JPSA eis dat Sanral kentekens, blou ligte van voertuie verwyder

Volgens JPSA is Sanral-voertuie met blou ligte en ander kentekens onwettig

Volgens JPSA is Sanral-voertuie met blou ligte en ander kentekens onwettig

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) moet die Gautengse verkeerspolisie se kentekens, blou ligte en sirenes van sy voertuie verwyder, het Justice Project South Africa (JPSA) geëis.

Howard Dembovsky, voorsitter van JPSA, sê Sanral-voertuie met dié kentekens en toerusting is gelykstaande aan die voordoening as ‘n verkeersbeampte.

Dembovsky sê die 4×4-voertuie wat deur Sanral aan die Gautengse departement van gemeenskapsveiligheid verskaf is, het outomatiese nommerplaat-erkenningstoerusting wat aan die eNatis-stelsel gekoppel is.

Hy sê dit is nie ‘n wetlike vereiste vir enige motor om ‘n e-skyfie te hê nie.

“Om die rede is daar geen regverdigbare rede vir Sanral-voertuie en -sleepwaens se teenwoordigheid by padblokkades nie aangesien al 49 e-tolhekke op die Gautengse hoofwegverbeteringsprojek elektroniese toerusting het om e-skyfies te bespeur.”

JPSA meen Sanral-voertuie by padblokkades in Gauteng is niks minder as ‘n intimideringstaktiek nie. “Dit is nou duidelik dat die voertuie onwettig en strydig met die Wet op Nasionale Padverkeer en regulasies bedryf word,” het Dembovsky gesê.

JPSA het ‘n brief aan Sanral en die minister van vervoer gestuur waarin hulle eis dat Sanral die gebruik van dié voertuie by padblokkades of op openbare paaie staak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Cornelius ·

Will graag weet hoekom sandal wat die verkeer reguleer tydens ongelukke met sulke Groot duur bakkies moet ry. Het hulle te veel geld. Vervoer kegels en n vlag met double cab Ford bakkie belaglik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.