie. My hart gaan uit na die dogtertjie, die trauma, vrees en onbekende moet verskriklik wees. Sy is so pragtig en haar lewe verwoes deur ………………..

JOHN ·

Ek weet nie hoekom sy ‘n glimlag op haar gevreet het nie !

JohanR ·

Maar is HULLE rerig die skuldiges. In Engels se mens – it all seems a bit up in the air!

Wondermaarnet ·

Nou moet ons belastingbetalers verder vir die lot sorg.

Monja ·

In die vroeer jare was sulke mense “ge-torture” tot hulle praat. Vandag skend dit hulle mense regte? Kan nie èèn hulle mond oopmaak en praat nie??? Nee wat, hierdie lot lei die kat al om die bos.

Michael ·

Wilde diere gooi nie eers hulle kinders so weg nie ,hulle is gewetenlose skurke

Ronel ·

Ek bly eerder stil-as ek moet se wat ek voel sit ek self agter tralies…..die duiwel is behoorlik los in ons land en sy mense

Vanessa ·

Hoe kan jy as moeder glimlag as jou kind weg is. Dit ontstel my so dat ek wil uitbars in trane, net die wete dat as jy nie eers jou mamma kan vertrou nie, wie vertrou jy dan.

Gaitsigubib ·

Al wat ek oplet is dat haar ma baie tevrede lyk met haarself in die hof. Sy het seker haar donker meester gelukkig gemaak.

Sêmanet ·

En intussen bly die dogtertjie nogsteeds WEG. Al bly hulle in die tronk, gaan dit nie die kind se kanse op leef waarborg nie. Die ander “inmates” moet maar met hulle gal werk om te praat.

Duck ·

Ek is nou nie een wat klip gooi nie, maar hoekom word hul agter tralies gehou as hul nie skuldig bevind is nie? Het die wet dan nou verander dat jy skuldig is voordat jy skuldig bevind word? En ek glo nie hulle is instaat om die land te verlaat nie, so hoekom dan nou toegesluit word vir niks?

Bolandse Nooi ·

Die “ma” lyk vir seker beter. (1) Sy is vir ‘n verandering SKOON … fisies sowel as dwelmvry. (2) Sy kry gereeld kos en het nie die keuse om kos vir dwelmgeld te verruil nie. Dit gaan met haar beter in die verhoor-afwagtende aanhoudingselle, as in haar vuil, verflenterde, dwelmdeurdrenkte plakkershut.

AH ·

Die Ma is skuldig! Mens kan aan haar houding sien hoe sy die aandag geniet en glimlag, die hare wat so reguit gestryk is so gooi asof sy op ‘n mode parade is! Daar is geen sweempie van hartseer of berou by haar te sien nie. Ek sou graag daardie glimlag van haar gesig wou afvee….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.