Juffrou geskors oor pornografie

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Laerskoolonderwyseres van Germiston is geskors nadat sy glo pornografie aan leerlinge gewys het.

“Ons is erg bekommerd oor die bewerings. Die veiligheid van die kinders is prioriteit vir ons. Ons gaan die onderwyseres voorlopig skors en ʼn onafhanklike ondersoek na die voorval van stapel stuur,” het Phumla Sekhonyane, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, gesê. Sy sê die departement sal verseker dat die skool sy samewerking aan die polisie gee in die ondersoek na die voorval. “Ons verskaf ook berading aan die leerlinge.”

Maroela Media het vroeër berig dat ‘n ma van een van die leerlinge by die skool die saak aanhangig gemaak het nadat die onderwyseres glo ʼn pornografiese fliek op haar skootrekenaar by die skool vir leerlinge gewys het. ʼn 10-jarige meisie het haar ma daarvan vertel. Sy beweer die onderwyseres het haar en drie ander leerlinge in ʼn stoorkamer ingeneem en die fliek vir hulle gewys. “My dogter sê die onderwyseres het eers vir die kinders gevra of hulle weet wat pornografie is, en toe vir hulle die fliek gewys,” het die ma gesê.

Lees ook:
Germiston-juffrou vas oor porno

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Rentia ·

Dis walglik. Sy mag nooit weer naby kinders toegelaat word nie. Sies vroumens.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.