Joslin se ma in hof oor verdwyning

Kelly Smith, ma van die vermiste Joslin Smith (6), Donderdag in die landdroshof op Vredenburg. (Foto: Maroela Media)

Die ma van die vermiste Saldanha-dogtertjie, Joslin Smith (6), het Donderdag saam met drie medebeskuldigdes in die landdroshof op Vredenburg in die Wes-Kaap verskyn.

Die klagte teen Kelly Smith, haar kêrel, Jacquen Boeta Appollis, en nog twee beskuldigdes hou met mensehandel en ontvoering verband. Die twee mans en twee vroue het vlugtig in die landdroshof verskyn waar hulle om regshulp van die staat aansoek gedoen het.

Reagen Allen, LUR vir gemeenskapsveiligheid in die Wes-Kaap, het buite die hof gesê dat nog klagte moontlik teen die beskuldigdes gevoeg kan word.

Die saak is tot 13 Maart uitgestel om verdere inligting vir ʼn borgtogaansoek te bekom. Die beskuldigdes bly intussen in aanhouding.

Maroela Media het vroeër berig twee mans en twee vroue, tussen 26 en 34 jaar oud, is in verband met die dogtertjie se verdwyning vir ondervraging ingeneem. Brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, het vroeër ook aangedui nóg inhegtenisnemings kan dalk binnekort volg.

Joslin het op Maandag 19 Februarie in die Middelpos- informele nedersetting by Diazville in Saldanha oënskynlik spoorloos verdwyn.

Die gr. 1-leerder aan Diazville Primêre Skool se ma, Kelly, het haar ʼn dag later as vermis aangemeld.

Smith het Joslin glo op 19 Februarie in Appollis se sorg gelaat nadat die dogtertjie na bewering siek gevoel het. Smith kon ook aanvanklik glo nie vir Appollis opspoor nie en toe hy later opdaag, kon hy glo nie sê waar Joslin is nie.

Die soektog na Joslin is die afgelope week verskerp nadat daar oor die naweek items gevind is wat nou vir forensiese ontleding gestuur is. Saterdagaand is daar tydens een van die vele soektogte na Joslin op bebloede klere in ʼn oop veld in die gebied afgekom.

Joslin is egter steeds nie gevind nie.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Lizelle ·

Wens hul wil daai ma loslaat sodat die mense van die gemeenskap met haar kan afreken! En Sondag het jy gestaan en “kamma”hul op die verhoog tydens die erediens vir Joslin. Mag jy vrot in die tronk

Janice ·

Ek het so baie om te se, maar dit gaan my in die tronk laat beland vir crimen injuria.

Delia ·

Dit steek my dwars in die krop dat hulle mag vra vir staatshulp, maar sy gee Joslin geen hulp.
Ja ja, almal het regte. En dis juis die probleem deesdae. Almal kry regte. Baie min mense verdien hulle regte

Porseleintjie ·

Van die begin af was dit duidelik dat sy niks gevoel het oor Joslin se verdwyning nie. Eenvoudig, want syt geweet wat sy gedoen het.

Lakemalawi ·

Hoe bitterlik hartseer is dit, hoe doen mens dit aan jou eie bloed?

Dwayne ·

Vanaf die storie gebreek het en ek het die “ma” gesien het ek geweet sy en die “kerel” het iets met dit te doen. So duidlik soos daglig. hoop daar is mense in die tronk wat aan hulle sal doen wat hulle aan die arme kind gedoen het.

KaRoOkWaGgA ·

Mens kan sulke mense nie met ‘n dier vergelyk nie, want ‘n dier sal nie so iets aan hul eie werpsel doen nie.

bolletjie blom ·

Na so paar dae in die tronk en as die dwelms uitgewerk het kan hulle mos weer leuenverklikker toetse laat doen.

Vinny ·

sover ek weet is een kind reeds van haar af weg gevat, hoekom het Joslin moes agter bly…nee die dinge maak my siek en sat. Kinders en diere word te veel mishandel deur gemors wat nie in die samelewing hoort nie.

