Jub Jub dalk oor twee jaar al vry

Molemo "Jub Jub" Maarohanye (links) en Themba Tshabalala toe hulle aan moord skuldig bevind is. Foto: Werner Beukes/SAPA

Molemo “Jub Jub” Maarohanye (links) en Themba Tshabalala toe hulle aan moord skuldig bevind is. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die kwaito-sanger Molemo ‘Jub Jub’ Maarohanye en sy medebeskuldigde, Themba Tshabalala, kan volgens regskenners moontlik al oor twee jaar vir parool in aanmerking kom nadat hulle skuldigbevindings aan moord tersyde gestel is.

Regter George Maluleke het Maarohanye en Tshabalala se skuldigbevindings aan moord Woensdagoggend in die hooggeregshof in Johannesburg na strafbare manslag omgeskakel. Hulle vonnisse is tot 10 jaar tronkstraf elk verminder waarvan twee jaar opgeskort is. Die vonnisse is terugwerkend tot Oktober 2012 toe hulle aanvanklik gevonnis is en tronkstraf begin uitdien het.

“In baie gevalle word mense op parool vrygelaat nadat hulle minstens die helfte van hulle vonnisse uitgedien het, maar onthou baie faktore word in ag geneem,” het William Booth, ʼn strafreggeleerde, gesê. “Die paroolraad sal parool vir albei oorweeg. Tegnies kan hulle miskien oor twee jaar vrygelaat word, maar dit is in die hande van die departement van korrektiewe dienste.

Prof James Grant, ʼn lektor in strafreg en strafprosesreg aan die Universiteit van die Witwatersrand (Wits), het gesê dit het groot kommer gewek toe die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) begin het om mense van moord in plaas van strafbare manslag aan te kla oor padongelukke wat tot sterftes gelei het.

“Talle mense het gedink dit is onvanpas. Ek dink nie dit is nie maar dit hang van die feite af,” het Grant gesê. “Die feit dat iemand die risiko dat hulle aksies tot iemand se dood kan lei voorsien het en dit aanvaar en voortgegaan het beteken hulle het die bedoeling gehad om dood te maak. Ek sien nie iets fout daarmee dat so iemand dan van moord aangekla word nie.”

Maarohanye en Tshabalala het op 8 Maart 2010 in ʼn groep skoolkinders in Protea-Noord vasgery terwyl hulle onder die invloed van alkohol en dwelms resies gejaag het. Vier skoolseuns is tydens die voorval dood.

Kliek hier vir vorige berigte oor Molemo ‘Jub Jub’ Maarohanye.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

alet ·

Dis al te lekker so jy kan 4mense dood maak 2gestremde laat kry 4jaar .Hoeveel gaan die staat betaal vir die kinders wat nie eendag vir hul self kan sorg.As dit een van ons is moet ons betaal maar in sy geval sal die regering betaal .En hy loop skot vry

alet ·

Dis al te lekker so jy kan 4mense dood maak 2gestremde laat kry 4jaar .Hoeveel gaan die staat betaal vir die kinders wat nie eendag vir hul self kan sorg.As dit een van ons is moet ons betaal maar in sy geval sal die regering betaal .En hy loop skot vry

Elizabeth ·

Ek het netnou ‘n stuk op ENews kanaal gesien waar die arme ma’s van die oorledenes praat oor hoe hul voel. Hulle is so geskok in ons regstelsel en baie baie hartseer, dat, na vier jaar kan die hele utispraak basies omgeswaai word en kom hierdies net letterlik weg met moord. Maar ja, Jub-Jub het mos mooi by sy ma geleer. As lesers sal onthou het sy ‘n tipe kinderhuis bedryf en die “arme” kinders moes toe voor Oprah ‘n hele vertoning en gehuil opsit oor hul swaarkry en armoede en apartheid en wat nie nog en toe kom dit mos later uit dat sy die geld (wat Oprah geskenk het)self gevat (lees; gesteel) het en dat die kinders GLAD nie eers so swaar gehad het hulle moes ‘n hele “act” opsit vir Oprah. Ek dink dit was nog op Carte Blanche en natuurlik het Oprah nou weer geval vir die arme kinders se stories en toe Carte Blanche alles op die lappe bring en haar gekontak het vir kommentaar, het sy net geen kommentaar KON lewer nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.