Joslin Smith: 32-jarige vrou in hof

Joslin Joshlin Smith, vermis, Saldanha, Diazville, gesoek

Die vermiste Joslin Smith van Saldanha in die Wes-Kaap. (Foto: Wes-Kaap Polisie)

ʼn 32-jarige vrou sal Maandag in die Vredenburg-landdroshof verskyn in verband met die verdwyning van die sesjarige Joslin Smith.

Lt.kol. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, sê dit is normale praktyk om tydens sulke ingewikkelde ondersoeke mense van belang vir ondervraging in te neem of onderhoude met hulle te voer om só saak op te los.

“In die belang van die saak en om Joslin op te spoor, kan ons nie enige bedryfsbesonderhede bekendmaak nie. Ons kan ook nie stap-vir-stap onthul hoe die ondersoek ontvou nie, omdat dit die ondersoek kan benadeel.”

Pojie sê die polisie sal inligting deel indien nog mense in die hof verskyn in verband met die saak.

Talle gemeenskapslede het vandeesweek buite die hof opgeruk waar Joslin se ma, Racquel (Kelly) Smith, en haar drie medebeskuldigdes, kêrel Jacquen (Boeta) Appollis, Steveno Duwayne en Phumza Sigaqa verskyn het.

Klagte is intussen teen Sigaqa, wat aanvanklik daarvan verdink is dat sy ’n sangoma is en ’n aandeel in Joslin se verdwyning gehad het, teruggetrek. Die ander beskuldigdes het besluit om nie in dié stadium om borgtog aansoek te doen nie.

Joslin het op 19 Februarie verdwyn toe sy buite haar huis in die Middelpos- informele nedersetting in Diazville, Saldanhabaai gespeel het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Michael ·

Ek kan nie glo die mense is so harteloos nie,hoekom wil hulle nie sê waar die dogtertjie is nie.

Casper ·

Hoekom sal die vrou in die hof verskyn as sy nie aangekla is nie.Sy sal net gearresteer word as daar prima facie bewyse is dat sy wel betrokke is.Die tyd loop uit om Joslin op te spoor, dood of lewendig.

Lizelle ·

Mooiste Poppie. Ek bid dat jy veilig gevind sal word en by mense geplaas word wat vir jou die lewe gee wat jy verdien.

Loun ·

Martel hulle tot hulle sê waar daai mooie kind is…..
Hulle verdien net pyn….

Karoo ·

As die onskuldige kind ooit lewend gevind gaan word…. sal dit voorwaar ‘n wonderwerk wees!!! Ek wonder hie die Pa van die dogter hiermee “cope”…. niemand se niks oor hom nie.

Nico ·

Die polisie doen nie hulle werk om hierdie saak op te los nie, hoelank gaan die SAPD nog soek om hierdie kind op te spoor.

Namgrl ·

more gaan dit presies ‘n maand wees. hoekom kan niemand iets se nie??? die antwoorde moet uit hul gevorseer word….polygrafiese toetse help vir niemand niks nie. Het jul al so ‘n koue ma gesien??? IEMAND moes al geknak het. Maar, die kriminele het mos die gereg aan hul kant, want hul mag nie aangeraak word nie. Todat hul die kind kry en dan hoor dat sy 10dae gelede nog geleef het (voorbeeld) DIT WORD TE LANK GESLOER!!!

Bekkie ·

Nou se hulle sy het buite gespeel? Was sy dan nie siek in die huis nie? Eish…………

Kensy ·

Namgrl, Erkenings/ bekentenisse onder dwang is nie toelaatbaar in die hof nie en sal geen doel dien nie, – inteen deel dit kan maak dat die skuldiges vrygespreek word.

Namgrl ·

Kensy, ek hoor wat jy se ja. sjoe, maar sulke goed maak mens net mal.

Delia ·

Kensy, ek hoor jou. Maar jene. Wat moet daai arme kleintjie nie onder dwang doen nie. As sy nog leef. En ek glo sy leef nog.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.