Dandeleen ·

@melW eintlik is jy nie veronderstel om ‘n poligraaf vir mense op drugs te gee nie, die toetse sal nie reg uit kom nie.

Minnie ·

Gee haar vir mammas soos ek. Ons sal haar wys en laat voel wat n ma nie met n kind doen nie.
Arme mooi kindjie. Kan net bid dat sy nog leef….

Ore ·

Nogal jammer dat sy, die ma reeds deur die lesers skuldig bevind is. Is dit nie volgens reg dat alle verdagtes aangekla word nie? Onskuldig tot skuldig bevind word. Ek herhaal , hier kan moontlik dwembase betrokke wees oor skuld vir uitstaande skuld. Ek glo in haar onskuld en hoop nie ek word verkeerd bewys nie. Indien die pa geweet het van die dwelm probleem waarom het hy nie die welsyn genader om die kinders te verwyder nie? Waar is die bure en ander familie?

Diepoppie ·

ekt nie woorde nie. Ek huil hier waar ek sit, hoe kan n mamma dit aan haar eie kindjie doen?!? My hartjie wens dat sy lewendig gevind word maar my brein sê iets anders..

Karoo ·

Op my knie hoop ek … net nie dat die Ma hierby betrokke is nie. Ons gemeenskappe is reeds so disfunksioneel…die tyd stap aan, ek bevrees die ergste het reeds gebeur. Mag ek verkeerd wees.

miche ·

So die dogtertjie se biologiese Pa was toe wel reg toe hy vermoed het die Ma was betrokke ( volgens mediaberigte).

Bolandse Nooi ·

Liewe land!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Snot en trane sit sy daar en huil en pleit dat “die mense wat haar kind het” haar tog net moet terugbring. Dít terwyl sy – vermoedelik – geld gekry het vir die kind!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Di ·

Daai gesig spreek boekdele. Hoop die waarheid kom uit en die skuldiges word bekend gemaak

Mariana ·

Te veel stories en bespiegelinge, geen ware feite nie. Geen ware bewyse nie en ja ek vermoed ook die ma weet iets en die kêrel ook. Hulle was beskonke en sou enigiets doen vir hul vieslike verslawing. Sy lyk en klink nie soos ‘n bekommerde ma nie, reageer ook nie so nie. Dit laat mens dink.

Henry ·

Mens kan net hoop die kind word lewend gevind anders sal dit regverdig wees om daai ma vir ewig uit die samelewing te verwyder

Jannie ·

Slagoffers het geen regte nie – lewend of dood. Misdadigers daarenteen word op die hande gedra. Wat ‘n skande!!

Niklaas ·

Daardie arme dogtertjie het so iets nie verdien nie, (as die media stories waarheid bevat natuurlik). Laat almal maar net hoop dat sy lewendig gevind word.

Catharina ·

Watter ma, se ek van die begin af, as jou kind weg is gaan jy eers 24 uur later polisie toe?
Hoe slaap jy dan die aand. Ek sou DADELIK gegaan het. Skandeloos! Ek het ook van begin af vermoed. Deesdae se poligrawe word maklik deur seker mense gefnuik, veral as hulle nie stres of omgee nie.

miche ·

Dis sulke tye wat ek dink hul moet die Sharia law/ wet in hierdie SA hool inbring.

Hazel Dean ·

Hulle verdien nie om asem te haal nie. Die kindjie is “nog nie gevind nie” want sy is sekerlik al om die lewe gebring siende dat n sangoma betrokke is…

Koen ·

@Catharina. Watter ma vermoor haar 3 kinders en kry dan die simpatie van die meeste mense hier.

Joan ·

Die kindjie kon die dag nie skool toe gaan nie omdat sy siek gevoel het. Ma kon nie tuis bly nie, maar “boyfriend” kon . . . . (nie self ‘n werk nie?) en toe is hy ook weg van die huis af, en laat dogtertjie alleen…. eish! Ma, as jy nie tuis kan bly nie omdat jou kind siekerig voel, en jy het geen plek om haar veilig te laat bly nie, vat haar skool toe, daar is ‘n siekekamer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.