Juffrou gesleep: Bakkiebestuurder in hof

Suzanne Leyden Foto: Facebook

Suzanne Leyden. Foto: Facebook

Deon Schoeman (48), die bestuurder van die bakkie waarmee Suzanne Leyden glo Donderdagoggend etlike meter ver in Sandton, Johannesburg gesleep is, het Dinsdag in verband met die voorval in die hof verskyn.

Sersant Lloyd Ramovha, polisiewoordvoerder van die Parkview-polisiestasie waar die saak ondersoek word, het Dinsdag aan Maroela Media gesê Schoeman is vanoggend deur die ondersoekbeampte versoek om homself aan die polisie oor te gee nadat nog ooggetuies se verklarings geneem is.

Schoeman het Donderdag ná die voorval by die Sandton-polisie aangemeld waar hy ʼn teensaak van padwoede en intimidasie teen Leyden aanhangig gemaak het. Hy het glo nie van die slepery in sy verklaring melding gemaak nie.

Hy het in die Hillbrow-landdroshof verskyn op aanklagte van roekelose of nalatige bestuur asook tref-en-trap. Hy is op borgtog van R5 000 vrygelaat en moet weer op 22 Januarie volgende jaar in die hof verskyn.

Die polisie moet nog Leyden se amptelike verklaring ontvang, en hulle moet wag totdat sy in staat is om dit te kan doen. Sy is egter nog in ʼn geïnduseerde koma in die hospitaal.

Maroela Media het vroeër berig Leyden (36) het ʼn ernstige breinbesering opgedoen en word tans onder verdowing en gekoppel aan ʼn ventilator in die hoësorgeenheid van die Millpark-hospitaal gehou om seker te maak dat die swelsel op haar brein en bloeding op haar brein sak.

Haar sussie, Marlize Leyden, het Dinsdag gesê Suzanne word nog steeds onder verdowing gehou, maar die dokters het bevestig dat die swelling nie vererger het nie. Sy reageer definitief op stemme en aanraking. Dit is nog nie duidelik wanneer die volgende breinskandering gedoen gaan word nie.

Leyden, ʼn Afrikaans-onderwyseres by Hoërskool Sandown in Sandton, was Donderdagoggend op pad skool toe, toe sy omstreeks 07:00 in ʼn geringe botsing by die William Nicol-rylaan en Sandtonweg-kruising betrokke was. Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburg-metropolisie, het Vrydag aan Maroela Media gesê ʼn ooggetuie wat langs die pad gestaan het, het gesien hoe ʼn wit man in ʼn wit bakkie (ʼn Hilux of ʼn Isuzu) glo Leyden se wit Audi A4 van agter tref. Toe sy hom nader om kontakbesonderhede uit te ruil, het die twee glo begin stry en sy het haar arm in die voertuig gesteek om moontlik sy sleutels af te neem. Die man het na bewering begin wegry en Suzanne saamgesleep.

Suzanne het ʼn vyfjarige seuntjie, Armand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Donovan ·

This is despicable! As far as I can make out looking at the photo of the lady, she seems to be of a petite build. HOW INTIMIDATING COULD SHE POSSIBLY BE???!!!!!! This disgusting, sub-human bastard could NOT possibly have feared for his life to such an extent that he needed to drag her at ALL. The worst that could have happened is for him to have recieved a slap. Would that even have warranted extensive bodily harm such as brain damage? This creature, who obviously has major issues with his masculinity, needs to be taught a BIG lesson. Forget justice, he should be handed to the public (perhaps even set free in the streets of Ferguson with a racially provocative phrase attached to him) and let us teach him a life lesson!
And this at a time when REAL MEN are trying to make it up to women for all the disrespect and various abuses many have had to put up with by disgusting, “Napoleon syndrome” suffering, accidents of nature like this thing.
We pray that G_d will heal Suzanne completely from the trauma this monster has inflicted on her.
Amen.

(P.s: Groot onverskooning oor die Engelse skrif, maar ek is so woedend ek MOES in my eerste taal skryf)

Peet ·

Mmmmmm….Deon Schoeman (48), Ek hoop jy kan nie met hierdie daad saamleef nie, EK is skaam om ‘n man te wees met idiote soos jy daar buite.

Marietjie ·

Selektiewe geheue om nie van die slepery melding te maak in sy Verklaring nie totdat dit deur ooggetuies uitgewys is, maar slim genoeg om ‘n padwoede / intimidasie saak teen die slagoffer te maak. Waar is die kampvegter van die vorige berig nou wat aangedui het dat die bestuurder moontlik bedreig gevoel het? Hy is nou nie net ‘n banggat / slapgat nie, maar ook ‘n leuenaar…

Anton ·

Hoe kan n groot man deur n skraal dame ge intimideer word so n slapgat hoord agter tralies

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.