Jub Jub se vonnis verminder

Molemo "Jub Jub" Maarohanye (links) en Themba Tshabalala toe hulle aan moord skuldig bevind is. Foto: Werner Beukes/SAPA

Molemo “Jub Jub” Maarohanye (links) en Themba Tshabalala toe hulle aan moord skuldig bevind is. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die kwaito-sanger Molemo ‘Jub Jub’ Maarohanye en sy medebeskuldigde, Themba Tshabalala, se vonnisse is ook verlig nadat hulle skuldigbevindings aan moord Woensdagoggend in die hooggeregshof in Johannesburg na strafbare manslag omgeskakel is.

Regter George Maluleke het Maarohanye en Tshabalala se vonnisse tot 10 jaar tronkstraf elk verminder waarvan twee jaar opgeskort is. Die vonnisse is terugwerkend tot Oktober 2012 toe hulle aanvanklik gevonnis is en tronkstraf begin uitdien het.

Die twee mans is aanvanklik ook gevonnis tot vier jaar tronkstraf nadat hulle skuldig bevind is op twee aanklagte van poging tot moord en nog ʼn jaar tronkstraf vir bestuur onder die invloed van alkohol. Die skuldigbevindings aan poging tot moord is ook tersyde gestel.

Hulle is aanvanklik op 16 September 2012 skuldig bevind aan moord, poging tot moord, bestuur onder die invloed van alkohol en resies jaag op ʼn openbare pad. Hulle is in Desember 2012 tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir moord en vier jaar tronkstraf vir poging tot moord.

Maarohanye en Tshabalala het op 8 Maart 2010 in ʼn groep skoolkinders in Protea-Noord vasgery terwyl hulle onder die invloed van alkohol en dwelms resies gejaag het. Vier skoolseuns is tydens die voorval dood.

Kliek hier vir vorige artikels oor Molemo ‘Jub Jub’ Maarohanye.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.