Joslin Smith: Vrou maak glo bekentenis

Lourentia Lombaard in die hof. (Foto: Skermgreep)

Lourentia Lombaard is die jongste verdagte om strafregtelik van klein Joslin Smith se verdwyning aangekla te word.

Lombaard (32) het glo reeds ’n bekentenis afgelê. Sy het egter Maandag vir die eerste keer in die landdroshof op Vredenburg verskyn nadat sy oor die naweek in hegtenis geneem is. Sy staan ook tereg op aanklagte van ontvoering en mensehandel.

Die staatsaanklaer het vanoggend in die hof aangedui dat Lombaard ’n bekentenis gemaak het. Sy doen nou aansoek om regshulp.

Lombaard het vlugtig en alleen in die beskuldigdebank verskyn voordat die saak tot 25 Maart uitgestel is.

Die saak is uitgestel sodat sekere inligting vir ’n borgtogaansoek ingewin kan word.

Lombaard word saam met Joslin se ma, Racquel (Kelly) Smith, Jacquen (Boeta) Appollis en Steveno Duwayne daarvan beskuldig dat hulle elkeen ’n aandeel in klein Joslin se verdwyning gehad het.

Joslin word steeds vermis.

Joslin het op 19 Februarie verdwyn toe sy buite haar huis in die Middelpos- informele nedersetting in Diazville, Saldanhabaai, gespeel het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Dalene ·

Al bekentenisse wat die gemors moet maak is om te se waar Joslin is.

Althes ·

My hart gaan uit na Joslin Smith. Ñ Onskuldige kind wat in hierdie wêreld gekom het en met die wreedheid van bose mense te doen het.

Misky ·

Daai arme, arme pragtige dogtertjie het niks verdien wat met haar gebeur nie. En daai kamma ma toon geen emosie nie

domheks ·

‘n Bekentenis help niks nie! Waar is die kind? Wat het hulle met haar gemaak?

Bolandse Nooi ·

@domheks … ek wil nie bespiegel nie, MAAR … Suid-Afrikaanse jong meisies is bitter gewild in sekere kringe en dan is daar ook nog die “muti”-handel. Laat ek dus nie veel verder uitwei nie.

Jakes ·

Dit maak n mens siek om elke dag net n brokkienuus te kry van Joslyn se saak. Die ou Brixton speurtak sou lankal korte mette met hierdie gemors gemaak het.

Gaitsigubib ·

As mens iets noem oor die muti bedryf word jy geblok (ek het al baie probeer). Jare terug het die SAP ‘n tak gehad wat daarmee gewerk het, maar die afdeling is gesluit. Niemand weet hoe algemeen hierdie duiwelse praktyk is nie, want jy mag nie oor dit praat nie. Carte Blanche het n paar jaar gelede n program oor dit gehad, van n generaal (Bynaam: Butt Naked) van Wes Afrika.

Elmarie ·

My opinie: iemand wat ‘n pragtige, onskuldige kind VERKOOP of VERHANDEL of MISBRUIK het geen, maar géén menslikheid in hom of haar nie. Hóé, doen jy so-iets? As daardie aeme kind vra wat gaan aan, ek wil huis toe gaan, asseblief help my en jy hóór nie eers die aeme kind se vrees en smekinge maar gaan eenvoudig voort met jiu wandaad….wat kan mens jou noem?

minnie muis ·

kzn — muti/toordokers is hier baie …. my kollega se familie lid se kind ook vermoor , toe hul haar lyfie kry was daar stukke weg ….. daar moet begin word om die middeleeue mentliteit idee van toordr, ens vas te vat … want hule soek kinders se oe ens

Lakemalawi ·

Indien Joshlin nog leef, wat ek sterk betwyfel, dink net hoe angsbevange en bang die arme mensie moet wees. My hart kramp sommer.

Jessie ·

Dammit ten minste is haar tik oe nou oop… Maak net jou mond ook oop en se waar is Joslyn. Siek spul die????

Amelia ·

Gooi goed in gat en vergeet van hulle dis nie n mens wat so iets kan doen nie nie teenoor n kind nie n kind vra nie om daar te wees nie so sorg dat nie swanger raak nie of om die pa te “spite” wat sommige vroue mos doen

George ·

@Lakemalawi, in die geval dink ek dis beter dat sy nie doen nie. Om n lewe van mishandeling te gaan, is onmenslik, met die wete dat jou eie ma jou verkoop het om dit te doen.

Miskruier ·

As mans maar net omgegee het waar hul n nageslag agterlaat. Hoerery bring onskuldige kinders in die wereld.

George ·

@Jakes, hulle sou niks verrig het nie, die slagoffer is nie een van hulle nie.

Cassie Carstens ·

Bitter hartseer storie. Polisie doen nie hulle werk van die begin af reg nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.