Jou diere gaan nie met verlof

Argieffoto: www.flickr.com

Argieffoto: www.flickr.com

Terwyl jy met vakansie is, word jou beste vriend dikwels aan die genade van iemand toevertrou wat geen aanvoeling vir diere het nie.

Reinet Meyer, senior inspekteur by die DBV (Dierebeskermingsvereniging) in Bloemfontein, sê die feesseisoen is altyd ʼn uitdaging vir hulle. “Baie mense is met verlof en vra dikwels ʼn buurman of werker om na hulle diere om te sien.”

Meyer vertel hulle het die afgelope week ʼn geval gehad van ʼn hond wat ʼn epileptiese toeval gehad en verdrink het. “Die hond se oppasser het nie geweet hoe om die situasie te hanteer nie.”

Volgens Meyer veroorsaak die gebruik van klappers dikwels dat honde weghardloop van hul huise af. “Wanneer ons hulle (die honde) kry, het hulle dikwels nie halsbande aan nie, wat dit amper onmoontlik maak om hulle met hul eienaars te herenig.”

Meyer beveel aan dat diere altyd vars water beskikbaar moet hê om te drink. “Hou ook jou oë oop vir diere wat swaarkry en rapporteer dit onmiddellik.”

Compass Medical Waste Services het onlangs ʼn skenking aan die Bloemfonteinse DBV gemaak. Amanda van der Berg, waarnemende streeksbestuurder van Compass Medical Waste Services, sê dié skenking sal die DBV help met hul taak om na diere om te sien. “Die DBV maak ʼn verskil in baie diere se lewe.”

“Die DBV is afhanklik van skenkings om na diere in nood om te sien. Ons waardeer alle hulp, in watter vorm ook al,” sê Meyer.

Klik hier vir maniere om die NDBV te ondersteun, of hier om spesifiek die DBV in Bloemfontein by te staan.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Rietrot ·

Dit is elke jr. se storie. Dan kom die vuurwerke. Diere vlug…kan DBV dalk mense aanstel wat vuurweke beboet nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.