Jub Jub onskuldig ná appèlaansoek

Jub Jub. Foto: Werner Beukes/SAPA

Jub Jub. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die kwaito-sanger Molemo ‘Jub Jub’ Maarohanye en sy medebeskuldigde, Themba Tshabalala, se skuldigbevindings aan moord is Woensdag in die hooggeregshof in Johannesburg ter syde gestel.

Maarohanye en Tshabalala is egter skuldig bevind aan strafbare manslag. Meer besonderhede volg binnekort.

Maarohanye en Tshabalala is in Desember 2012 tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir moord en vier jaar tronkstraf vir poging tot moord. Maarohanye en Tshabalala het op 8 Maart 2010 in ʼn groep skoolkinders in Protea-Noord vasgery terwyl hulle onder die invloed van dwelms resies gejaag. Vier skoolseuns is tydens die voorval dood.

Kliek hier vir vorige artikel oor Molemo ‘Jub Jub’ Maarohanye.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.