Juffrou geskors ná lyfstraf-video uitlek

'n Skermskoot uit die video van 'n voorval by die Prince Tokotoko High School in KwaNongoma, KwaZulu-Natal waar 'n onderwyseres na bewering minstens vyf meisies met ʼn stok op die rug slaan.

‘n Skermskoot uit die video van ‘n voorval by die Prince Tokotoko High School in KwaNongoma, KwaZulu-Natal waar ‘n onderwyseres na bewering minstens vyf meisies met ʼn stok op die rug slaan.

ʼn Onderwyseres van ʼn skool in die noorde van KwaZulu-Natal is geskors ná ʼn video op sosiale media gedeel is waar sy na bewering minstens vyf meisies met ʼn stok op die rug slaan.

Maroela Media het vroeër berig Mthandeni Dlungwana, provinsiale LUR vir onderwys, het Dinsdag besoek afgelê aan die Prince Tokotoko High School in KwaNongoma.

Muzi Mahlambi, woordvoerder vir die departement, het in ʼn verklaring gesê die LUR het die opdrag gegee dat die onderwyseres met onmiddellike geskors moet word.

“Die onderwyseres sal na verwagting binnekort voor ʼn tugverhoor verskyn,” het Mahlambi bygevoeg.

Dlugwana het met lede van die skoolbeheerliggaam, die skool se bestuur, leerlinge en lede van die gemeenskap vergader. Hy het om verskoning gevra vir die onderwyseres se gedrag. Hy het aan die ouers gesê die departement sal seker maak dat soortgelyke voorvalle nie weer plaasvind nie.

Die video is ongeveer drie weke gelede geneem voor dit soos ʼn veldbrand op sosiale media begin versprei het. Lyfstraf is in 1996 verbied.

Lees alle vorige berigte oor die Prince Tokotoko High School op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Hennie ·

Ons het met rottangs grootgeword nie die skool, vandag is lyfstraf ‘n kriminele oortreding. Geen wonder dit gaan so in ons land nie.

Thys ·

Ek het die video gesien. Absolute bog. Daai kinders het niks gevoel. Dalk die hour op die een se hand. Dit is niks in vergelyking die slae wat ons op skool gekry het. My simpatie met die jufrou. Kom ons stig n fonds vir haar.

Anel ·

En ek is seker haar klas se kinders vaar die beste in haar vak. Sterkte, juffrou!

Rina Pretorius ·

As ek my nou nie misgis nie lyk daai leerling swanger, ai tog die jongmense wat hulle lewens so opvoeter so jonk. Wel ek self is goed gevoeter op skool en by die huis, vandag lei ek aan ‘n ernstige siekte wat genoem word “respek” “maniere” en vele soortgelyke “siektes” Juffrou jy doen wat reg is volgens die Woord, doen so voort

sjoe ·

Sjoe ja nee die foto gee nie die ware beeld. Nee kyk of sy swanger is of wat ookal, mens kan nie iemand net so slaan nie, dit grens aan aanranding, die video wys waar die juffrou hul sommer goed slaan, ek sê altyd daai slaan tot jy beter voel, maar dit is nie reg nie. Wat jy nie in 2 goeie houe kan sê nie, moet ongesê bly. Dit blyk ook uit die video dat dit dalk huiswerk of iets nie so ernstig is, die ander kinders is ook buitengewoon stil. Ek persoonlik voel lê die roede in, maar beheers, in perke en tot die oortreding. Die juffrou wat so aanhou slaan moet maar haar moeilikheid vat!!!!!!!!!!!!!!

neelsie ·

sjoe,
sjoe liewer ,
Glo die onderwysers word tot die uiterste gedryf.
Dit is n taal wat elke kind verstaan wat oortree het.
Gedra jou , doen jou werk en jy sal nie gestaf word nie.

Antie ·

My vriendin se dogter is onderwyseres by laerskool en sy sukkel net so met die ongehoorsame kinders, die een seun in haar klas word hierdie jaar 20!!!!!! En sy moet hom onderrig, al ondermyn hy haar in die klas. Luister glad nie eers vir die hoof of enige iemand nie. Sy skakel die ouers en sê wat gaan aan en gee die foon aan die leerder dan sorteer die ouer die kind oor die foon uit. Tot hulle weer in die klas instap

