Joslin Smith: Polisie bevestig ondervraging van vier mense 

Joslin Smith (Foto: Facebook)

Die polisie in die Wes-Kaap het pas bevestig dat vier mense ondervra word in verband met die verdwyning van die sesjarige Joslin Smith.

“Die vier persone wat deur die span ondersoekers ondervra word, is twee mans en twee vroue van tussen 26 en 34 jaar oud,” het brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, bevestig. Sy het gesê inhegtenisnemings kan binnekort volg.

Die polisie het nie gereageer op berigte dat Joslin moontlik vir duisende rand verkoop is nie. Volgens Potelwa behoort daar binnekort inligting te wees oor waar Joslin haar bevind.

Maroela Media het vroeër berig die soektog na die sesjarige Joslin is verskerp nadat daar oor die naweek items gevind is wat nou vir forensiese ontleding gestuur is.

Volgens die polisie is ʼn gebied in Diazville geïdentifiseer wat as deel van die koördinering van die soektog in sones onderverdeel is.

Maroela Media het vroeër berig daar is Saterdagaand tydens die soektog op bebloede klere in ʼn oop veld afgekom.

Joslin het op Maandag 19 Februarie in die Middelpos- informele nedersetting by Diazville in Saldanha verdwyn.

Joslin, ʼn gr. 1-leerder aan Diazville Primêre Skool, is op 20 Februarie deur haar ma, Kelly Smith, as vermis aangemeld. Smith het Joslin glo op 19 Februarie in haar kêrel, Jacquin Appollis, se sorg gelaat nadat sy glo olik gevoel het.

Smith kon glo ook aanvanklik nie vir Appollis opspoor nie en toe hy later opdaag, kon hy glo nie sê waar Joslin is nie.

Jose Emke, Joslin se pa, bly naby Springbok in Namakwaland, maar het intussen na Saldanha gereis. Hy het gesê hy het sy dogtertjie in November laas gesien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Lettie ·

Laat sy asb, as die Here wil, lewend en ongedeerd gevind word. Dink elke oomblik aan die dogtertjie.

George ·

Ek wil nie eers dink die vrees wat in die kindjie moes wees nie.

RS ·

Hulle moet gaan soek in die vullis hope en plekke waar gemors le in die area van Saldanha.

Ek bid dat sy gevind word, maar soos die dinge gewoonlik uitspeel is dit reeds te laat om haar lewe te red.

Namgrl ·

Ag Vader in die Hemel. Laat sy tog veilig wees. Ek het dan so ‘n onaardige gevoel….laat sy nie pyn het nie…. Dit is nou te lank…. Ai tog, die waarheid staar ons in die gesig….maar ons wil nie…die beskaam mos niemand nie…

Koen ·

Waar is almal wat so simpatie gehad het met die moordenaares van haar drie dogtertjies. Lê julle nou laag?

Zara ·

Hierdie arme kind, die haglike omstandighede by die huis, en nou dit, dit moet uiters traumaties wees! Die ma is netso skuldig.

Sokrates ·

Ek weet dit is n futiele en ydele gedagte, maar n mens mag droom….Ek droom daar was in elke provinsie oorgenoeg kinderhuise met warm huislike atmosfeer, goedhartige huisouers en opgeleide maatskaplike werkers. En genoeg befondsing. Ek wens elke kindjie wat so argeloos bedags sonder sorg in strate ronddwaal, emosioneel en fisies afgeskeep en verwaarloos, kon soontoe gaan……ek droom dat alle mense eers basiese ouerskaptoetse moet slaag voordat hulle kinders mag hê….”Wee die een wat iets doen om n kind te laat struikel, dis beter dat n meulsteen om sy nek gehang word en hy is die dieptes van die see gewerp word…” sê die Bybel. God ween oor de onreg wat aan ons kinders gedoen word. Dit sal nie ongestraf gelaat word nie.

Namgrl ·

@Sokrates og, geneig om met jou saam te stem.. En dai Bybel vers….

Bolandse Nooi ·

@Koen, wat het die Lauren Dickason-saak met Joslin se verdwyning te doen? Impliseer jy dat die ma dalk vir Joslin verkoop of vermoor het? Dan moet jy DADELIK polisie toe gaan, want dit lyk my jy het “inside info” wat nie eens die polisie het nie.

Marlene ·

@Sokrates – ek droom saam met jou. Mag hierdie kindje veilig gevind word. Ongeskonde sal sy verseker nie wees nie … hartseer realiteit

bolletjie blom ·

Komende van die ma se suster wat in die polisie is wou sy al 2 jaar terug vir Joslin verkoop het.

George ·

@BolandseNooi, ek stem, Dickeson het 3 kinders vermoor, en wil nie “ma” staan vir haar dade nie. Nes hier.

Delia ·

Wat het hasr suster gedoen aan die dreigement 2 jaar terug as dit die waarheid is synde sy in die SAPS dien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.