Jub Jub vry op parool na 4 jaar agter tralies

Molemo "Jub Jub" Maarohanye (links) en Themba Tshabalala toe hulle aan moord skuldig bevind is. Foto: Werner Beukes/SAPA

Molemo “Jub Jub” Maarohanye (links) en Themba Tshabalala toe hulle aan moord skuldig bevind is. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die kwaito-sanger Molemo ‘Jub Jub’ Maarohanye en sy medebeskuldigde, Themba Tshabalala, is op parool vrygelaat.

Die departement van korrektiewe dienste het Donderdag bevestig Maarohanye en Tshabalala is op parool vrygelaat ná vier jaar agter tralies. Die twee mans is in 2012 aan strafbare manslag skuldig bevind en tien jaar tronkstraf elk opgelê, waarvan twee jaar opgeskort is.

Maarohanye en Tshabalala het op 8 Maart 2010 in ʼn groep skoolkinders in Protea-Noord vasgery, terwyl hulle onder die invloed van alkohol en dwelms resies gejaag het. Vier skoolseuns is tydens die voorval dood en een is breindood gelaat.

Hulle is aanvanklik tot 20 jaar tronkstraf gevonnis nadat hulle aan moord skuldig bevind is, maar hul vonnisse is verminder nadat hul skuldigbevindings tydens ʼn tweede appèlproses na strafbare manslag omgeskakel is.

Die departement van korrektiewe dienste het in ʼn verklaring gesê Maarohanye en Tshabalala se parool is deur die paroolrade van Leeuwkop en Baviaanspoort goedgekeur waar die twee apart aangehou is.

Singabakho Nxumalo, die departementele woordvoerder, het gesê dit is in ag geneem dat beide mans eerste oortreders is en goeie ondersteuningstelsels het. Albei het ook in ooreenstemming met die Wet op Korrektiewe Dienste die minimum van hul vonnisse uitgedien voordat hulle vir parool oorweeg is. Volgens Nxumalo is die familie van die slagoffers genooi om deel te neem aan gesprekke oor die moontlik plasing van Maarohanye en Tshabalala op parool.

Maarohanye en Tshabalala was vier jaar, een maand en een dag agter tralies.

“[Maarohanye en Tshabalala] het aan die relevante korrektiewe programme deelgeneem en is geassesseer deur ons spesialedienstekenners, onder meer maatskaplike werkers en sielkundiges, om te bepaal of hulle geskik is om op parool vrygelaat te word,” het Nxumalo gesê.

“Hulle sal die oorblywende deel van hul vonnisse in die korrektiewe gemeenskapstelsel voltooi, waarin hulle aan ʼn sekere stel voorwaardes moet voldoen onder toesig totdat hul vonnisse uitgedien is.”

Hy het beklemtoon parool vorm deel van die departement se rehabilitasieprogram vir oortreders en help om oortreders weer in die gemeenskap te integreer.

Lees alle vorige berigte oor Molemo ‘Jub Jub’ Maarohanye op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Lindie ·

Vier kinders sterf, en een is breindood…en hulle sit net 4 jaar? Sjoe. Oscar lyk my het ‘n raw deal gekry! Rerig?

Cherokee ·

Lindie, miskien moet jy in ag eem dat Pistorius het geskiet om dood te skiet. Is wel so dat die betrokke twee die moontlikheid van wat gebeur het in ag moes neem en dan is daar die vraag oor waarom ‘n moordklag verander is na ‘n manslag klag. Daarbenewens openbaar jy ‘n gebrek aan simpatie met Reeva en dit is nie prysenswaardig nie.

Lindie ·

Het nie onsimpatiek teenoor Reva probeer wees nie, hoewel dit so gelees word was dit nie my bedoeling nie. Moord is moord. Soos met Oscar is die strawwe buigsaam. Wat wel vir my uitstaan is die lewens verlies en skade met Jub Jub se saak, vir my is ons regstelsel nie konsekwent nie. Vergewe my, het geen kwade bedoelings gehad nie, veral nie teenoor Reva nie.

Jvs ·

Nee wat, die geval gaan net vir Oscar tot voordeel strek. Sy straf gaan ook verminder word. Skokkend!!!

