Joslin Smith: Staat wil borgtog teenstaan

Kelly Smith, Joslin se ma (33), Donderdag in die landdroshof op Vredenburg. (Foto: Verskaf / NVG)

Sou die vier beskuldigdes in die saak van die vermiste Joslin Smith (6) om borgtog aansoek doen, sal die staat dié aansoeke teenstaan.

Racquel (Kelly) Smith (33), Joslin se ma, het Donderdag saam met haar kêrel, Jacquen (Boeta) Appolis (31), Steveno Duwayne Van Rhyn (27) en Phumza Sigaqa (wie se ouderdom nog bevestig moet word), in ʼn volgepakte landdroshof op Vredenburg in verband met die dogtertjie se verdwyning verskyn.

Luidens die klagstaat word die vier van mensehandel vir uitbuitingsdoeleindes en ontvoering aangekla. Nog klagtes kan moontlik later bygevoeg word.

Die staat voer onder meer aan dat die beskuldigdes tussen 19 Februarie en 5 Maart onwettig en doelbewus saamgesweer het om met Joslin te handel; en dat hulle vir ʼn gemeenskaplike doel saamgewerk het om die kind doelbewus van haar vryheid te beroof – tot só ʼn mate dat sy steeds nie gevind is nie.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag in die Wes-Kaap, sê die staat is besig om verdere bewyse teen die beskuldigdes te versamel.

Kelly Smith (tweede van regs), Jacquen (Boeta) Appolis (links), Steveno Duwayne Van Rhyn (tweede van links) en Phumza Sigaqa (regs) Donderdag in die landdroshof op Vredenburg. (Foto: Verskaf / NVG)

Joslin het op 19 Februarie verdwyn toe sy buite haar huis in die Middelpos- informele nedersetting in Diazville, Saldanhabaai gespeel het.

Talle mense het Donderdag buite die hof saamgedrom en geregtigheid vir die kind geëis.

Smith, Appolis, Van Rhyn en Sigaqa is tans in aanhouding en sal op 13 Maart weer in dié hof verskyn.

Volgens die staat is nog inhegtenisnemings ook moontlik.

Lt.genl. Thembisile Patekile, die Wes-Kaapse polisiekommissaris, het buite die hof gesê dat die polisie beslis hulp nodig het om Joslin op te spoor, maar terselfdetyd gepleit dat mense nie valse inligting moet versprei wat die ondersoek in die wiele kan ry nie.

“Inmenging met die ondersoek gaan ons nie help om die kind op te spoor nie,” het Patekile gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Wondermaarnet ·

Hopelik word hul gal gewerk in die tronk om die waarheid te praat.

Skappie ·

Hulle moet glad nie borgtog toegestaan word nie, nie voordat Joslin gevind is nie.

Renier ·

Ronel ja,n stuk binneband word styf oor jou gesig getrek,baie seer,mense praat gou. werk beter as water boarding…

LIEZL ·

hulle lyk te koel en kalm. Sjoe, 33 jaar oud, sal dit glad nie sê nie

Casper ·

Renier,nee jy vat ‘n lap bandsaw maak hom nat en trek hom oor hulle koppe,glo my jy kry nie ‘n sent se asem nie en geen let’s else nie of vat ‘n ysblokkie en………………in,dit maak seer maar geen let’s else.’n MA wat haar kind verkooop vir dwelmgeld,sy verdien nie om te lewe nie.

Andre ·

…ma se voorkoms boesem nie vertroue in nie!
Nie veel moeder- liefde ddar nie!

Morne ·

Sover ek verstaan, het Stefano , en die ma en haar kerel klaar erken hulle het die kleintjie verkoop.

So, die enigste persoon wat sal weet waar sy is , is die sangoma. En die praat glad nie.

Sê maar net ·

Mens haat dit, om dit te sê, maar as sy aan ‘n sangoma verkoop is, lewe sy nie meer nie. Ai Here dan glo ek dat sy nou in die Hemel speel.. dierbare kindjie….

Helena ·

Van Rhyn….. Verbeel ek my of was hy nie die ou wat op video was wat verklarings afgelé het en meer rondom daardie spesifieke dag gepraat het nie…. Ek kan nie onthou Wie het onderhoud met hom gevoer?

NWT ·

Gemeenskap soek al weke lank……dag en nag. Nou mag hul nie eers die hofsaak bywoon. Nou word die beskuldiges soos VIP beskerm deur die polisie. Hof sit nou vol mense wat nie eers een keer na joslin gesoek het nie . Nou is die gemeenskap wat hul tyd opgeoffer het om die kind te soek skielik die polisie se vyand. Dus hoe die polisie mense hanteer nadat die gemeenskap hul ondersoekwerk moes doen. Dus die gemeenskap wat die verdagtes uitgewys het. Glo my indien die verdagtes skuldig bevind en gevonnis word gaan die eer na die polisie kom. Gemeenskap sal vergeet word. Totdat daar nog n Joslyn geval gebeur en dan skielik word die hulp van die gemeenskappe weer gevra.

Felix ·

In wie se sorg was klein Joslin nou eintlik gewees?Die foto’s wys almal hoe mooi was haar hare gedoen,die mooi klere wat sy aangehad het,die meubels in die agtergrond.Dit was defnitief nie in die shack gewees nie.Meñs wonder maar net hoe die arme kind in haar ma se sorg beland het.

Gaitsigubib ·

Ai tog, die kind se blas vel, helder ogies en veral haar onskuld het haar “waardevol” gemaak vir ‘n mark wat n poort na die hel oopmaak en oor n maand het almal daarvan vergeet.

Sêmanet ·

As daar nog doodstraf was, sou dit 100% gewerk het met sake soos hierdie. Forseer hulle om uit te wys waar sy is. Anders moet hul net in die tronk sit totdat sy gevind word. Ek sou nie vir borgtog aansoek as ek hulle is nie…… die gemeenskap wag in afwagting vir hulle.

George ·

Felix, in die ma se sorg, fotos kon enige plek geneem word. Maar haar primary caretaker was haar ma.

Katrina ·

Ag shame man, gee hulle borgtog….asb tog…. Ek is seker die gemeenskap wat onverpoosd na haar gesoek het, sal mooi vir hulle vra wat presies het gebeur en waar sy/haar liggaampie is. Ek glo die 4’tjies sal binne n halfuur geen probleem hê om in detail te verduidelik nie. …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.