Marius Nortje ·

Die juffrou behoort seker aan die EFF, want sy lyk baie kwaad…

Petronelle ·

Ek is self ‘n onderwyseres met byna 30 jaar in die beroep – vandag se kinders het nie dieselfde vlak van respek waarmee ons groot geword het nie. Hoekom word leerders hoegenaamd toegelaat om ‘n selfoon in die klas te hê en dan nog boon-op te gebruik? Ek sê nie dit wat die Juffrou gedoen het, is aanvaarbaar nie, maar wat het haar dalk gedryf daartoe? Tweedens – Selfone behoort nie in ‘n klas te wees nie, leerders moet ook hier opgevoed word rondom etiket en korrekte gebruik. Dis ‘n broeiplek van talle ongesonde situasies. Vandag se onderwysers het beslis talle uitdagings en dis NIE “a walk in the park” nie.

E ·

Elke skool het ń disiplinêre stelsel, en dit moet gevolg word. By my kinders se skool word strafpunte gegee volgens die oortreding, daarna ditensie en heellaas skorsing.
As die skool hul stelsel volg sal die kinders mos die boodskap kry.
Dalk het die betrokke skool nie hul stelsel in plek nie en faal sodoende die onnies.
Ek moet sê as ń oonderwyser/es my kind só slaan sal daar defnitief probleme wees!, maar weereens kry mens ook ouers wat nie omgee nie. So ja, sonder ń stelsel en ń ouer wat nie omgee nie sal enige onderwyser wil bars!
Ongelukkig is dit so dat daar soveel huishoudings is waar daar geen disiplinne is nie en dit vorm dan gemeenskape met een groot probleem vir daardie area se skole.

Persoonlik voel ek disiplienne word by die huis geleer.
My kinders weet hul luister in die klas anders kry hul moeilikheid by die huis!

Kabous ·

Fire haar. Sy is ‘n abuser nie onderwyser se dinges werd nie. Ag en hou tog op met hierdie snert van buig die boompie terwyl dit jonk is. Jy kan buig sonder geweld maar dis iets wat net werklike goeie onderwyser kan doen

C ·

Die foto lyk ook nie vir my reg nie. Defenitief is die dogter in die agtergrond swanger. Wel die onderwysers het onverskoning gevra maar wat van die kinders wat hul soos barbare gedra? Die wat vandag in die laerskool nog sit moes al in die hoërskool gewees het, en die wat in die hoërskool nog is moet al ‘n inkomste verdien het. Eish dit is maar lekker in ons ou landjie van kanan ne??

Johann Marx ·

Daar is manier en maniere van dinge doen. In ons dae is jy nie net sommer geslaan nie? Jy was ingeroep na die skoolhoof se kantoor. Jou oortreding en onaanvaarbare gedrag is aan jou uitgewys. Die skoolhoof het ‘n boek ingevul, met jou oortreding, en die toepaslike straf. Dan het hy jou ouers geskakel en jou oortreding en straf met hulle bespreek. En dan het jy gebuk vir 2,4, of 6 van die bestes….op jou sitvlak. ‘n Opgevoede volwasse onderwyser slaan nie kinders in ‘n klas, met stokke, krieket kolwe, bordpassers, leer belt of plakkies, voor ander kinders nie. Daar is tug….en daar is aanranding, sommer omdat jy Meneer of Juffrou ‘n swak dag gehad het. Wat in hierdie video sigbaar is….is aanranding. Wat sou die juffrou daarvan dink as ek haar met ‘n stok voor die hele klas bietjie aanrand…omdat ek so voel?

Marietjie ·

In die ou SA het die onderwysers ons met n rottang geslaan. Daar was reels oor jou hare, lengte van jou rok, en na jou naels gekyk. Verwagtende meiesies was summier uit die skool geskors. Wat soek sy in elk geval in die skool? zuma het hulle mos betaal om kinders te kry. Wie is die swart kinders beter as die wittes? Moet hulle nie slaan nie, moet hulle nie iets noem nie. Waar kom die tendens vandaan dat kinders 20jr oud is en dan nog in die skool banke sit. Daar is baie wit kinders wat in haglike omstandighede lewe , maar hulle gaan nie soos die swart barbare en brand die skool af of gooi klippe nie. Waar gaan die streep getrek word. Die universiteite het die afrikaner versaak en uitgedryf.

Anni ·

Sy het seker ni haar huiswerk gedoen nie.. Somme nog 2 houe by kry.. ✨
Mense verstaan ni d druk op onderwysers nie. Onderwysers wil d kind help en leer. As sy ni geslaan het ni, het sy ni omgegee dat haar werk sleg is ni..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.