Helen ·

Dis lekker. Ons kan maar almal drink en bestuur en bietjie “high” wees. Solank ons net “eerste oortreders” is. Verbeel jou. Oscar was ook ‘n “eerste oortreder” en het ook ‘n goeie ondersteuningstelsel gehad. Dis sooooo nie regverdig nie. Nou kom hulle uit maar die ouers kan ongelukkig nie hulle kinders ook terugkry nie. Ek hoop die gewetens van die twee doen aan hulle wat die regstelsel nie kon doen nie.

snoefie ·

julle vergeet maklik. vier jaar, een maand en n dag gee darem langer per geneemde lewe as die oorspronklike tien maande wat Oscar gekry het. wat my kielie us dat die twee wat in verskillende tronk hulle straf uitgedien het, saam op parool vrygelaat is.

Anoniem ·

Helen…Julle vergeet of lees nie reg. Die ouers van daardie kinders het toegestem hiertoe..Dis wat hul kinders vir hul werd was….!!!!!

Hendrik ·

waar staan dit dat die ouers van die kinders tot parool toegestem het

Cherokee ·

Anoniem, jy vergeet of lees nie reg nie. Dit word wel berig dat die kinders se familie genooi is om deel te neem aan die gesprekke wat aanleiding gegee het tot parool maar nêrens staan geskryf wat hul reaksie daarop was nie en of hulle tevrede was daarmee nie. Daar word nie eens gesê òf hulle deelgeneem hetaan die gesprekke nie. Gevolgtrekkings kan dus gemaak word maar dit bly steeds spekulasies.

Se Maar Net!!!! ·

Anoniem jy is uiters ingeligte persoon. Wonder waar werk jy?? Lees en jy sal verstaan. Moenie lees wat jy dink daar staan nie!! Miskien moet jy begin mooi lees.

D ·

Ja/nee. Solank jou kleur reg is tel niks anders ni. Verbeel jou dronk bestuur, dwelms gebruik viet kinders dood vier jaar in di tronk. 1 jaar vir elke kind. Dubbele standaarde word toegepas.

Lynni ·

Hou op moan. As die ouers van daai kinders hulle vergewe het wie is julle om te besluit oor parool. Beweeg aan na volgende berig.

Hendrik 2 ·

beteken dit as die ouers hulle voor vonnis vergewe het, hulle nie in die tronk hoef te gewees het nie?

Santie ·

As dit swart kinders was wat deur ‘n wit man doodgery is, was die vet nou in die vuur. En Oscar wat baie ter versagting gehad het, wil hul verder vervolg? Siek en onregverdig. Hy het ook ‘n goeie ondersteuningstelsel,

Petrus ·

Praat optrede enigsins goed maar hulle het ‘n “onbesonne” daad gepleeg en die doel was duidelik nie om te moor.
Oscar het geweet wat hy doen.
Hoeveel motorbestuurders maak foute elke dag en is net gelukkig dat hulle wegkom daarmee.

Anoniem ·

Oscar het gedink Reeva was ‘n inbreker. Hy het nie geweet wat hy doen nie.

Se Maar Net!!!! ·

Anoniem, asb jy is besig om jouself te verwar. O f miskien moet jy oplet in die klas.

Jan maak n plan ·

Ja nee, die nuwe Suid Afika is darem n lekker plek. Hoe het Malema nou weer gesê – Banana Republic.

Steven ·

Petrus, maw dis ‘ok” om dwelms te gebruik saam drank en dan resies te jaag?En NET omdat hulle nie beplan het om iemand doodtery, is hul situasie anders as Oscar s’n? I beg to differ. 1 of 4 dood, moord is moord.

Annamarie ·

Ek weet van iemand wat 15jr gekry het oor ‘n dogter gese het hyt aan haar private gevat (sy is nog ‘n maagd) maar daar is dna gekry en beweer sy vinger was daar. Sy vonnis sê 10jr voor hy kan aansoek doen om parool ?? !!
Sy lewe, sy was nog ‘n maagd maar is DIGITAAL VERKRAG volgens SA wet….
So HOE REGVERDIG is die regstelsel van die babana republic ????????

Magriet le Roux ·

Sy vel is die regte kleur. Ek hoop hy ontmoet vir Karma

Danie ·

Daar is ‘n baie goeie voorbeeld van die dubbele standaarde. Kom ons kyk na Clive Derby-Lewis. Hy was net medepligtig aan die moord op een persoon. Dit was ook sy eerste oortreding. HY het terminale kanker onder lede gehad. Tog is sy parool minstens vier maal geweier. Ek kan nie verstaan hoekom sy saak anders is as boegenoemde nie. Hulle het in die eerste plek gesuip. En toe gaan rondry. Drink en bestuur is mos verswarende omstandighede.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.