‘Jub Jub’ se vrylating op parool veroordeel

Jub Jub. Foto: Werner Beukes/SAPA

Jub Jub. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die Justice Project SA (JPSA) het Donderdag die vrylating van die kwaito-sanger Molemo “Jub Jub” Maarohanye en sy medebeskuldigde, Themba Tshabalala, veroordeel.

Maroela Media het vroeër berig Maarohanye en Tshabalala is op parool vrygelaat nadat hulle vier jaar, een maand en een dag agter tralies was. Die twee mans is in 2012 aan strafbare manslag skuldig bevind en tien jaar tronkstraf elk opgelê, waarvan twee jaar opgeskort is.

Maarohanye en Tshabalala het op 8 Maart 2010 in ʼn groep skoolkinders in Protea-Noord, Soweto vasgery, terwyl hulle onder die invloed van alkohol en dwelms resies gejaag het. Prince Mohube, Mlungisi Cwayi, Andile Mthombeni en Phomello Masemola is tydens die voorval dood en Frank Mlambo en Fumani Mushwana is met permanente breinskade gelaat.

Maarohanye en Tshabalala is aanvanklik op vier aanklagte van moord en twee aanklagte van poging tot moord skuldig bevind, maar hul skuldigbevindings is later na strafbare manslag omgekeer.

Howard Dembovsky, voorsitter van JPSA, het gesê die twee se vrylating op parool stuur ʼn betreurenswaardige boodskap uit oor padveiligheid. Dembovsky het gesê hoewel drie van die slagoffers se families glo gesê het hulle sal Maarohanye en Tshabalala se vrylating aanvaar indien hulle om verskoning vra vir hul dade, moet daar nie vergeet word dat die twee mans enorme lyding veroorsaak het nie.

Molemo "Jub Jub" Maarohanye (links) en Themba Tshabalala toe hulle aan moord skuldig bevind is. Foto: Werner Beukes/SAPA

Molemo “Jub Jub” Maarohanye (links) en Themba Tshabalala toe hulle aan moord skuldig bevind is. Foto: Werner Beukes/SAPA

Hy het gesê die saak moet die groot gevaar van mense wat onder die invloed van alkohol en dwelms bestuur, beklemtoon. “Die feit dat hierdie twee mans eers aan moord skuldig bevind is, moet in aanmerking geneem word, aangesien dit ʼn invloed het op mense se persepsies van die reg en spesifiek tot watter mate vonnisse as ʼn afskrikmiddel dien,” het hy gesê.

Hy het bygevoeg dat daar meer gedoen moet word om dronk bestuurders te vervolg. “Dit is ongelukkig ʼn feit dat baie min mense wat vir dronkbestuur in hegtenis geneem word uiteindelik suksesvol vervolg word. Dit is grootliks weens die groot en onregverdigbare vertragings om die uitslae van bloedalkoholvlaktoetse terug te kry. Die howe kan en sal natuurlik nie iemand skuldig bevind sonder geloofwaardige en wetenskaplik-bewysbare bewyse in ʼn aanklag waar ʼn spesifieke toelaatbare alkoholvlak voorgeskryf word nie,” het hy gesê.

“Hoewel lang tronkstrafvonnisse as ʼn afskrikmiddel dien vir sommige mense, sal die vlaag van dronkbestuur voortduur vir solank as wat dronkbestuurders dink die kans dat hulle gevang en skuldig bevind sal word, is skraal.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Mauzi ·

Skokkend! 4 mense dood, 2 met breinskade gelaat en 4 jaar later op parool?

PJ ·

En so sal die dronkbestuur ongelukke voortgaan en mense sal sterf en families sal verwoes word…Wie sal nou afgeskrik wees as die straf so lig is??

Disekdai ·

JPSA, why don’t we EVER hear your voice about the brutal murdets, atacks, rapes and torturs that is a much more extreme and urgent matter that should be at the top of this country’s priorty list for the past 10 yrs & more that is now exploding while the ANC,DA,IFP, EFF, VF etc are continuing to look the other way while they are too busy with their own personal life, their own parties and functions, their holiday trips, enriching themselves, spending all the moneys of their supporters whom are getting murdered sencelessly each day on the wrong priorities ! WAKE UP, DO SOMETHING NOTACIBLY & EFFECTIVELY ABOUT THIS SERIOUS MATTER ON GRASS ROOT LEVELS IN ALL THE COMMUNITIES THROUGHOUT S.A. TO ENSURE THE PREVENTION OF THESE BRUTAL MURDERS, TORTURES, RAPES OF OUR NATION! IT IS YOUR JOB, you ARE paid for it! DAILY MURDERS IN S.A. IS HIGHER THAN IN THE WAR ZONE IN SIRIA. DOESNT MAKE SENCE?! As per Constitution, govt. has to protect each citizen but our wifes, children gets brutally murdered, tortured, (BURNED WITH IRONS), raped for a cell phone & in some cases for absolutely nothing! If citizens gets killed for nothing, it is called WAR! WE AREALLY FED UP, stop all these senceless, brutal house brakes, slaughter and torture of our wife’s, children, elderly and of each and every South African citizen!! EACH CITIZEN DESERVES THEIR SAFETY!

Liza ·

Ja nee so gaan dit mos in Suid Afrika – lekker man lekker, 4 jaar na so ‘n geval waarin hy betrokke was, maar was dit nou andersom het jy nooit uitgekom nie, belaglik……

zoom zoom ·

Waar was die ANC vroue liga hoekom het hulle nie betoog teen die parool nie en waar is die MRK
Is dit n kwessie van tokkel tokkel ons voel $$$$$$.

Gert ·

Ja, die Ou wat steel om te oorleef sit baie langer. In Zumafrika mag jy enige iets doen wat teen die wet is, maar hoe ernstiger die misdaad, hoe kleiner die straf. Ek hoop julle twee manne kan met jule gewetes saamleef.

martie ·

Snaaks 3 dae terug is blanke man in klerksdorp dood geskiet toe hulle gaan geld af gee by n winkel groep sy broer is in die hande gewond maar geen berug word oor hulle geskryf nie hulle geldwa is beroof maar ons moet na sulke snert van jub jub lees dit is hartverskeurend

Ella ·

Disekdai: Well said. Could you not please also write to every single newspaper in SA, and the Dept.s of Correctional Services, Justice, Police, Health, Roads and Transport, the office of the President, and to everyone else you can think of!
Lives were taken away forever, others destroyed, and the “excuse” is you were under the influence of drugs and alcohol! In other words: Do whatever you want, as long as you/your lawyer can prove that you used some kind of substance?

charlene ·

Wat!!! Hoe de hel kry iemand wat kinder se lewe gesteel het parool!! Hulle het die wet dubble en dwars oor-tree, hulle het gejaag en in `n groep kinders ingeploender, daai kinders se lewe is kort geknip, hulle is weg, daai ouers se lewe is verwoes in `n oogwink. Dis nie reg nie, hoe kan hy weer uitkom en wat, weer kinders VERMOOR! Daai arme ouers, die pyn waardeer hulle moes gaan en nou weer al daai rou wonde oop krap! Ons bly in `n baie siek land waar `n mens, `n kind se lewe niks beteken

theo ·

Rassisme is weer sigbaar. jub-jub ry 3 mense dood die familie vegewe hom en hy sit 4 jaar en kom uit op parool. Clive-darby lewis skiet een persoon en kry lewens lank. hoe regverdig is dit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.